1576397045
Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Advertise on podcast: Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

This podcast has
365 episodes
Language
English
Explicit
No
Date created
2021/07/13
Latest episode
2022/06/28
Average duration
4 min.
Release period
1 days

Description

Luister na daaglikse potgooie met geloofsnadenke deur die teoloog en leraar, dr. Ronell Bezuidenhout. Jy kan beslis verwag om uitgedaag te word. Ronell se fokus is om “hoop” deur haar boodskappe bring. Die bedoeling daarvan is om jou te inspireer om elke dag bruisend aan te pak. Die kort potgooie word elke oggend vroeg gelaai. Luister op jou selfoon of enige rekenaar: dalk saam met jou oggendkoffie, op pad skool of werk toe, of selfs as jy net rustig in die natuur wil asemskep. Ronell sê sy skryf nie "dagstukkies" nie; sy bied daaglikse toerusting wat jou uitdaag om die "vaste kos" van geloof te verteer. "Die lewe is vir niemand maklik nie, maar dit hoef ook nie te wees nie! Jy het altyd 'n keuse hoe jy die lewe benader.” Hierdie meditasies wil jou help met daardie daaglikse keuses. Ronell is een van die eerste vroue-predikante van die NG Kerk. Haar beroepsroete het haar via Port Elizabeth (1990-2003) en Johannesburg (2003-2018) tot na die kusdorpie, Groot-Brakrivier, gebring, waar sy nou by 'n Lutherse gemeente in Rondevleihoogte betrokke is. Sy is 'n gevestigde skrywer, wat oorwegend aandag gee aan die interpretasie van antieke geloofsgewoontes vir moderne, besige mense. Vele boeke het al uit haar pen gekom. Sy bedryf ‘n groeiende digitale bediening, reis landswyd as gasprediker, retraite-aanbieder en geleentheidspreker en as 'n geloofsbegeleier ondersteun sy selfs mense buite Suid-Afrika.

Unlock Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude podcast Email contact info,
Listeners & Audience details

Email contact information

Direct podcast contact details

Listeners

Audience numbers & engagement insights

Audience details

Podcast Insights

Podcast episodes

Check latest episodes from Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude podcast


