1584497432
Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas

Advertise on podcast: Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas

This podcast has
649 episodes
Language
English
Explicit
No
Date created
2021/09/04
Latest episode
2026/11/01
Average duration
36 min.
Release period
8 days

Description

Tygerberg Gesinskerk se preke is prakties en relevant. Dit word weekliks opgedateer en kan gerus afgelaai of gedeel word. Besoek ons ook op YouTube om die preke te kyk.

Unlock Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas podcast Email contact info,
Listeners & Audience details

Email contact information

Direct podcast contact details

Listeners

Audience numbers & engagement insights

Audience details

Podcast Insights

Podcast episodes

Check latest episodes from Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas podcast


Hoe gesond is jy regtig? | 7 Uitputbare Bronne – Deel 4
2026/11/01
Hoe gaan dit regtig met jou—na liggaam, siel en gees? Gesondheid is ’n uitputbare bron wat ons maklik as vanselfsprekend aanvaar. In hierdie episode van 7 Uitputbare Bronne kyk ons na drie areas van ons gesondheid: ons liggaam, ons gedagtes en emosies, en ons verhouding met die Here. Ons gesels oor die verantwoordelikheid om ons liggaam te versorg, die bekommernisse en laste wat ons saamdra, en wat dit beteken om vir Jesus die laaste sê in elke deel van ons lewe te gee. Jesus nooi dié wat moeg en oorlaai is om by Hom rus te vind. Watter bagasie moet jy vandag neerlê? Skrifgedeelte: 1 Tessalonisense 5:16–24Reeks: 7 Uitputbare Bronne | Deel 4 van 10Tema: Gesondheid – Wees gesond, van binne na buite
Wat doen jy met jou talente? | 7 Uitputbare Bronne – Bron 2
2026/10/25
Bêre jy jou talente vir “eendag”? Maar wat as daardie dag nooit kom nie? In hierdie tweede boodskap van ons reeks, 7 Uitputbare Bronne, ontdek ons uit Lukas 19:11–27 hoe ons getrou kan omgaan met dit wat God aan ons toevertrou het. Jou talente, vaardighede en gawes bied geleenthede om ander te dien en Jesus se liefde sigbaar te maak—in die gemeente, by jou werk en in jou alledaagse lewe. Moenie wag vir die perfekte geleentheid nie. Begin met wat jy het, waar jy is, totdat Hy terugkom. Skriflesing: Lukas 19:11–27
Wat maak jy met die tyd wat jy het? | 7 Uitputbare Bronne – Bron 1
2026/10/18
Tyd is ’n geskenk van God—maar ons het nie ’n onbeperkte voorraad daarvan nie. Hoe gebruik ons die tyd wat aan ons toevertrou is? In hierdie boodskap besin ons oor ons beperkte tyd op aarde en hoe ons dit met wysheid kan benut. Vanuit Prediker 3 en Efesiërs 5 ontdek ons hoe om met toewyding aan die Here te leef en ons tyd te belê in dit wat ewigheidswaarde het. Dit gaan nie net oor hoe lank ons leef nie, maar oor wat ons met ons lewe doen. 📖 Prediker 3:1–4, 11 | Psalm 90:10 | Efesiërs 5:16–17 🎙️ Tygerberg Gesinskerk
Mors jy jou lewe sonder om dit te besef? | 7 Uitputbare bronne – Deel 1
2026/10/11
Jy kry net een lewe. Wat doen jy met dit wat God aan jou toevertrou het?Ons sien maklik wanneer water of geld vermors word. Maar besef ons wanneer ons ons eie lewe mors?In die eerste deel van ons reeks “Moenie jou lewe mors nie” kyk ons na Jesus se gelykenis van die talente in Matteus 25. Nie almal ontvang ewe veel nie, maar elkeen ontvang iets—en wat ons daarmee doen, maak saak.Jou tyd, talente en gawes, gesondheid, geld, geleerdheid, geleenthede en verhoudings is kosbaar én uitputbaar. Gebruik jy dit om jou eie koninkryk te bou, of om God se koninkryk uit te bou?Hierdie boodskap nooi jou om opnuut te vra: “Here, wat wil U hê moet ek doen met wat U vir my gegee het?”