1439576818
Wiele2Wiele

Advertise on podcast: Wiele2Wiele

This podcast has
151 episodes
Language
English
Publisher
Maroela Media
Explicit
No
Date created
2018/10/19
Latest episode
2026/10/02
Average duration
27 min.
Release period
8 days

Description

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

Unlock Wiele2Wiele podcast Email contact info,
Listeners & Audience details

Email contact information

Direct podcast contact details

Listeners

Audience numbers & engagement insights

Audience details

Podcast Insights

Social media

Check Wiele2Wiele social media presence


Podcast episodes

Check latest episodes from Wiele2Wiele podcast


Wiele2Wiele ry drie nuwe Chinese motors
2026/10/02
Hierdie week vir Wiele2Wiele is daar drie baie uiteenlopende padtoetse — die Chery Tiggo 4 Cross LiT, die Changan Hunter REEV K50 en die GWM Ora 5 HEV. Die span deel hul eerlike indrukke van dié drie nuwe Chinese spelers en kyk wat die voertuie in ’n al hoe meer mededingende mark bied. Vir die tegniese wenk van die week, gee hulle praktiese wenke oor hoe om jou voertuig langer te laat hou — want ’n bietjie voorkomende instandhouding kan jou later baie geld spaar. En dan is dit tyd vir Motorsport! Hulle neem jou saam na die Algoa Nasionale Tydren, waar Mark Jones en sy navigator Kes Naidoo, die Toyota GR Yaris tot sy uiterse beproef. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: Mazda se nuwe CX-5 bekendgestel
2026/09/25
Hierdie week begin Wiele2Wiele op ‘n hartseer noot, met die vrouemoorde in Ekurhuleni en die tragiese sterftes van renjaers Robert Wolk en Marcel Angel. In reaksie op die vrouemoorde gesels hulle met die AA se uitvoerende hoof, Bobby Ramagwede, oor ’n spesiale 30-dae gratis gewapende reaksiediens vir vroue. Hulle vertel jou van Nampo Kaap saam met Jaguar Land Rover en hulle Defender-reeks op uitstalling. Mazda stel dan hulle splinternuwe CX-5 sportnuts bekend. Vir 2Wiele fokus hulle onder andere op Darryn Binder wat die MotoAmerica Supersport-kampioenskap beklink het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: Monster Jeep onder loep
2026/09/17
Hierdie week vir Wiele2Wiele stel JMC sy Grand Avenue-bakkie bekend, terwyl Hyundai se Creta en Staria opgeknikker is. Hulle vertel jou van ’n monster – die Jeep Gladiator Maximus 6x6, wat behoorlik die koppe laat draai! Hulle deel ook die nuus dat Brad Binder vanaf 2027 in die Wêreld Supermotorfiets-kampioenskap (WorldsSBK) vir die ROKiT BMW Motorrad-span gaan deelneem. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: Tata stel sy Osprey bekend
2026/09/14
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel Tata sy nuwe Osprey bekend, hulle bring tyd met Toyota se RAV4 GR-Sport model deur en die #SaferCarsforAfrica Global NCAP-botstoetsresultate word bekendgemaak. Hulle gesels ook oor die internasionale EICMA-motorfietsskou wat in November plaasvind. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry Audi se nuwe Q3
2026/09/04
Hierdie week vir Wiele2Wiele neem hulle jou op ’n toetsrit met die Audi Q3 S line Sportback. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry Changan Deepal S07
2026/08/30
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan hulle vir ’n toetsrit met die Changan Deepal S07 en op ’n visvang-avontuur met die Kia Tasman-bakkie. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: Alles oor nuwe Duster
2026/08/21
