1473784888
Nuus

Advertise on podcast: Nuus

Rating
★★★★★
5
from
2 reviews
Categories
Country
United States
This podcast has
150 episodes
Language
English
Publisher
Kosmos 94.1
Explicit
No
Date created
2019/07/22
Latest episode
2026/02/04
Average duration
1 min.
Release period
1 days

Description

Kry die nuus soos dit breek.

Unlock Nuus podcast Email contact info,
Listeners & Audience details

Email contact information

Direct podcast contact details

Listeners

Audience numbers & engagement insights

Audience details

Podcast Insights

Podcast episodes

Check latest episodes from Nuus podcast


Die dag wat was, 4 Februarie 2026
2026/02/04
Kry die nuus soos dit breek.
Olie- en gasbedryf in NNN se kantoor? Oortuig ons na Fishrot: Venaani
2026/02/04
Die omstrede wysigingswetsontwerp om toesig oor die stroomop olie- en gasbedryf na die Presidensie te verskuif is vandag in die Nasionale Vergadering ingedien. Die opposisie het reeds vroeër gesê hulle sal dit teenstaan, en na bewering is nie alle Swapo parlementslede ten gunste van die skuif nie. Die PDM president, McHenry Venaani het sterk reageer en sê parlementslede moet oortuig word oor die skuif, in die lig van Fishrot en die Namcor-korrupsiesaak.
Horner sal 'net vir regte geleentheid' na F1 terugkeer
2026/02/04
Motorsport: Red Bull se voormalige uitvoerende hoof, Christian Horner, is nie haastig om na Formule Een terug te keer nie, en sal dit slegs vir iets werklik opwindends doen. Die 52-jarige is in Julie verlede jaar as spanhoof afgedank en het in September amptelik vertrek. Horner is deel van 'n groep beleggers wat belangstel in 'n belang in Alpine. Hy sê hy het gesprekke gevoer met byna elke F1-span:
Olie- en gasbedryf werkswinkel trek jeug en besighede
2026/02/04
Namcor, in vennootskap met SBM Offshore en die Namibia Youth Energy Forum, het nog 'n suksesvolle werkswinkel aangebied oor drywende produksie-, bergings- en aflaai-eenhede, wat kritieke infrastruktuur is in die ontwikkeling van aflandige olie en gasbronne. Die werkswinkel het praktiese insigte verskaf en waardevolle blootstelling gebied aan beide bedryfspersoneel en jong Namibiërs wat daarna streef om die energiesektor te betree. Namcor-woordvoerder Paulo Coelho:
Firmas wat staatsinkomste kry 'moet vanjaar versigtig wees'
2026/02/04
Namibië se parlement is terug in die tuig en een van die hoogtepunte wat tydens die huidige sitting verwag word, is die indiening van die begroting vir die nuwe fiskale jaar. Geldgewys het die regering min ruimte om te beweeg, sê Cirrus. Inkomste is onder druk en die regering het beperkte surpluskapasiteit om ekonomiese aktiwiteit te dryf sonder om hulself aan ander risiko's bloot te stel. Wat beteken dit vir die sakesektor? Kosmos 94.1 Nuus het met Romé Mostert, medestigter van Cirrus, gepraat:
Polisiebeamptes se betrokkenheid by dwelms bekommer LPs
2026/02/04
Parlementslede het kommer uitgespreek oor die groeiende aantal polisiebeamptes wat betrokke is by dwelmmisbruik- en dwelmsmokkelary-sake. In 2024 het Nampol berig dat 20 beamptes oor 'n tydperk van drie jaar aangekla is van dwelmverwante oortredings, terwyl vyf beamptes tans ondersoek word vir soortgelyke misdade. Die PDM-parlementslid Diederik Vries wonder wat die regering doen om dit aan te spreek en het die impak van die probleem uitgelig.
Blitsbokke se Oosthuisen seker span sal goed vaar in Perth
2026/02/04
Rugby: Die Springbok-sewespeler Ryan Oosthuizen sê hulle is vol vertroue dat hulle die naweek beter sal vaar in die wêreldreekstoernooi in Perth, Australië. Die Blitsbokke het verlede naweek in Singapoer vierde geëindig. Suid-Afrika is in Groep A saam met Spanje, Fidji en Argentinië. Oosthuizen, wat in sy 60ste toernooi sal speel, sê hy is tevrede met die span se besprekings wat hoofsaaklik op verantwoordelikhede en standaarde gefokus het:
Handelsbalans-tekort krimp na N$393 miljoen in Desember
2026/02/04
Die Namibië Statistieke Agentskap het die Desember 2025 Internasionale Handelsware Statistieke vrygestel. Namibië se handelsbalans, die verskil tussen invoere en uitvoere, het 'n tekort van 393 miljoen Namibiese dollar aangeteken. Dit is 'n beduidende verbetering op die tekort van 4,4 miljard dollar in November. Op 'n jaarbasis is 'n surplus van 297 miljoen dollar geregistreer. Die agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo, het meer.
MTC Maris en Kazang brei mobiele geld-toegang uit
2026/02/04
MTC Maris het 'n strategiese vennootskap met die digitale betalingsverspreider Kazang onderteken, wat Maris-dienste reg oor die land sal uitbrei. Met Kazang se netwerk van meer as 5 500 agente landwyd, sal dit toegang tot mobiele geld uitbrei na stedelike sentrums, informele nedersettings en afgeleë landelike gemeenskappe. MTC Maris se uitvoerende direkteur, Kayembe Ilunga, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die mobiele geldsdiens het altesaam meer as 500 000 geregistreerde kliënte.
Steenhuisen bevestig uittrede as DA-leier
2026/02/04
Die leier van die DA, John Steenhuisen, gaan hom nie verkiesbaar stel vir 'n derde termyn om die party te lei nie. Sy aankondiging in KwaZulu-Natal kom voor vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing. Steenhuisen het beklemtoon hy bly aan as minister van Landbou. Hy sal die leisels in April aan 'n nuwe leier oorhandig en sê hy laat die party sterker in die regering agter. Steenhuisen sê sy leierskapsending is afgehandel en die DA is gerig op toekomstige groei:
Moenie fasiliteite net poets vir spesiale geleenthede nie
2026/02/04
Die Nasionale Vergadering is Dinsdag amptelik deur die president geopen. Dit was "business unusual" by die parlementsgebou. Mure was gepoets en die tuin reggeruk. Dit het reaksie uitgelok by die amptelike opposisie die IPC se hoofsweep, Rodney Cloete, wat sê die staatsdiens moet te alle tye die blink kant bo hou en nie net vir spesiale geleenthede nie.
Tories sê Starmer moet verduidelik oor Mandelson
2026/02/04
Die leier van die Britse Konserwatiewe Party, Kemi Badenoch, sê eerste minister Keir Starmer sal moet antwoorde verskaf oor Peter Mandelson, insluitend oor sy aanstelling as ambassadeur in Amerika. Die voormalige minister van Arbeid word beskuldig dat hy mark-sensitiewe staatsinligting aan die Amerikaanse finansier en seksoortreder, Jeffrey Epstein, verskaf het. Die Metropolitaanse Polisie ondersoek Mandelson strafregtelik oor bewerings van wangedrag in ’n openbare amp. Badenoch sê die ondersoek was onvermydelik:
Capricorn-stigting skenk ruim aan onderwys
2026/02/04
Die Capricorn-stigting het 1,6 miljoen Namibiese dollar beskikbaar gestel vir drie onderwys-inisiatiewe, vir leermateriale en infrastruktuur-verbeterings vir vroeë kinderontwikkeling-sentrums. Die fondse sal gaan aan EduVision, Amos Meerkat Syllabus en Karstveld Academy. Kosmos 94.1 Nuus het met die Capricorn-stigting se koördineerder, Veripura Muuku gepraat.
LP's moet onpartydig oor olie en gas debat voer
2026/02/04
Kry die nuus soos dit breek.
LP's moet onpartydig oor olie en gas debat voer
2026/02/04
Die omstrede wetsontwerp om olie en gas na die Presidensie te verskuif kom vandag in die Nasionale Vergadering onder die loep. Volgens plaaslike berigte sal die opposisie die wetgewing teenstaan. Kosmos 94.1 Nuus het met Inna Hengari, parlementslid van die PDM gepraat. Sy sê partye onpartydig wees en die publiek se beste belange op die hart dra.

Podcast reviews

Read Nuus podcast reviews


5 out of 5
2 reviews

Podcast sponsorship advertising

Start advertising on Nuus relevant audience podcasts


What do you want to promote?