Dag 29 van Meditasie-reeks #Brandpunt
2022/06/28
In “Spirit at Work” skryf Craig Keener, “Stel jouself voor jy besoek 'n dorp in die nag waar geen ligte skyn nie, geen televisies speel nie, of geen ander kragtoestelle werk nie.  (Klink bekend, nè…) Maar, stel jouself voor dat jy ontdek dat die dorp nie ‘n probleem met kragopwekking het nie.  Dit is bloot dat niemand in die dorp daaraan dink om hulle elektriese toebehore te gebruik nie.  Alles is beskikbaar, maar almal sit in die donker.  Jy sal net jou kop skud!  Soveel keer funksioneer die Kerk soos daardie dorp.  God het aan ons die kragtige werking van Sy Gees gegee, sodat ons ons roeping in die wêreld kan vervul, maar hoeveel van ons maak werklik van God se krag gebruik?”    Dit is waar, jy kan net daarvan gebruik maak as jy daarvan kennis dra.  Maar juis te meer – ons doen!  Dit is nie dat ons ons roeping moet volvoer vanuit ons eie krag nie!  Nee, soos Paulus herinner:  “Die krag van Christus kom juis tot volle werking wanneer ons swak is”  (2 Kor 12:9-10).   Maar luister net hoe getuig Paulus, “Ek sal dit nie waag om oor iets anders te praat as oor wat Christus deur my tot stand gebring het om heidennasies aan God gehoorsaam te maak nie. Dit het Hy deur my gedoen met woord en daad, deur kragtige tekens en wonders, in die krag van die Gees van God” (Rom 15:18-19). Daar is werklik geen beproewing of uitdaging te sterk om ons roeping as gelowiges uit te leef nie!  Soos Paulus ons herinner, “(Ons) is tot alles in staat deur Hom wat ons krag gee” (Fil 4:13).  En God, wat die “bron van hoop” is, sal jou met al die vreugde en vrede vul, deur jou geloof, “sodat jou hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees” (Rom 15:13). GEBED:  U is my bron van hoop!  Dankie dat U Gees my sterk en getrou maak. KUNS-INSPIRASIE: Christus in die woestyn, 1939 (Olie op Doek), deur Gustave Van de Woestijne.  Gustave was 'n Belgiese ekspressionistiese skilder. Hy behoort aan die sogenaamde "First Group of Latem", 'n groep kunstenaars wat in die landelike dorpie Sint-Martens-Latem aan die oewer van die Lys, naby Gent, gewerk het. Hy was die broer van die Vlaamse digter Karel Van de Woestijne. POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/ MUSIEK:   Op Dag 29 van #Brandpunt kyk ons na die liriek-video van Jesus Culture se lied “Holy Spirit”. Uit die liriek: I've tasted and seen Of the sweetest of Loves Where my heart becomes free And my shame is undone In Your Presence Lord Holy Spirit You are welcome here Come flood this place and fill the atmosphere Your Glory God is what our hearts long for To be overcome by Your Presence Lord https://youtu.be/qNwnOfZ5N8A
Hallo. Ek is Ronell Bezuidenhout.
2022/06/28
Hallo, ek is Ronell Bezuidenhout.  Ek het 'n digitale internetbediening en soms vra mense wat maak my skryfwerk uniek aan myself.  Of anders gevra, wat kan hulle verwag? • Ek bly weg van maklike antwoorde; die snykant van die lewe het my self al te diep getref om te weet maklike antwoorde help ons nie. • Ek is 'n opgeleide teoloog wat my lewe daaraan wy om verantwoordelik met die Bybel te probeer omgaan. Gelyktydig weet ek ook, selfs teoloë word deur die Heilige Gees verras; daar is altyd iets nuuts om te leer. • Ek skryf vir mense wat "dieper" wil nadink as net die oppervlakige.  My gehoor is self mense wat al bietjie deur die meule van die lewe gegaan het.  Ek skryf dus nie oor die metaforiese "vitamines-vir-die-siel" nie.  Dalk skryf ek maar vir myself, oor dit wat ek self meer van wil weet, of wat ek moet leer. Terloops, my internetbediening is gratis.  Dit word deur vrywillige donasies moontlik gemaak.      Lees meer oor hierdie maand se reeks en registreer by: https://ronellbezuidenhout.co.za/weeswys
Dag 28 van Meditasie-reeks #Brandpunt
2022/06/27
