1504438516
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Advertise on podcast: Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

This podcast has
377 episodes
Language
English
Explicit
No
Date created
2020/03/25
Latest episode
2026/11/01
Average duration
38 min.
Release period
9 days

Description

Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Unlock Bergbron Gereformeerde Kerk Preke podcast Email contact info,
Listeners & Audience details

Email contact information

Direct podcast contact details

Listeners

Audience numbers & engagement insights

Audience details

Podcast Insights

Social media

Check Bergbron Gereformeerde Kerk Preke social media presence


Podcast episodes

Check latest episodes from Bergbron Gereformeerde Kerk Preke podcast


Sondag 1 November 2026 - Stephan Briel
2026/11/01
Lees: Nehemia 1. Fokus: Neh 1:4. Die ontstaan van God se visie. ·        Die nood en behoeftes van mense is die egte saadjies van ‘n visie wat van God kom. ·        Maar hierdie saadjies van ‘n visie moet ook ontkiem in jou hartsodat ander se nood jou nood word, ander se trane jou trane word.   Vir nadenke en gesprek by selgroepe enhuisgodsdiens: ·        Leef jy met passie? Is jy opgewonde oor jou lewe? Maak jou lewesin? ·        Watter nood en behoeftes van mense gryp jou aan die hart? ·        Wat is God se visie vir jou lewe?
Sondag 18 Oktober 2026 - Stephan Briel
2026/10/18
Lees: Gal 5:16-18 en 1 Joh 3:11-17.  Fokus: 1 Joh 3:16.  Geestelike vorming na die beeld van Jesus Christus.  Om geestelik gevorm te word deur die Heilige Gees is die proses om gevorm te word na die beeld van Christus ter wille van ander.    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:  ·       Wat word bedoel met geestelike vorming?  ·       Wat is die deurslaggewende toets van geestelike vorming deur die Heilige Gees?  ·       Wat beteken Christus se liefde en hoe kan ons dit ook bekom?
Sondag 11 Oktober 2026 - William Marran
2026/10/11
Lees: Psalm 23, Johannes 10: 14-16, Romeine 8: 8-9, 14-16, Gal. 5: 24-26 Wandel in die Gees: Volg die Goeie Herder.
Sondag 4 Oktober 2026 - Stephan Briel
2026/10/04
Lees: Gal 5:1,16-18 en Mat 11:25 – Mat 12:8. Fokus: Mat 11:28-30.  Wandel deur die Gees: neem Jesus se juk op en leer van Hom.
Sondag 27 September 2026 - Stephan Briel
2026/09/27
Lees: Gal 5:13-26 (AFR53).  Fokus: Gal 5:16-18.  Wandel deur die Gees.  ·       Wandel deur die Gees is nie ongedissiplineerde vryheid nie.  ·       Wandel deur die Gees is nie om onder die wet te wees nie.    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:  ·       Wat word bedoel met die vlees in Gal 5:16-17?  ·       Wat word bedoel met: “Ware vryheid lê nie in die uitoefening van keuses nie, maar in die gevolge van die keuses wat ons gemaak het”? Noem praktiese voorbeelde.  ·       Wat is die gevolge van die wet volgens Rom 7:5?   ·       Watter rol speel jou siening van jouself in jou stryd teen die sonde?
Sondag 13 September 2026 - Stephan Briel
2026/09/13
Lees: Joh 15:1-17.  Fokus: Joh 15:4,5.  Doelwit 1 van dissipelskap: Bly in Jesus Christus! (deel 2) ·       Dissipelskap is ‘n groei proses wat begin om in Jesus Christus te bly. ·       Baie mense bly nie in Christus nie want hulle lewens word gedryf deur skuldgevoelens, bitterheid, vrees, materialisme of ‘n behoefte aan goedkeuring.  ·       Ons bly in Christus as sy hoofdoelwit van ‘n liefdesverhouding met God, ons lewens dryf.   Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: ·       Hoekom is “bly in Jesus” die eerste en belangrikste doelwit van dissipelskap?  ·       Hoe veroorsaak skuldgevoelens, bitterheid, vrees, materialisme en ‘n behoefte aan goedkeuring dat ons nie in Christus bly nie?  ·       Op watter manier bly jy in Christus? Wat gaan jy prakties doen om in Christus te bly?
Sondag 6 September 2026 - Stephan Briel
2026/09/06
ie Lewende Woord vir Jou:  Lees: Joh 15:1-17. Fokus: Joh 15:4,5. Doelwit 1 van dissipelskap: Bly in Jesus Christus! • Die beeld van die wingerdstok en sy lote beklemtoon dat Christus in ‘n hegte en intieme verhouding met sy kerk lewe. • Deur sy Woord en Heilige Gees wil Christus die lewe van elke loot vernuwe om baie vrugte te dra. • Vrugte van jou lewe in Christus is wanneer jy God verheerlik (Joh 15:8) met ‘n woord, gedagte of daad (Tit 3:14). Dit is jou enigste permanente deposito in die hemel. • Kom ons behou die fokus om by Jesus te wees en in Hom te bly! Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: • Verduidelik hoe die beeld van die wingerdstok en lote van toepassing is op ons verhouding met Christus. • Wat beteken dit “om vrugte te dra”? Hoe gee “vrugte dra” aan jou lewe betekenis? Hoekom kan jy sonder Christus nie “vrugte dra” nie? • Hoekom is “bly in Jesus” die eerste en belangrikste doelwit van dissipelskap?
