1403813337
Podlitiek

Advertise on podcast: Podlitiek

Rating
★★★★★
5
from
9 reviews
Categories
Country
United States
This podcast has
325 episodes
Language
English
Publisher
Podmedia
Explicit
No
Date created
2018/06/26
Latest episode
2026/01/22
Average duration
30 min.
Release period
16 days

Description

Podlitiek is 'n weeklikse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek in Afrikaans. Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube. Met trots aan u gebring deur Podmedia.

Unlock Podlitiek podcast Email contact info,
Listeners & Audience details

Email contact information

Direct podcast contact details

Listeners

Audience numbers & engagement insights

Audience details

Podcast Insights

Podcast episodes

Check latest episodes from Podlitiek podcast


Ep. 285 - Solly wil potgooie reguleer en verskonings aan AfriForum word al meer.
2026/01/22
Die (DA) Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, wil potgooie laat registreer en reguleer (maar Podlitiek sal ons nie laat keer). Intussen het News24 en The Citizen nwe apologieë geplaas vir foutiewe beriggewing oor AfriForum. Ernst en Louis vra of dit alles net per ongeluk is? Die Podlitiek-span bestaan uit: Louis Boshoff Ernst van Zyl  Arno Roodt
Ep. 284 - Chinese, Irannese en Russe in die water en Amerika raak al kwater
2026/01/14
Tannie Angie se vloot oefen saam met die anti-Westerse magte (of voorsien ten minste die water vir hulle om in te oefen). Gerugte dat die Irannese skepe op die laaste nippertjie moes onttrek, blyk toe vals te wees. Intussen besluit die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers om AGOA te verleng, maar dis nog 'n oop vraag of Suid-Afrika steeds ingesluit sal wees. Die Podlitiek-span bestaan uit: Ernst van Zyl Arno Roodt Louis Boshoff
Ep. 283 - 2026 se verwagte nonsens om te ontnonsens
2026/01/08
Podlitiek se manne het die vakansie gaan lees, peins, filosofeer en die wêreld rustig bekyk. Nou gesels hulle oor die temas, narratiewe en gebeure wat moontlik 2026 gaan oorheers. Die Podlitek-span bestaan uit: Louis Boshoff Ernst van Zyl Arno Roodt
Ep. 282 - Die regering G20, maar vat alles
2025/11/06
In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor Trump se opmerkings rakende Suid-Afrika se G20-lidmaatskap en die Departement van Gesondheid se planne om NGV te finansier. Die Podlitiek-span bestaan uit: Louis Boshoff Ernst van Zyl Arno Roodt
Ep. 281 - Cyril wat sy nefie n drukkie gee en Tshwane metro wil vullis-uitspraak appelleer
2025/10/15
In hierdie episode gesels Arno en Louis oor die president se berugte ontmoeting voor 'n korrupsiepaleis in Sandton en die Tshwane Metro se besluit om die "City cleansing levy"-uitspraak te appelleer. 'n Paar korter nuusbrokkies kom aan die beurt. Die Podlitiek-span bestaan uit: Louis Boshoff Arno Roodt Ernst van Zyl
Ep. 280 - Malema se sanksies, singery en skietery.
2025/10/08
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor drie kwessies wat met die EFF se CIC (Convicted in court) Julius Malema te doen het: 1. Die sing van Kill the Boer op die Puk-kampus. Podlitiek verduidelik waarom dit 'n groter probleem is as Kill the Boer gesing word in die leerruimte van Afrikaanse studente as net in 'n stadion by 'n EFF saamtrek. 2. Malema wat skuldig bevind is aan verskeie aanklagte wat verband hou met die onverantwoordelike hantering van 'n vuurwapen. 3. Malema se dossier wat oorhandig is aan verskeie hooggeplaastes in die VSA. Die Podlitiek-span bestaan uit: Louis Boshoff Ernst van Zyl Arno Roodt
Ep. 279 - Stellenbos(s)e munisipaliteit soek nie wittes hier en Malema se volledige dossier
2025/09/04
Podlitiek se aanbieders vind uit dat hulle "deel van die probleem" is en liefs nie moet aansoek doen vir 'n pos by die Stellenbo(s)se dorpsraad nie. Louis en Ernst bespreek wat 'n mens moet doen as jy leef in 'n wêreld waar sulke praktyke aan die orde van die dag is. Intussen het AfriForum se Privaat Vervolgingseenheid die monumentale taak aangepak om al Malema se sondes te boekstaaf en vir die wêreld uit te stal. Malema Dossier: www.StopMalema.co.za Solidariteit Memo: https://cms.solidariteit.co.za/wp-con... Die Podlitiek-span bestaan uit: Louis Boshoff Arno Roodt Ernst van Zyl
Ep. 278 - Malema skuldig aan haatspraak en die nuutste oor die Panyaza-plaat
2025/08/28