Daar is nog soveel om oor die Heilige Gees na te dink.  (Ons het nog nie eers oor die rol van die Heilige Gees in die Ou Testament gesels nie…)  Maar, laat ons steeds by Paulus stilstaan.  Aan die gemeente van Efese skryf Paulus:  “Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos” (Ef 1:14).  Soortgelyke woorde skryf Paulus ook in 2 Kor 1:21-22, ”God het ons vir Hom afgesonder, ons as sy eiendom beseël en die Heilige Gees in ons harte gegee as waarborg van wat ons nog sal ontvang.” Hierdie woorde oor die identiteit van die Heilige Gees as waarborg, laat my dink aan die liefdestaal in Hooglied 8:6, “Hou my teen jou soos die seëlring op jou bors, soos die seëlring aan jou arm. Die liefde is sterker as die dood… dit brand en vlam soos vuur.” Hierdie beskrywing van die Gees wat aan ons gegee is, is die liefdesverklaring van God wat Homself aan ons verbind met ‘n verloofring; wetend daar wag ‘n huwelik!   Nie goud nie, wel God se eie self wat as pand gegee word.  Net God kan verloor, sou God nie God se eie belofte gestand doen nie.  Om destyds ‘n deposito te betaal, het impliseer dat – as jy nie meer met die transaksie kon voortgaan nie – jy nie jou deposito kon terugeis nie.  Jou deposito was dus ‘n letterlike waarborg dat jy ernstig was oor jou transaksie. Presies dít is wie die Heilige Gees is:  die versekering dat jy die beloftes van God kan vertrou.  Nie net beloftes in hierdie lewe nie, maar ook in die lewe na die dood!  Jy het ‘n dubbele versekering:  Jesus en die Heilige Gees!  Daar is niks meer wat God kan gee as God self nie! GEBED:   Dankie dat U beloftes nie van my afhang nie, my God, maar van U self. KUNS-INSPIRASIE:  Hoofletter vir die “Lied van Salomo” die Winchester-katedraal.   Die inleidende  hoofletter tot die “Lied van Salomo” in 'n twaalfde-eeuse Latynse Bybel. Die Bybel is nou in die biblioteek van die Winchester-katedraal. POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/ MUSIEK:  Op Dag 28 van #Brandpunt kyk ons na ’n koor-uitvoering van “Set Me As A Seal Upon Your Heart” soos geskryf deur David Childs deur Deming High School Advanced Choir  en die  NMSU's University Singers.  Uit die liriek: Set me as a seal upon your heart, as a seal upon your arm. For love is as strong, for love is as strong as death, as strong as death. Many waters cannot quench love, neither can floods drown it. Many waters cannot quench love, floods cannot drown it. Waters cannot quench love, neither can the floods drown it. Set me as a seal upon your heart, as a seal upon your arm. For love, is as strong, for love is as strong as death. https://youtu.be/PcZbFShzs9M POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
Dag 27 van Meditasie-reeks #Brandpunt
2022/06/26
Sommige mense gaan “lig” deur die lewe.  Ander – soos ek – is regtig wroegend!  My hart skeur uit my binneste as ek die uiterse weerloosheid sien van hulle wat hulself nie kan beskerm nie.  (Onlangs weer was dit die beeld van ‘n huilende peuter, dwalend tussen die ruïnes in Afghanistan na die vernietigende aardbewing.)  Ek kan verstaan dat daar mense is wat juis in sulke tye uitroep, “Maar waar is julle sg. liefdevolle God nou?”  Het jy dan nie al self stom gestaan voor God en net jou hande uitgesteek in verdwaasdheid nie.  Sprakeloos!   In sulke tye herinner ek my altyd aan die woorde van Paulus in Rom 8: 26, “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.”  Dit is verskriklike sterk woorde wat Paulus gebruik:  dit is soos ‘n gekreun wat u-i-t-ge-s-u-g word; so kreun die Gees namens ons by die Vader.  Soos Jesus aan die kruis - “My Vader waarom het U My verlaat” - sodat ons nooit van God verlate moet wees nie; so sug die Gees namens elkeen wat nie meer kan vashou nie.  Asof die Gees sê, Ek sal namens jou vashou!   Dit verstom my altyd:  dat dit God sélf is wat met God sélf in gesprek tree, in woorde wat ons nie begryp nie.  Dit gee vir my ‘n ander perspektief op die Gees as ons Helper:  die Gees is werklik die Een wat die “vrag” namens ons dra!  Wanneer ons nie weet hóé nie, maar selfs wanneer ons nie eers meer wíl nie … dan, veral dan!   Dalk is ons mees hulpelose gebede juis die kragtigste.  Omdat ons dan dalk onthou hoe die Gees vir ons bid!    GEBED:  U is inderdaad ons Helper, Heilige Gees.  Dankie vir U versugting namens ons. KUNS-INSPIRASIE:  Enrico Pinardi (VSA), “Crucifixion with Thorns”, (2002). Olie op doek.  POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/ MUSIEK:  Op Dag 27 luister ons na die Psalm Project se verwerking van “My God, My God, why”, (Psalm 22). https://youtu.be/DGW7DKP1twE
Dag 26 van Meditasie-reeks #Brandpunt
2022/06/25