Sondag 30 Augustus 2026 - Lewis Sibanda
2026/08/30
Skriflesing: Eksodus 20: 1-26 Tema: The Bible message today
Sondag 23 Augustus 2026 - Stephanu de Villiers
2026/08/23
Skrifdeel: Lukas 8:22-25 Tema: Die pad vanaf vrees na vrede Kerngedagtes: 1. Vrees vir die storm 2. Vrede by Jesus Preekskets Daar is soveel dinge wat vrees in ons harte laat opskiet. Hoe smag ons nie daarna om vrede te beleef wat ons verstand te bowe gaan nie? In Lukas 8:22-25 leer die Here ons dat ons net die pad vanaf vrees na vrede kan stap en daarop kan vorder as ons voortdurend sien wie Jesus Christus is. Wanneer ons Hom sien vir Wie Hy is, verdwyn vrees soos mis voor die son en vind vrede 'n tuiste in ons harte.
Sondag 16 Augustus 2026 - Willem van der Waal
2026/08/16
Teks: Hand 2:37-47. Hoe lyk dissipelskap?  Dissipelskap beteken om `n leerling en `n volgeling van Jesus te wees en te bly. In Handelinge 2:37 – 47 sien ons iets van hoe dit lyk om Jesus te volg. Dit is soos `n baba-foto van die kerk. Die konteks is na die uitstorting van die Heilige Gees en na Petrus se preek op Pinkster – vra die mense wat moet hulle doen? Dit is die regte vraag om te kan groei in ons verhouding met die Here. Ook ons moet vra wat kan óns doen in ons reaksie op die werk van God se Woord en die werk van God se Gees. In hierdie preek gaan ons kyk na 7 aspekte van dissipelskap en die sewende aspek gaan oor hoe om seker te maak dat ons dissipelskap gesond kan bly.
Sondag 9 Augustus 2026 Stephan Briel
2026/08/09
Lees: Mat 11: 25 – Mat 12: 8. Fokus: Mat 11: 28-30 (AFR53).  Jesus se rus: Leer by Hom om sagmoedig en nederig van hart te wees.  ·       As my siel nie in God se rus verkeer nie, raak my vlees besig om vrede te probeer bring in my siel – dan bewerk ek my eie werke deur die vlees (vgl Heb 4: 9, 10).  ·       Jesus leer vir ons twee sleutelbegrippe om rus te vind vir ons siele, nl nederig van hart en sagmoedigheid (Mat 11: 29).  ·       Wees nederig van hart deur te glo en te vertrou dat God jou onvoorwaardelik aanvaar deur die kruisoffer van Jesus alleen.  ·       Wees verder sagmoedig deur met ‘n surplus of speling te leef in alle areas van jou lewe.    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:  ·       Wat is die oorsprong van vleeslike optredes in kinders van God se lewens?  ·       Hoe kan jy rus vind vir jou siel?  ·       Beskryf hoe om nederig van hart te wees.  ·       Beskryf hoe om sagmoedig te lewe soos Jesus.
Sondag 2 Augustus 2026 - Stephan Briel
2026/08/02
Lees: Mark 1:14-20.  Fokus: Mark 1:17,20.  Dissipelskap is ‘n gawe wat Jesus aanbied, nie iets wat die mens verdien nie.  Jesus het hierdie vissers raakgesien en hulle ‘n kans van ‘n leeftyd gebied toe Hy hulle roep tot dissipelskap. Kenmerkend van dissipelskap is dat dit ‘n gawe is wat Jesus skenk, nie ‘n persoonlike prestasie nie. En besef ons vandag (na die kruis, opstanding en hemelvaart van Jesus) wat ‘n groter wonderlike geskenk Jesus ons bied as Hy ons roep tot ‘n lewe van dissipelskap?  Daar is ‘n weg of manier van lewe wat deur Jesus Self gemodelleer is – wat ver meer bied as wat die wêreld kan bied. Dit open die weg na God Almagtig se teenwoordigheid en krag waaroor die meeste mense net droom. Maar dit vra dat jy ‘n weg sal volg wat deur Jesus self aangewys word.    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: ·       Verduidelik die Joodse onderwysstelsel in die Bybelse tyd.  ·       Hoekom het die 4 vissermanne onmiddelik hulle nette en skuite gelos om Jesus te volg?  ·       Hoekom is dissipelskap ‘n gawe wat Jesus skenk?
Sondag 26 Julie 2026 Stephan Briel
2026/07/26
Dankbaarheidsdiens Lees: 1 Kor 12:1-11.  Fokus: 1 Kor 12:4-6.  God Drie-enig gee gawes aan sy gemeente.  Vers 6: Bemoedigende gawes van God die Vader (vgl Rom 12:6-8).  Vers 4: Bedieningsgawes van die Gees (vgl 1 Kor 12 en 14).  Vers 5: Leierskapsgawes van die Here Jesus (vgl Ef 4:7,11-13).
Sondag 19 Julie 2026 - William Marran
2026/07/19
Lees: 2 Kor. 4:5, 1 Pet. 3:18a, 1 Tim. 1:15 Die evangelie – goeie nuus vir sondaars. • Ons het die Goeie Nuus oor Jesus Christus ontvang en geglo. • Wat moet ons nou met dié Goeie Nuus doen? • Eerstens, tussen mekaar as gelowiges. • Dan ook, teenoor dié wat nog nie gehoor / geglo het nie.
Sondag 5 Julie 2026 Stephan Briel
2026/07/05
Lees: Mat 10:34-39.  Fokus: Mat 10:38 (AFR53).  Om ‘n waardige kind van God te wees.

Podcast reviews

Read Bergbron Gereformeerde Kerk Preke podcast reviews


0 out of 5
0 reviews

Podcast sponsorship advertising

Start advertising on Bergbron Gereformeerde Kerk Preke relevant audience podcasts


What do you want to promote?