1521230873
KOPSKUIF

Advertise on podcast: KOPSKUIF

This podcast has
150 episodes
Language
English
Explicit
No
Date created
2020/06/29
Latest episode
2026/10/31
Average duration
37 min.
Release period
8 days

Description

Welkom by Kopskuif, jou bron van insiggewende gesprekke oor onderwys! Hierdie program bied ‘n platform waar alle rolspelers in die onderwysbedryf, van skoolhoofde tot leerders, ouers, onderwyskundiges en ander belanghebbendes, hul perspektiewe en ervarings kan deel. Elke episode bied die kans om te leer hoe onderwys nie net die verantwoordelikheid van skole is nie, maar iets wat die hele gemeenskap betrek. Mercia Eksteen, die aanbieder, lei hierdie inspirerende gesprekke, wat daarop gemik is om mense aan te moedig om hul rol in die onderwys en gemeenskapsontwikkeling te erken. Die program ondersoek hoe onderwys die grondslag lê vir 'n beter samelewing en hoe elke individu ‘n verskil kan maak. Of jy ‘n onderwyser, leerling, ouer, of gemeenskapsleier is, Kopskuif bied praktiese insigte en waardevolle besprekings oor hoe ons die onderwyslandskap kan verbeter en transformeer. Met die steun van die ATKV, wat die belangrikheid van samewerking in onderwys beklemtoon, is Kopskuif ‘n program wat die deure oopmaak vir gesamentlike aksie en positiewe verandering in die onderwysstelsel. Sluit aan by ons op Radio Kaapse Kansel elke Saterdag van 16:00 tot 17:00 en raak betrokke in die gesprekke wat die toekoms van onderwys vorm. Volg ons vir inspirerende gesprekke oor onderwys, leer, en gemeenskapsontwikkeling wat jou sal aanmoedig om aktief by te dra tot 'n beter onderwysomgewing. Luister na Kopskuif – Jou gids na ‘n sterker, meer inklusiewe onderwyslandskap!