Ek hoor gereeld dat christene opgeroep word om hulle te laat doop met die Heilige Gees.  Is daar dan iets “addisioneel” wat christene later moet ontvang, nadat hulle tot bekering gekom het? Hierdie is ‘n vraag wat ‘n vriendin ook onlangs vra, nadat haar dogter op ‘n vrouekamp was, en die groepleier hulle met die Heilige Gees “gesalf” het.    Ek bevraagteken nooit iemand se goed-bedoeldheid wat beweer dat jy gedoop moet word met die Heilige Gees nie, maar ons moet mooi kyk na wat die Bybel ons leer.  Daar is geen teksgedeelte waar ons die opdrag ontvang om weer met die Heilige Gees gedoop te word nie.  As die Heilige Gees ‘n persoon is – soos ons bely – dan is ‘n persoon nie “bietjies-bietjies” teenwoordig nie.  Jy is of teenwoordig, of jy is nie.  Die Heilige Gees is reeds in jou wanneer jy tot bekering kom - ons glo mos “niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees” (1 Kor 12:3).  Geloof is ‘n genadegawe van God wat jy net deur die Heilige Gees kan ontvang.      Maar, ons kry wel ‘n opdrag, “laat die Gees julle vervul” (Ef 5:18).  Dalk is die vertaling in Gal 5:16 duideliker:  “Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word.”  Iemand het eenmaal gesê dat die Heilige Gees “die skugtere” van die Drie-Eenheid is.  Die Gees is teenwoordig, maar as jy die Gees se teenwoordigheid nie erken nie, of dit teenstaan, of jouself net gedeeltelik daaraan onderwerp, gaan die Gees jou nie “boelie” nie.  Dit is wel jy wat gaan uitmis!   In Teologie-taal kan ons dit so stel:  regverdigmaking is God se genade (dit is m.a.w. die doop met die Heilige Gees); heiligmaking is jou keuse (dit is dat die Gees jou lewe beheer).   GEBED:  Dankie dat ek U genadegeskenk nie hoef te herhaal nie, Here, laat ek my net daaraan oorgee.    KUNS-INSPIRASIE:  Drukwerk “Die afkoms van die Heilige Gees (Die Pinkster)” (1509–1511) uit Die Klein Passiereeks van die Duitse drukmaker Albrecht Dürer.  Houtsnee druk op papier. POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/ MUSIEK:  Op Dag 26 van #Brandpunt kyk ons na ’n video-opname van “Pass me not, O gentle Saviour” van William Doane verwerk deur Robert Bailey.   Die sopraan Syndy-Lee Peffer en pianis Ricardo McCarthy voer dit saam met die Nuwe Apostoliese Kerk Suid-Afrika se se stryk-ensemble uit.   Uit die liriek: Trusting only in Thy merit Would I seek Thy face Heal my wounded, broken spirit Save me by Thy grace Savior, Savior Hear my humble cry While on others Thou art calling Do not pass me by Thou the spring of all my comfort More than life to me Whom have I on earth beside Thee? Whom in Heav'n but Thee? https://youtu.be/RUSiTX1pdVw Interessant: William Doane (3 Februarie 1832 – 24 Desember 1915) was 'n vervaardiger, uitvinder, gesangskrywer, koorregisseur, kerkleier en filantroop. Hy het meer as 2 000 kerksange gekomponeer. Meer as sewentig patente word aan hom gekrediteer vir innovasies in houtwerkmasjinerie.
Dag 25 van Meditasie-reeks #Brandpunt
2022/06/24
God werk nie met ‘n “one size fits all” nie.  Die verskillende gawes wat aan verskillende gemeentes gegee word is ‘n goeie bewys hiervan.  Wanneer Paulus sy brief aan die gemeente van Korinte skryf, herinner hy hulle:  “God (het) julle in alles ryklik geseën, veral in die gawes van woord en kennis. Die boodskap van Christus is onder julle so goed gevestig dat dit julle nie aan 'n enkele genadegawe ontbreek nie” (1 Kor 1:4-7).  Dit geld vir ons elkeen se gemeente:  ons het alles ontvang wat ons nodig het!   Wanneer Paulus oor die gawes van die gemeente van Rome skryf, begin hy met hierdie woorde:  “Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is” (Rom 12:1).  Dit gaan dus nie oor jou en jou begeertes nie … dit gaan alles oor God.  God se denke moet jou denke word.     Paulus gee dan ‘n lys van sewe gawes: die gawe van profesie (m.a.w. om die regte pad aan te dui, en om nie te huiwer om krities oor verkeerd te wees nie),  diensbaarheid, onderrig, moed inpraat, vrygewigheid, leierskap, hulpvaardigheid (v6-8).   Hier leer ons iets van gawes wat belangrik is:  almal van ons het die verantwoordelikheid om take in die gemeente te verrig, maar nie almal van ons het die gawe om dit te doen nie.  Wat bedoel ek hiermee?  