
Advertise on podcast: Kosmos 94.1 Landbou
This podcast has
150 episodes
Language
EnglishPublisher
Kosmos 94.1Explicit
No
Date created
2019/07/22
Latest episode
2021/03/31
Average duration
5 min.
Release period
1 days
Description
Elke weeksoggend tussen 05:00 en 06:00 word daar landbousake gesels op Kosmos 94.1. Van die jongste landbounuus, pryse, implimente en medisyne.
Unlock Kosmos 94.1 Landbou podcast Email contact info,
Listeners & Audience details
Email contact information
Direct podcast contact details

Listeners
Audience numbers & engagement insights

Audience details
Podcast Insights

Social media
Check Kosmos 94.1 Landbou social media presence
Podcast episodes
Check latest episodes from Kosmos 94.1 Landbou podcast
Visserye sal landbou ondersteun - Kawana
2021/03/31
Die Namibiese Minister van Visserye Albert Kawana het onderneem om die landbousektor te ondersteun en om te verseker dat die visbedryf plaaslik aankoop, veral as dit kom by voedsel vir bemanning van skepe en meer. Hy het ook melding gemaak van visfabrieke wat tamaties en meer gebruik. Hy sê alle Namibiërs moet voordeel trek uit Namibië se visbronne, of hulle vang en of hulle boer.
Pumfudza boer vooruit in Zim
2021/03/31
Die Zimbabwiese regering pas op die oomblik die Pfumvudza of Intwasa landbou-program toe. Die program is gebuffer teen die impak van klimaatsverandering en plaas volgens berigte die klem op kleiner boere in die buurland. Voedselsekerheid is die doelwit. Eddie Cross, ‘n Ekonoom in Zimbabwe is vertroud met die plan en gesels vanoggend meer in diepte daaroor met ons...
SA-landbou: so staan sake
2021/03/31
Die Suid-Afrikaanse Minister van Landbou Thoko Didiza, en verteenwoordigers van landbou-unies, landbou-ondernemings en lede van die burgerlike samelewing het in Pretoria vergader en die ontmoeting is as produktief beskryf. Die deelnemers het die vordering met die opstel en raadgewing van die meesterplan vir landbou en landbouverwerking bepaal. Didiza sê hulle doelwit is die uitbreiding van sub-sektore om by te dra tot ekonomiese groei, inklusiwiteit en werkskepping. Die Hoof Uitvoerende Beampte van die Landbou Sakekamer in Suid-Afrika, John Purchase het die vergadering bygewoon...
VSA en bek- en klouseer - daar is geen kwessies nie
2021/03/30
Die kommer wat deur die Amerikaanse Cattlemen’s Association uitgespreek is oor bek- en klouseer is weer in die nuus nadat die Adjunkminister van Gesondheid Ester Muinjangue vrae aan die Minister van Landbou Calle Schlettwein in die Nasionale Vergadering gestel het. Die Amerikaanse boere het hulle regering gevra om ‘n verbod om invoere te stel tot die uitbreking plaaslik onder beheer is. Maar Volgens Meatco se Korporatiewe Kommunikasie Bestuurder Rosa Hamukuaja-Thobias het daar tot dusver niks amptelik van gekom nie en handel verloop vlot.
Minister gesels oor konflik met wilde diere
2021/03/30
Konflik met wilde diere het oor die afgelope jare toegeneem en baie boere, beide kommunaal en kommersieel, sit met hulle hande in hulle hare in verskeie gebiede, veral met olifante. Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het verskeie programme daargestel om die konflik te mitigeer. Die minister is ons gas vanoggend....
Kommunale gebiede, onwettige heinings, verbouing en meer onder die loep
2021/03/30
Onwettige heinings in kommunale gebied wek kommer en die Namibiese Minister van Landbou Calle Schlettwein het melding van die uitdaging in die Nasionale Vergadering gemaak. Die Tradisionele Owerhede is gemaan om daadwerklike aksie in die verband te neem. Ons gesels vanoggend oor die kwessie en ander boerdery aangeleenthede met die Goewerneur van die Zambezi-streek Lawrence Sampofu...
Unicef leer kinders, onderwysers om tuine te verbou
2021/03/29
Unicef in Namibië het opleiding aan onderwysers, leerders en ouers aangebied om te verseker dat groentetuine by skole versorg word. Die opleiding het gesonde eetgewoontes, verbouing en selfs die sorg van saad ingesluit. Skool groentetuine is van kritiese belang vir leerders omdat ongeveer helfte van die land se skoolgaande kinders, ongeveer 400 000, maak staat op skool voeding programme vir ‘n daaglikse ete. Die Ministerie van Onderwys het meegemaak met die opleiding. Unicef Namibië se Onderwys Spesialis Dr Aune Victor het meer inligting...
N$3 miljard deur Agribank belê in landbou
2021/03/29
Agribank se totale lenings het van 225 miljoen Namibiese doller in 1990 tot 3 miljard doller in 2020 gegroei. Die syfer van 3 miljard sluit nie reeds afbetaalde lenings in nie en maak net melding van skuld wat nog betaal moet word. Die bank sê verder dat tussen 1992 en 2020 meer as 784 miljoen doller geleen is onder die sogenaamde Regstellende Aksie Leningskema en 3,4 miljoen hektaar is op hierdie manier bekom. Die bank se Hoof Uitvoerende Beampte Sakaria Nghikembua gesels meer in diepte oor die syfers met Kosmos 94.1 Landbounuus...
Slang konflik plan word ontwikkel
2021/03/29
Francois Theart, Namibië se bekendste slangkenner en tans 'n derdejaarstudent aan die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se Biodiversiteit Navorsingsentrum, sê slangnavorsing kry geen ondersteuning van die privaat sektor óf die regering nie. Theart is besig om ‘n slang konflik plan te bewerkstellig... hy sluit vanoggend by ons aan...
Kommer oor toename in plaasaanvalle in SA
2021/03/26
As die Noordwes Provinsie in Suid-Afrika enige aanduiding is, dan is plaasaanvalle besig om toe te neem in die buurland. Die Vryheidsfront Plus het sy kommer uitgespreek oor die toename in plaasaanvalle in Noordwes die afgelope 3 weke met 5 aanvalle wat aangeteken is. Dr Pieter Groenewald Leier van die Vryheidsfront Plus...
Podcast reviews
Read Kosmos 94.1 Landbou podcast reviews
Podcast sponsorship advertising
Start advertising on Kosmos 94.1 Landbou relevant audience podcasts
You may also like to advertise on these Podcasts

4.8208149
Fixable
TED

4.7308354
The Psychedelic Podcast
Third Wave

5255148
Plant Based Eating Made Easy | Simple Strategies & Clear Nutrition Guidance to Transform Your Health | Dietitian, Plant-Based
Anna Tseng MPH RD LDN | Registered Dietitian, Plant Based Coach, Plant-Based Diet Transition Expert, Plantbased Diet

5325155
Do Business. Do Life. — The Financial Advisor Podcast — DBDL
Brad Johnson

5153329
Helping Healing Humor
Ben and Travis

4.3330100
The Ticket Sportsradio 1310 and 96.7 FM
The Ticket | Cumulus Media Dallas

4.9340317
They Call Us Bruce
Jeff Yang & Phil Yu

4.869997
Third Avenue Baptist Church Podcast
Third Avenue Baptist Church

4.81186543
The SelfWork Podcast
Margaret Robinson Rutherford PhD

4.892642
Success is a Choice
Jamy Bechler