Unlock KOPSKUIF podcast Email contact info,
Listeners & Audience details

Email contact information

Direct podcast contact details

Listeners

Audience numbers & engagement insights

Audience details

Podcast Insights

Podcast episodes

Check latest episodes from KOPSKUIF podcast


Johny Klein, bekende stemkunstenaar en akteur, gesels oor hoe lief hy daarvoor is om voor die kameras te wees, op die ve
2026/10/31
Skakel op 31 Oktober in op Kopskuif en kom luister hoe die bekende stemkunstenaar en akteur, Johny Klein, gesels oor hoe lief hy daarvoor is om voor die kameras te wees, op die verhoog te speel en agter die mikrofoon in te skuif. Johny vertel van sy grootwordjare in Groblershoop in die Noord-Kaap, sy eerste keer op die verhoog en die rolmodelle wat ’n verskil in sy lewe gemaak het. Hierdie kuier saam met Johny inspireer, gee hoop en nooi jou uit om stil te word in oomblikke van dankbaarheid.
Jaco Spies, ATKV-streeksbestuurder van die Suid-Kaap gesels oor hoe ATKV-taklede elke dag die hande, voete, oë, ore én g
2026/10/24
Op 24 Oktober gesels Jaco Spies, ATKV-streeksbestuurder van die Suid-Kaap, op Kopskuif. Jaco gesels oor hoe ATKV-taklede elke dag die hande, voete, oë, ore én gesig van die ATKV in hul gemeenskappe is. Hy vertel ook meer oor die ongelooflike werk wat die ATKV verrig op gebiede soos leesbevordering, taal, die kunste, onderwys, omgewingsbewustheid en sosiaal-maatskaplike ontwikkeling.
Ilne Fourie, bekroonde skrywer, aktrise en stemkunstenaar, gesels oor haar lewe, werk en kreatiewe reis.
2026/10/17
Mercia Eskteen gesels met Ilne Fourie, bekroonde skrywer, aktrise en stemkunstenaar, oor haar lewe, werk en kreatiewe reis.
Sylvester Smith, projekorganiseerder van ATKV-Postmatriek, gesels oor die ontwikkeling van leierskap en loopbaanrigting.
2026/10/10
Sylvester Smith, projekorganiseerder van ATKV-Postmatriek, gesels op 3 Oktober op Kopskuif. Hy beskryf die 10-maande-oorbruggingsprogram as ’n onvergeetlike voorbereidingsjaar wat nie net studente help om hul leierskappotensiaal te ontdek nie, maar hulle ook toerus met die insig en vermoë om verantwoordelike en ingeligte besluite rondom hul toekoms en loopbaanrigting te neem.
Miché van Wyk, aktrise, digter, skrywer en kabaretkunstenaar, gesels oor haar loopbaan, haar komvandaan en haar roeping.
2026/10/03
Miché van Wyk, aktrise, digter, skrywer en kabaretkunstenaar, gesels op 19 September op Kopskuif. Skakel in en kom luister hoe Miché gesels oor haar loopbaan, haar komvandaan en haar roeping.
Xander Venter, bekende akteur gesels oor sy lewe, sy liefde vir toneel en sy rol as mede-aanbieder in Gekies vir die Kol
2026/09/26
Xander Venter, bekende akteur, gesels op 26 September op Kopskuif. Hy het deur sy skoolloopbaan in verskeie verhoogproduksies verskyn en veral in ATKV-Tienertoneel uitgeblink. Kom luister hoe hy gesels oor die lewensfase waarin hy homself bevind en die rol wat toneel kan speel om mense se lewens en perspektiewe te verander. Verder gesels hy oor sy rol as mede-aanbieder van die sesde seisoen van ‘Gekies vir die Kollig’ wat vanaf 6 Oktober op die kassie is.
Franceska Groenewald, voorsitter van die ATKV-tak Overberg, vertel hoe hierdie ATKV-tak 'n verskil in hulle gemeenskap m
2026/09/12
Franceska Groenewald, voorsitter van die ATKV-tak Overberg, gesels op 12 September op Kopskuif. Skakel in en kom luister hoe hierdie ATKV-tak 'n verskil in hulle gemeenskap maak.
Reinette Lombar, medeskrywer van die gewilde “Tippie”-reeks gesels oor hierdie bekende olifant kinders aan die lees kry.
2026/09/05
Reinette Lombard, medeskrywer van die gewilde ‘Tippie’-reeks, gesels op 5 September op Kopskuif. Skakel in ek kom luister hoe Reinette gesels oor hoe hierdie bekende olifant kinders aan die lees kry. Tippie is deel van die ATKV se EkKanLees-projek wat ten doel het om leesgeletterdheid te bevorder. Jy wil nie hierdie aflewering misloop nie, want Reinette vertel ook van ’n baie opwindende projek ter viering van Wêreldgeletterdheidsdag.
Reinette Lombar, medeskrywer van die gewilde “Tippie”-reeks gesels oor hierdie bekende olifafant kinders aan die lees kr