Dink so daaraan, almal van ons moet diensbaar wees – dit is ons verantwoordelikheid, maar vir sommige mense kom dit natuurlik – dit is hulle gawe; daarom kry hulle die taak om die ander te help om hulle verantwoordelikheid uit te leef.   God gebruik dus die gawes wat die Heilige Gees gee ter wille van die welsyn van almal in die gemeente!  So word die gemeente opgebou en kan ons doen “wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is” (Rom 12:2). Waar kan jy vandag iemand met jou gawes bedien?   GEBED:  Of dit my verantwoordelikheid is, Here, of my gawe; mag alles wat ek doen vir U aanneemlik wees. KUNS-INSPIRASIE: Foto van die loodglasroosvenster van die Sinodesaal van die Christ Church Katedraal in Dublin wat die sewe gawes van die Heilige Gees uitbeeld volgens Jesaja 11:2-3, d.w.s. wysheid (middel), sterkte (bo) en dan in kloksgewyse rigting: raad, begrip, vrees vir die Here, vroomheid en kennis. Die tekening deur John Hardman Powell (1827–1895) en die glaswerk  deur Hardman & Co. Die foto is  deur Andreas F. Borchert. POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/ MUSIEK: Op Dag 25 van #Brandpunt luister ons na “Ken Jy Die Heilige Gees” deur die sangpaar  Phillip & Ella van hulle album Gospel Duets.  https://youtu.be/bLWUme9jB1E
Dag 24 van Meditasie-reeks #Brandpunt
2022/06/23
In 1882 het ene A.J. Gordon in sy boek, “Ministry of Healing” geskryf, “Dit is nie vreemd nie dat wanneer die Kerk vergeet dat sy ‘n burgerskap in die hemel het en haar op aarde begin vestig in weelde en prag, dat sy ophou om die bonatuurlike gawes van die hemel te vertoon.”    Van die “bonatuurlike dade” wat Jesus gedoen het, sien ons dat Jesus ‘n passie gehad het om siek mense gesond te maak.  Lukas, die dokter-skrywer, vertel hoe mense van oral gekom het “om na Hom te luister en van hulle siektes genees te word. …  Al die mense het Hom probeer aanraak, omdat daar krag van Hom uitgegaan het en Hy almal gesond gemaak het” (Luk 6:17-19).  Een van die mooiste verse vir my is in Hand 3:6 waar Petrus vir die verlamde man sê, “Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!” Pyn en lyding bly een van die swaarste realiteite van ons menslike bestaan.  Hoeveel keer het jy nie al self op jou knieë gegaan en vir iemand se gesondheid (of jou eie) by die Here gaan pleit nie!  Tog, ten spyte van Paulus wat herinner dat die Heilige Gees die gawe van genesing uitdeel, is dit ook hy wat meermale sou bid dat God die “doring in sy vlees” moet verwyder.  Maar Paulus ontvang nie genesing nie; hy ontvang báíe meer – hy ontvang God se genade!  “My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is” (2 Kor 12:9).   A.J. Gordon sou sekerlik saamstem dat die grootste “bonatuurlike gawes van die hemele” juis hierdie is:  dat God sy genade en sy krag oorvloediglik uitstort aan hulle wat daarvoor vra.    GEBED:  Here, ek bid vandag vir mense wat U krag en genade en genesing nodig het! KUNS-INSPIRASIE:  Ikoon van Lukas deur 17de-eeuse onbekende Russiese skrywers.   Tans in die Duitse Museum Recklinghausen.  POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/ MUSIEK:  Op Dag 24 van #Brandpunt kan ons nie anders as om te kyk na die musiekvideo van die inspirerende Phil Wickham se lied “Battle Belongs” nie.  Uit die liriek:  And if You are for me Who can be against me (yeah) For Jesus there’s nothing Impossible for You When all I see are the ashes You see the beauty (thank You God) When all I see is a cross God You see the empty tomb So when I fight I’ll fight on my knees With my hands lifted high Oh God the battle belongs to You And every fear I lay at Your feet I’ll sing through the night Oh God the battle belongs to You https://youtu.be/qtvQNzPHn-w
Dag 23 van Meditasie-reeks #Brandpunt
2022/06/22
