1473784666
Kosmos 94.1 Gesprekke

Advertise on podcast: Kosmos 94.1 Gesprekke

Categories
Country
United States
This podcast has
150 episodes
Language
English
Publisher
Kosmos 94.1
Explicit
No
Date created
2019/07/22
Latest episode
2026/04/22
Average duration
8 min.
Release period
2 days

Description

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.

Unlock Kosmos 94.1 Gesprekke podcast Email contact info,
Listeners & Audience details

Email contact information

Direct podcast contact details

Listeners

Audience numbers & engagement insights

Audience details

Podcast Insights

Podcast episodes

Check latest episodes from Kosmos 94.1 Gesprekke podcast


Maak Spore: ’n Reis van Groei en Inspirasie met Junin Buys
2026/04/22
Elmero Strauss gesels met Junin Buys, rekenmeester by ALI en ’n inspirerende openbare spreker, oor die pad wat sy gestap het en die lesse wat sy langs die roete geleer het. Sy deel hoe hierdie ervarings haar vandag help om ander te bemoedig en te inspireer wanneer sy voor ’n gehoor staan. Skakel in vir ’n egte en motiverende gesprek oor groei, roeping en die spore wat ons oor tyd in die lewe maak. Maak Spore word moontlik gemaak deur Jakkals Vellies Namibia.
Gewrigspyn en Oplossings: Hoe om Jou Liggaam Sterk te Hou
2026/04/22
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ’n baie relevante onderwerp: pyn in jou rug, nek, bene, enkels, heupe, hande en skouers—basies al die gewrigte en skarniere van die liggaam. Hulle kyk na praktiese maniere om jou gewrigte te beskerm en te voorkom dat dit vinnig verweer, asook wat jy kan doen as jy reeds erge pyn ervaar. Die gesprek raak ook die risiko’s van chroniese pynmedikasie en die moontlike newe-effekte daarvan. Dis ThreshHold tyd. ThreshHold tablette en jel is beskikbaar by apteke. Vir meer inligting, besoek www.threshhold.co.za of stuur ’n e-pos na [email protected].
Jean-Louis gesels met Andre’ de Villiers by die kykNet Buite Ekspo en KosMOS Fees 2026
2026/04/22
Jean-Louis gesels met Andre’ de Villiers oor sy betrokkenheid en ervaring by die kykNet Buite Ekspo en KosMOS Fees 2026. Hulle praat oor die buitelewe, avontuur en wat besoekers by dié gewilde geleenthede kan verwag. Dit is ’n interessante en insiggewende gesprek wat die gees van die fees en die buitelewe vasvang.
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 20 April 2026
2026/04/21
JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
FNB Namibië se rol by die KosMOS Fees
2026/04/17
Jean-Louis gesels met Revonia Job, Borgekap en Maatskaplike Impak bestuurder by FirstRand Namibia. FNB Namibië is een van die senior borge van die KosMOS Fees en speel ’n groot rol in die ervaring volgende naweek. Luister hoe sy meer deel oor hoekom hulle betrokke geraak het en wat hulle alles beplan om die fees nog beter te maak.
Griep Seisoen Beskerming: A.Vogel Echinaforce in Fokus
2026/04/15
Die griepseisoen is reeds in volle swang, en bvandag gesels Jean-Louis met Anette Rheeder oor beskerming teen griep vir jou en jou gesin. Hulle fokus op A.Vogel Echinaforce en kyk waarom dit ’n gewilde keuse is vir natuurlike ondersteuning gedurende die griepseisoen. A.Vogel Echinaforce is beskikbaar in apteke regoor Namibië in tablet- sowel as druppelvorm. Vir navrae of meer inligting, kontak [email protected] .
Agter die Skerms van die KykNET Buite Ekspo met Marius Opperman
2026/04/15
Jean-Louis gesels met Marius Opperman, die man agter die gewilde KykNET Buite Ekspo in Suid-Afrika en Namibië. Hulle gesels oor wat alles in die beplanning van dié groot gebeurtenis ingaan, wat besoekers kan verwag, en hoe dit aansluit by die opwinding van die KosMOS Fees 2026. Die KykNET Buite Ekspo vind plaas op 24 en 25 April, met die KosMOS Fees 2026 op 25 April. Kaartjies is beskikbaar by https://www.howler.co.za/KosMosFees26