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Malema se skuldigbevinding aan haatspraak by Brackenfell (plus ietsie oor die omstredenheid rakende wie betrokke was en wie nie). Louis delf ook 'n bietjie rond in die donker wêreld van nommerplaatverskaffing en veral Lesufi se planne vir nuwe Gautengse nommerplate. Podlitiek word aangebied deur: Louis Boshoff Ernst van Zyl Arno Roodt
Ep. 277 - DIRCO sê plaasmoorde is nie uniek nie en Mashatile sê raswette diskrimineer nie
2025/08/20
In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor die Departement van Internasionale Betrekkinge (DIRCO) se jongste verklaring oor plaasmoordstatistiek en Mashatile se mees onlangse poging om rassediskriminasie af te maak. Podlitiek antwoord nugter, maar vra ook: "Wie glo teen die tyd nog enigsins die ANC se stories?" Die Podlitiek-span bestaan uit: Ernst van Zyl Louis Boshoff Arno Roodt
Ep. 276 - Mbalula se karwagte en Kunene se kakkerlakke
2025/08/07
In vandag se episode gesels Ernst en Louis oor Fikile Mbalula se rassistiese uitlatings tydens die perskonferensie na afloop van die ANC se NUK-vergadering. Hy het onder meer die eerste Afrikanervlugtelinge na die VSA "karwagte" genoem – wat dit ookal veronderstel is om te beteken.   Daarna kom die jongste haatspraak-uitspraak ter sprake. Kenny Kunene is deur die hof verbied om Malema voortaan weer 'n kakkerlak te noem, aangesien dit op haatspraak sou neerkom. Terwyl dit vir Malema steeds baie belangrik is dat die hof bepaalde ander uitlatings nié as haatspraak beskou nie. Die Podlitiek-span bestaan uit: Louis Boshoff Ernst van Zyl Arno Roodt
Ep. 275 - Pretoria het een heffing minder, maar Suid-Afrika 30% meer
2025/08/01
In hierdie episode gesels Arno en Louis oor die "city cleansing levy", oftewel stadsreinigingsheffing, van die Tshwane Metro wat onwettig bevind is. (Podlitiek se manne het self 'n aandeel hierin gehad.) Dan bespreek ons ook die 30% invoertarief wat die VSA van 7 Augustus af op Suid-Afrikaanse produkte gaan hef. Die Podlitiek-span bestaan uit: Louis Boshoff Arno Roodt Ernst van Zyl
Ep. 274 - Is mediese fondse rassisties en dalk sien ons gou geteikende sanksies?
2025/07/24
In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor die ondersoekpaneel na rassisme by mediese fondse wie se verslag onlangs bekendgestel is, sowel as die Amerikaanse wetsontwerp oor die hersiening van diplomatieke verhoudinge met Suid-Afrika. Die Podlitiek-span bestaan uit: Ernst van Zyl Louis Boshoff Arno Roodt
Afrikaanse Geneeskunde met Prof Oppel Greeff
2025/07/08
In die tweede onderhoud van ons 2025 onderhoudreeks gesels Louismet Prof Oppel Greeff. 'n Man met 'n indrukwekkende CV en 'n passie vir medisyneontwikkeling en vir Afrikaans.  Hoe is die Afrikaanse geneeskundige vaktaal ontwikkel? Wat is die moontlikheid dat ons weer dokters in Afrikaans sal oplei? Hoekom is dit die moeite werd om in Afrikaans te studeer al is dit soms meer moeite? Podlitiek word aangebied deur: Arno Roodt Louis Boshoff Ernst van Zyl
Ep. 273 - Musk se nuwe party en Ramaphosa wil meer as 90 dae kry
2025/07/02
In hierdie episode gesels die Podlitiek span oor Trump wat geskerts (of is dit gedreig?) het dat Elon Musk na Suid-Afrika gedeporteer moet word. Musk is op sy beurt vasbeslote om 'n nuwe politieke party in die VSA te stig wat strenger fiskale beheer sal voorstaan. Intussen het die Suid-Afrikaanse regering ekstra tyd versoek om 'n handelsooreenkoms met die VSA te beding voordat heffings inskop. Podlitiek word aangebied deur: Louis Boshoff Ernst van Zyl  Arno Roodt
Ep. 272 - Dis wat Amerika van SA-regering eis en DA-adjunkminister word die deur gewys
2025/06/26
In hierdie episode gesels Arno en Louis oor die jongste Afrikanerafvaardiging se werksaamhede in die VSA en die DA-adjunkminister wat afgedank is. Opwindende tye vir Suid-Afrikaanse politiek ... Podlitiek word aangebied deur: Louis Boshoff Arno Roodt Ernst van Zyl

Podcast reviews

Read Podlitiek podcast reviews


5 out of 5
9 reviews
★★★★★
AfrikanerDirk 2018/08/11
Goeie program!
Goeie gesprekke, in Afrikaans, oor vandag se kwessies. 'n Baie welkome aanvulling tot die podcast beweging in Afrikaans!
★★★★★
Dan Eloff 2018/07/03
Lekker luister!
Dankie julle! Die eerste twee episodes was fantasties! Ek hoop om nog vele te luister.
check all reviews on apple podcasts

Podcast sponsorship advertising

Start advertising on Podlitiek relevant audience podcasts


What do you want to promote?