Is dit nie verstommend nie dat daar vandag nog onder soveel gelowiges ‘n “kompetisie” is oor wie nou eintlik “reg” glo.  Ek onthou van kindsdae hoe daar half neerhalend gesels was oor die sg. charismatiese gelowiges op die dorp.  Vandag leef ons weer in ‘n era waar daar meerderwaardig gesels word oor die sg. “sterwende” hoofstroomgemeentes.  Eers het sommige denominasies “te veel” van die Heilige Gees gemaak; vandag maak sekeres weer “te min”.  Eers was dit bykans ‘n skande as daar iemand in die familie was wat “groot gedoop” is;  vandag is dit vir baie onverstaanbaar dat daar nog ouers is wat hul baba’s wil doop.  Wanneer die groot herlewingstente destyds aan die buitekant van die dorp gestaan het, het baie mense kopskuddend gepraat oor al die vreemdhede wat daar gebeur.  Vandag sal baie mense weer daarop aandring dat jy sekere besondere gawes van die Heilige Gees moet hê as bewys van jou geloof. Wanneer ons oor die gawes van die Heilige Gees wil nadink, moet ons eerstens onthou, “Daar is 'n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee…. Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal” (1 Kor 12:4-7).  Niemand is oorgeslaan nie!  Maar niemand s’n is belangriker – of noodsaakliker - as ‘n ander s’n nie!   So het ek self nog nooit in tale gebid (of die begeerte daarna gehad) nie.  Maak dit van my ‘n minderwaardige gelowige?  Maar, durf ek neerhalend van iemand se gawe praat, net omdat ek dit nie begryp nie?  Ons roeping is om “te streef na dié (gawes) wat tot opbou van die gemeente dien, sodat almal daarin kan uitmunt” nie (1 Kor 14:12)?  En wat is daardie gawe?  Natuurlik – die gawe van liefde!   Op watter wyse is jou geloofsgawe tot diens van die gemeente sodat broers en susters daarby kan baat?   GEBED:  Weerhou my daarvan, Heilige Gees, om die liggaam van Christus se opbou deur my eie voorkeure te beperk.   KUNS-INSPIRASIE:  Gerolamo Muziano (1528-1592), Die uitstorting van die Heilige Gees, Apostoliese Paleis, Kamer van Huldeblyke, Vatikaanse Museum.  POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com MUSIEK:  Op Dag 23 van #Brandpunt kyk ons na die liriekvideo van Chris Tomlin se lied “Gifts From God” saam met  Chris Lane.  Uit die liriek: Back when I was a kid I thought gifts from God only came from church But the more that I love, the more I learn, it’s not always the way it works Sometimes you don’t see it till your looking back When ya didn’t get what ya thought ya had to have Cus He had a bigger plan than the one you had Yours didn’t work out and aren’t you glad https://youtu.be/cfLGfuINnG4
Ronell gesels oor nuwe reeks: #WeesWys
2022/06/22
Die Bybel is ‘n biblioteek van 66 boeke.  En, net soos die boeke in ‘n biblioteek volgens kategorieë ingedeel word (bv. fiksie; biografieë; ekonomie; kookboeke, ensovoorts), so is die Bybelboeke ook in kategorieë ingedeel.  In die Ou Testament kry jy byvoorbeeld die Klein en die Groot Profete - in die Nuwe Testament kry jy weer al die briewe van Paulus saam gegroepeer.  Onder andere is daar is daar ook ‘n indeling wat ons noem:  “Wysheidsliteratuur.”  Dit is juis waaroor ons volgende reeks gaan.  Ek noem dit sommer:  “Wees Wys!” Bybelse wysheid sou ons seker bloot kon definieer as om die lewe vanuit God se perspektief te bekyk.  Job 12:13 leer, “By God is wysheid en krag, by Hom is raad en insig.”  Wysheid is nie net sekere mense beskore nie!  Jakobus in sy brief herinner,  “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.”    Jy kan nie ‘n groter geskenk vir jou eie leefwêreld bied as wysheid nie!  Jy het gelukkig ‘n boek wat jou daarvoor kan toerus:  die Bybel is vol verhale van wyse mense met baie wyse raad om te volg.  Word wys … leef wys… WEES WYS!  Dit is ons Juliemaand-tema.   Ek nooi jou uit om die daaglikse meditasie-boodskap op Facebook, Instagram en op ons webwerf te lees en op potgooi daarna te luister.  Jy kan ook dit daagliks per WhatsApp ontvang, maar ingevolge die nuwe Popi-wetgewing moet jy self daarvoor inteken op die skakel onder.  (Behalwe as jy reeds deel van ons daaglikse WhatsApp groep is).  Hierdie boodskapreeks werk op ‘n vrywillige donasie basis. Bydraes word wel opreg waardeer.  Ek is dankbaar vir die gawe van woorde en tegnologie om steeds in God se koninkryk te kan werk. Jou bydrae maak dit moontlik .  Jy kan daarop staatmaak dat die boodskappe altyd op dieselfde tyd, via whatsapp, uitgestuur word.   Jy kan kies tussen 21:00 of 06:30 vir jou dagstukkie se lewering.  Ons deel ook ekstra inligting, video's en selfs musiek op Facebook en Instagram en die webwerf.  Klik en lees meer:    https://ronellbezuidenhout.co.za/weeswys
Dag 22 van Meditasie-reeks #Brandpunt