Hierdie week op Wiele2Wiele gesels hulle oor die nuwe Renault Duster, met ’n nuwe enjin wat tot die reeks toegevoeg is én ’n prys wat jou behoorlik gaan laat regop sit. Hulle gaan ry ook met die spesiale Defender 110 Trophy en die GR Corolla met ’n anime-tema. Vir die wenk van die week gesels hulle oor hoe SVI jou kan help om jou voertuig te beveilig en vertel jou hoe dit met Tristin Pienaar in Engeland gegaan het tydens ronde sewe van die nasionale Junior Sportbike-kampioenskap. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiel2Wiele gee hul indrukke van nuwe Seltos
2026/08/14
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die pragtige, splinternuwe Kia Seltos, wat met drie enjins aangebied word – onder andere ’n 1.5-liter-turbodiesel. Hulle vat jou dan saam op die pad in die Lexus RZ 550e F-Sport en die Land Cruiser FJ. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry twee bussies
2026/08/07
Hierdie week is dit bussie-bonaza op Wiele2Wiele. Hulle gesels oor die Volkswagen Caravelle eHybrid en die Renault Trafic Passenger. Hulle gaan ry ook met die Honda Elevate, gee raad oor tekens wat jou kar vir jou gee dat daar fout is en waarsku jou waarna jy moet kyk as jy ’n motorfiets wil koop wat ’n spesiale uitgawe in sy tyd was. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry Kia Carens
2026/07/31
Verlede week het jy gehoor wat Carl en Jeanette dink maar hierdie week op Wiele2Wiele, is dit Nicol en Mike se beurt om oor die Kia Tasman-bakkie te gesels. Hulle klim ook agter die stuur van die sewesitplek Kia Carens en deel hulle indrukke van die Suzuki Across. Dit is dan tyd vir die stof, spoed en avontuur van die GR Stella 1000-marathon-veldtydren, waar Toyota Gazoo Racing Suid-Afrika se Guy Botterill en sy nuwe navigator, Henry Köhne, koning gekraai het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele ry Kia Tasman-bakkie
2026/07/24
Hierdie week vir Wiele2Wiele vat hulle die langpad met die Mercedes-Benz GLC 300d en bring kwaliteittyd deur met die nuwe Kia Tasman-bakkie. Hulle vat jou ook op ‘n toetsrit met die Renault Captur. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: Land Rover Defender 130 onder loep
2026/07/20
Hierdie week vir Wiele2Wiele gesels hulle oor die groot Land Rover Defender 130, die giftige Toyota GR Yaris en die GAC GS3 Emzoom. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: Lepas L4 vs. Jaecoo J7
2026/07/10
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele skop hulle af met twee bekendstellings – Audi se nuwe Q3 en Toyota se eerste vol-elektriese model vir Suid-Afrika, die bZ4X. Dan raak hulle skoon poëties oor die Land Rover Discovery Tempest. Hulle vergelyk ook twee Chinese sportnutse uit die Chery-stal: die Lepas L4 en die Jaecoo J7. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: Nuwe Hilux onder die loep
2026/07/03
Hierdie week doen Wiele2Wiele dinge effe anders en sit ons die kollig op die nuwe negende generasie Toyota Hilux – ’n fantastiese bekendstellingstoer deur Namibië. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
Wiele2Wiele: BYD se Atto 2 onder loep
2026/06/25
Hierdie week vir Wiele2Wiele vat Carl die pad saam met Volkswagen en sy Amarok-modelle op ’n avontuur wat min mense ooit self beleef! Van die asemrowendste dele van KwaZulu-Natal, oor die legendariese Sanipas in Lesotho – selfs die ruwe skoonheid van die Oos-Kaap… dit het boonop gesneeu ook tydens hul avontuur. Intussen toets Clinton die nuwe Atto 2 DM-i by die BYD-bekendstelling, hulle deel waarna om op te let wanneer jy ’n tweedehandse motorfiets koop én gesels oor MotoGP se groot 850cc-skuif. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

Podcast reviews

Read Wiele2Wiele podcast reviews


0 out of 5
0 reviews

Podcast sponsorship advertising

Start advertising on Wiele2Wiele relevant audience podcasts


What do you want to promote?