2026/09/05
Reinette Lombard, medeskrywer van die gewilde ‘Tippie’-reeks, gesels op 5 September op Kopskuif. Skakel in ek kom luister hoe Reinette gesels oor hoe hierdie bekende olifant kinders aan die lees kry. Tippie is deel van die ATKV se EkKanLees-projek wat ten doel het om leesgeletterdheid te bevorder. Jy wil nie hierdie aflewering misloop nie, want Reinette vertel ook van ’n baie opwindende projek ter viering van Wêreldgeletterdheidsdag.
Aviwe Ngabom is ’n Suid-Afrikaanse akteur en seremoniemeester gesels oor sy dryfkrag, geleenthede en loopbaan.
2026/08/29
Op Saterdag 29 Augustus gesels Aviwe Ngabom op Kopskuif. Hierdie Suid-Afrikaanse akteur en seremoniemeester gesels oor sy dryfkrag, geleenthede en loopbaan. Verder deel bekende joernalis en skrywer, Elize Parker, 'n oomblik van refleksie.
Nina Strydom die algehele wenner van die ATKV-Redenaars 2025-kompetisie – ’n prestasie wat haar stem en talent op ’n nas
2026/08/22
Nina Strydom se pad na sukses is verweef met die ATKV. Sy was die algehele wenner van die ATKV-Redenaars 2025-kompetisie – ’n prestasie wat haar stem en talent op ’n nasionale verhoog geplaas het. Daarby was sy ’n finalis van ATKV-DigiToneel, waar sy haar kreatiewe vermoëns verder kon slyp en ’n verskyning in die ATKV se eie TV-realiteitsreeks, Gekies vir die Kollig, kon maak. Kom luister op 22 Augustus hoe Nina op Kopskuif gesels oor haar nuwe lewensfase, haar studies in bedryfsielkunde en die rol van Jessica in die nuwe kykNET-reeks Beter as Gister.
Shireen Louw, voorsitter van die ATKV-jeugtak Drome Jeug in Parow gesels oor die verskil wat die tak in die gemeenskap m
2026/08/15
“Waarin lê die kern van die lewe?” het die Griekse filosoof Aristoteles eenmaal gevra en sy eie vraag geantwoord met die woorde: “Om ander te dien en goed te doen.” Kom luister op 15 Augustus hoe Shireen Louw, voorsitter van die ATKV-jeugtak Drome Jeug in Parow gesels oor die verskil wat die tak in die gemeenskap maak.
Sybil Lee, hoof van biblioteekdienste in die Overberg en Theewaterkloof gesels oor die rol van biblioteke in die gemee
2026/08/01
Sybil Lee, hoof van biblioteekdienste in die Overberg en Theewaterkloof gesels op 1 Augustus op Kopskuif. Skakel in en kom luister hoe Sybil gesels oor die rol van biblioteke in die gemeenskap. Sy vertel ook oor die ATKV-EkkanLees-projek se bydraes tot leesbemagtiging
Kom luister hoe Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, en Chareldine van der Merwe, projekbestuurder
2026/07/25
Kom luister op 25 Julie op Kopskuif hoe Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, en Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans (VVA), gesels. As onderwyser, gemeenskapsleier en voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes verenig Brandon ’n paar liefdes: Afrikaans, opvoeding, kultuur, kuns en gemeenskap. Chareldine se liefde vir die ontwikkeling en bevordering van lees onder jong kinders ken geen perke nie. Sy deel meer oor die VVA se leesontwikkelingsprojekte, voorlesings aan kinders en die uitdeel van boektrommels
Angie Gallagher vertel van ‘Taalgenoot’, die ATKV se amptelike kultuurtydskrif, en RUK EN RYM, ’n kompetisie vir alterna
2026/07/18
Die ATKV bemagtig al dekades lank deelnemers en gemeenskappe om in hul toekoms te belê deur projekte wat taal, kultuur en gemeenskapsontwikkeling sigbaar maak. Op 18 Julie gesels Angie Gallagher op Kopskuif oor die wye verskeidenheid inisiatiewe wat uit die ATKV spruit. Sy vertel van ‘Taalgenoot’, die ATKV se amptelike kultuurtydskrif, en RUK EN RYM, ’n kompetisie vir alternatiewe klankskeppers wat musiek met Afrikaanse lirieke maak. Verder deel Angie hoe die ATKV duisende gemeenskappe bereik deur kultuurprojekte, kompetisies en ontwikkelingsprogramme wat taal bevorder, kreatiwiteit aanmoedig en gemeenskappe bemagtig.

Podcast reviews

Read KOPSKUIF podcast reviews


0 out of 5
0 reviews

Podcast sponsorship advertising

Start advertising on KOPSKUIF relevant audience podcasts


What do you want to promote?