2022/06/21
Natuurlik kan ons nie in 30 dae klaar gesels oor die werk van die Heilige Gees nie.  Wat ons herhááldelik moet sê, is dat die Heilige Gees net één doel het, naamlik om die werk van Jesus voort sit:  “Hy sal julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het” (Joh 15:26-27). Die Gees sal niks sê wat Jesus se boodskap weerspreek nie: “Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid … sal Hy oor My getuig. En julle moet getuig …” (Joh 14:33). Som ‘n mens die rede vir Jesus se menswees op, dan is Johannes ook duidelik daaroor:  “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het” (Joh 3:16).  Jesus is die genadige liefdeshand wat God na mense uitsteek.  Op die vooraand van Jesus se dood wys Jesus hoe God se liefde lyk:  Hy was die dissipels se voete.  Blaai gerus deur Jesus se laaste preek (Joh 14-16) dan lees jy hoe Jesus  – herhalend – die liefdesopdrag beklemtoon.  “Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.  Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê” (Joh 15:12-13).  En in elke hoofstuk herhaal Jesus dat die Heilige Gees ons sal help.  Som dit eenvoudig so op:  die werk van die Heilige Gees is om ons te leer en te help om lief te hê!  Die manier hoe die wêreld Jesus sal leer ken, is op die wyse hoe ons sal liefhê:  op die Jesusmanier!  Die gawes wat die Heilige Gees uitdeel (waarna ons in die volgende dae sal kyk) is om ons te help om lief te hê.  Die vrug van die Gees is om liefde sigbaar te maak.   GEBED:  Jesus, U is God se liefdesboodskap waaraan die Gees ons herinner.  Gebruik ons om U liefdesboodskap voort te sit. KUNS-INSPIRASIE:  Giovanni Agostino da Lodi se skildery “Christus was die voete van die Apostels” (1500) deur Gallerie dell'Accademia, Venesië. POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com MUSIEK : Op Dag 22 van #Brandpunt kyk ons na die pasvrygestelde musiekvideo “Trinity Street” van die eklektiese, bekroonde wêreld- en Nederlands gebasseerde popgroep Trinity.   Met ‘n behoefte om nuwe materiaal ná die pandemie te skryf, het die Trinity-broers Johan (akoestiese kitare), Elbert (hoofstem, fluite, saksofoon) en Niek Smelt (Ttomme, perkussie) saam met hul jarelange vriend Bert Bos (bas) na Ierland getoer. Dis die plek waar hul liefde vir volksmusiek en Keltiese spiritualiteit begin het.  Daar is altyds 'n Ierse draai in hul klank en lirieke. "Trinitystraat koester die verlede terwyl ons terselfdertyd vorentoe beweeg na 'n toekoms," skryf Elbert voort. “Met 'n kinderlike vertroue en opregte wonder soek ons God in vriend en vreemdeling.” https://youtu.be/fve8Btsvywk
Dag 21 van Meditasie-reeks #Brandpunt
2022/06/20
In die Nuwe Testament lees ons etlike kere van hierdie “trio”:  geloof, hoop en liefde.  “En die grootste hiervan is die liefde!” (aldus 1 Kor 13:13).  Paulus ook aan ‘n ander gemeente, die keer in Tessalonika:  “Sonder ophou bring ons voor God ons Vader in herinnering die werk van julle geloof, die inspanning van julle liefde en die volharding van julle hoop op ons Here Jesus Christus” (1 Tess 1:3).  Later herinner hy hulle,“ons moet geloof en liefde as borsharnas dra en die hoop op verlossing as helm” (1 Tess 5:7). Augustinus het so 300 jaar later gesê, “Daar is geen liefde sonder hoop nie, geen hoop sonder liefde nie, en geen liefde of hoop sonder geloof nie.”   Die drie is so inmekaar gevleg soos ‘n elektriese koord.  Trek jy een van die drade los, is die ganse koord nutteloos.  Etlike eeue later skryf ‘n ander teoloog, Richard Rohr, “Liefde is die bron en doelwit, geloof is die stadige proses om daar te kom, en hoop is die gewilligheid om vorentoe te beweeg (selfs al kan jy niks sien nie).”  Blykbaar skiet die skaapwagtersboom in die Kalahari die diepste wortels van alle bome – tot 70 meter diep! Die wortels sal aanhou groei totdat hulle uiteindelik water kry.  So werk geloof wat in Jesus Christus gewortel is (aldus Kol 2:6).  Job 14:7 beskryf hoop as die takke van ‘n boom wat altyd weer sal uitspruit, al word hy afgekap.  Maar sonder liefde – die “alles” wat ‘n boom nodig het om ‘n boom te wees – daarsonder kan nie boom, of mens, nie!  