Face of Hope: Hoop, omgee en die krag van klein dade
2026/04/14
Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Anita Senekal oor haar projek, Face of Hope. Die inisiatief is gebou rondom hoop en omgee, en wys hoe een persoon ’n verskil kan maak wanneer jy kies om iets goeds vir ander te doen. Luister saam na die storie agter die projek en ontdek hoe klein dade ’n groot impak in mense se lewens kan hê.
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher 13 April 2026
2026/04/14
JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
Namibië se Wêreldsukses by RCFA Wêreldkampioenskappe
2026/04/13
Jean-Louis gesels met Ingo Oosthuizen, internasionale koördineerder van RCFAI, oor Namibië se uitstaande prestasie by die onlangse RCFA Wêreldkampioenskappe. Die land het wêreldwyd aandag getrek met ’n indrukwekkende vertoning, insluitend verskeie wêreldkampioene en ’n rekord aantal medaljes.
Jean-Louis in gesprek met Andriette Norman oor nuwe musiek
2026/04/10
Jean-Louis gesel met Andriette Norman oor haar splinternuwe liedjie. Hulle praat oor die storie agter die musiek, haar inspirasie en wat aanhangers kan verwag. Skakel in en hoor die liedjie eerste.
Jean-Louis gesels met Adam oor hulle nuwe treffer "Chane” bekend
2026/04/10
Jean-Louis gesels met Adam oor hul splinternuwe liedjie, “Chane”. Hulle deel meer oor die inspirasie agter die snit, die kreatiewe proses en wat luisteraars kan verwag. Moenie hierdie eksklusiewe bekendstelling misloop nie.
KosMOS Fees: Wen ’n Reis vir Twee na Suid-Afrika met JSB Sports Betting
2026/04/10
Jean-Louis gesels met KJ van JSB Sports Betting oor hoe die KosMOS Fees en JSB Sports Betting vir jou die kans gee om ’n onvergeetlike reis vir twee na Suid-Afrika te wen. Vind uit hoe om deel te neem en hoekom jy beslis by KosMOS Fees moet wees. Wat jy kan wen: -Retourvlugte vir twee na Suid-Afrika -2 nagte se verblyf -Kaartjies om die Springbokke teen Engeland te sien speel by Ellis Park op 4 Julie. Totale waarde van N$30 000! Skryf nou in: bit.ly/JSB-Giveaway Hoe om in te skryf: Koop jou KosMOS Fees-kaartjie Voltooi die inskrywingsvorm Hê ’n geldige JSB Sports Betting-rekening Wees by KosMOS Fees op Saterdag, 25 April vir die regstreekse aankondiging Geen her-trekkings nie - jy moet daar wees om jou prys te eis B’s en V’s geld. Geen onder 18’s
Breinkrag vir Elke Ouderdom met Bio-Strath
2026/04/08
Jean-Louis en Anette Rheeder gesels oor Bio-Strath en hoe noodsaaklike voeding die brein kan ondersteun, ongeag ouderdom. Hulle verduidelik die voordele van hierdie natuurlike aanvulling en hoe dit kan help met fokus, energie en algehele welstand. Bio-Strath is beskikbaar by jou naaste apteek in verskillende verpakkings, beide as tablette en vloeistof. Vir meer inligting, besoek die Bio-Strath webblad of stuur ’n e-pos vir verdere navrae.
Van Gladiator tot Gids: Die Reis van André Coetzee
2026/04/08
Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met André Coetzee, ’n man met ’n besonder interessante lewensreis. Baie mense onthou hom as “Wildebees” van die ikoniese TV-program MTN Gladiators, maar sedertdien het sy pad hom deur verskeie hoofstukke geneem. Van sy dae op die skerm tot sy werk in spanbou en persoonlike ontwikkeling in Namibië, deel hy insigte, stories en lesse wat inspireer. Maak Spore is moontlik gemaak deur Jakkals Vellies Namibia.

Podcast reviews

Read Kosmos 94.1 Gesprekke podcast reviews


0 out of 5
0 reviews

Podcast sponsorship advertising

Start advertising on Kosmos 94.1 Gesprekke relevant audience podcasts


What do you want to promote?