Dit is liefde, ingevleg met geloof en hoop wat ons maak soos bome, “wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie” (Psalm 1:3). Groei vandag!  God se liefde waarborg dit.  GEBED:  Dankie dat U liefde my geloof en hoop in U versterk!    KUNS-INSPIRASIE:  Foto van die Skaapwagtersboom (Boscia albitrunca) op “Witgat / Shepherd's tree (Boscia albitrunca)”- openbare groep op Facebook.     POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/ MUSIEK: Op Dag 21 van #Brandpunt luister ons na die groep Poor Bishop Hooper se “Psalm 1”. Uit die liriek: oh the joy, the joy, the joy of those who delight in the law of the lord oh the joy, the joy, the joy of those who meditate day and night in the law of the lord let all my delight be only in your sweet and right instruction like trees along the river with leaves that never wither everything they do will prosper in you Poor Bishop Hooper is  die egpaar Jesse and Leah Roberts.   Albei kom uit klein dorpies in sentraal Kansas, het hulle begin skryf, opneem en saam optree na hul huwelik in 2013. ”Ons mees onlangse projek is ons mees ambisieuse nog. EVERYPsalm het op 1 Januarie 2020 begin en ons stel elke week 'n psalm-gebaseerde liedjie vry... totdat al die Psalms weer gesing word." https://youtu.be/FVy6M1gWNmo
Dag 20 van Meditasie-reeks #Brandpunt
2022/06/19
Iemand het eenmaal gesê, “Tyd alleen saam met God is nooit tyd alleen nie.”  Ek het dit onlangs ervaar.  Erens het ek die GPS se leiding verkeerd gehoor, en voila, daar land ek op ‘n grondpad – reg deur die Karoo (of so het dit gevoel!)  Aanvanklik was ek doodsbenoud, en skielik het die woorde van Paulus by my opgekom:  “God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.” Ek het ‘n keuse gehad:  óf ek bly angstig, óf ek gee myself aan die ervaring oor, ontspan en geniet die omgewing.  Elke kilometer raak ‘n loflied!   Die woorde word my “mantra”:  wonderbaarlike rykdom… wonderbaarlike rykdom… Daardie aand het ek die teks gaan opsoek:  “Dit gaan nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julle self ryker. … Julle gawe is voor God 'n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus. Aan ons God en Vader behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen” (Fil 4:17-20).   Jesus Christus is God se “wonderbaarlike rykdom”:  Immers sal God self, “in die tye wat kom (vir die wêreld) laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het” (Ef 2:7).  Soos Christus God se wonderbaarlike rykdom” aan ons is, so is die Heilige Gees weer Christus se “wonderbaarlike rykdom” aan ons (aldus Hand 14:26).  Die Heilige Gees gee weer aan ons die grootste gawe van alles:  liefde (aldus 1 Kor 13:13); en dan nog boonop hoop en geloof ook!  Wonderbaarlike rykdom, inderdaad.  Jy het geen groter gawe om die wêreld te bied nie as liefde – só bied jy God self aan die wêreld.  Dit is ‘n offer met lieflike geur, vir God aanneemlik en welgevallig. GEBED:  Mag my offers van liefde vir U welgevallig wees, my Here en my God! KUNS-INSPIRASIE:  Pierneef se skildery “Karoo” 1932. Tans in die Rupert Museum. Foto van die Erfnisstigting Stellenbosch. "... 'n voorbeeld van 'n landskap vry van mense en oorheers deur 'n uitspansel van die lug met 'n heldhaftige stapel wolke, of 'n berg-silhoeët wat twee-derdes van die ruimte neem - 'n toneel dikwels na verwys as 'Pierneef-gebied'." POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/ MUSIEK: Op Dag 20 van #Brandpunt kyk ons na die musiekvideo van “There Is A Place” deur Nathaniel Bassey.  Nathaniel Bassey is 'n bekende Nigeriese sanger, pastoor, trompetspeler en gospelliedjieskrywer wat in Lagos woon. Uit die liriek:  There is a place (there is a place) That I love to dwell (that I love to dwell) It's the presence of my Father All the host of heaven gather Worshiping, bowing down before Him Let the trumpet sound https://youtu.be/lWGx7EL_rsQ POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Brandpunt-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

Podcast reviews

Read Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude podcast reviews


0 out of 5
0 reviews

Podcast sponsorship advertising

Start advertising on Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude relevant audience podcasts


What do you want to promote?