-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS 0:00 Intro12:06 Punt 2: Nie almal het eweveel ontvang nie | DIE OENSKYNLIKE AGTERSTAND17:34 Punt 3: Almal van ons moet werk met wat ons gekry het | DIE SON TREK WATER20:51 Punt 1: Dit behoort nie aan my nie, en ek behoort nie aan myself nie |DIE GROTER PRENTJIE25:53 Punt 4: Daar kom ‘n dag van beloning | ELKEEN WAT SAAI SAL OES!-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kyk saam en deel die boodskap met iemand wat dit nodig het. Teken in op ons kanaal om die res van die reeks te volg.Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:[email protected] 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za#MoenieJouLeweMorsNie #TygerbergGesinskerk #AfrikaansePreek
Waarom is God jaloers? | El Kana | Die Name van God - Deel 10
2026/10/04
Wat beteken dit wanneer die Bybel sê God is ’n jaloerse God?In die afsluiting van ons reeks “Die Name van God” leer ons God ken as El Kana. Sy jaloesie is geanker in sy liefde vir ons en die kosbaarheid van ons verhouding met Hom.Ons ontdek wat dit beteken dat God:-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS 0:00 Intro04:46 God is JALOERS oor my as Sy bruid15:13 God is BESITLIK oor ons as Sy eiendom / slaaf24:37 God wil my nie deel nie Hy vereis my ONVERDEELDE TROU-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hierdie boodskap nooi jou om jou oë op Jesus te vestig, sonde te laat staan en elke dag te kies om Hom te volg. Selfs wanneer ons ontrou was, bly Hy getrou en nooi Hy ons om terug te kom na Hom.Hy het alles vir jou gegee. Sal jy jou alles vir Hom gee?Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:[email protected] 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za
El Elyon – God die Allerhoogste | Name van God – Deel 9
2026/09/27
Hoe verander jou lewe wanneer jy werklik glo dat God die Allerhoogste is?In hierdie boodskap kyk ons na El Elyon – God die Allerhoogste. Ons sien deur Abraham en Dawid se stories dat God bo elke mag, elke storm en elke omstandigheid staan.Wanneer ons verstaan wie El Elyon is, verander ons perspektief:• Ons besef dat alles aan God behoort en dat ons rentmeesters is van dit wat Hy aan ons toevertrou.• Ons ontdek dat Hy ons toevlug is, selfs wanneer ons omstandighede nie onmiddellik verander nie.• Ons leer om nie net op die grootte van ons probleme te fokus nie, maar op die God wat groter is as dit wat voor ons staan.Dawid se omstandighede in die grot het nie onmiddellik verander nie — maar sy perspektief het. Hy het geweet waarheen om te hardloop: na God, die Allerhoogste, sy toevlug en veilige vesting.Mag hierdie boodskap jou herinner dat jy nie altyd ’n kleiner probleem nodig het nie — soms het jy ’n groter perspektief op God nodig.-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS 0:00 Intro09:58 El Elyon besit alles – daarom is ek ‘n rentmeester, nie die eienaar nie!21:06 El Elyon is my toevlug – daarom vertrou ek! 30:31 El Elyon is Koning – daarom aanbid ek hom!-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:[email protected] 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za
Die Ewige God | God is nooit te laat nie
2026/09/20
Ons lewe binne tyd. Ons raak moeg, ons omstandighede verander en soms voel dit asof God te laat is. Maar God is ewig — Hy verander nie, Hy raak nie uitgeput nie en Hy verloor nooit beheer nie. In hierdie preek ontdek ons wat dit beteken om God as die Ewige God te ken. Ons kyk na Sy onveranderlike karakter, Sy oneindige krag en die waarheid dat Hy steeds aan die werk is, selfs wanneer ons geen uitweg kan sien nie. Deur onder andere die verhaal van Lasarus word ons herinner: wat vir ons hopeloos lyk, is nie hopeloos vir God nie. Mag hierdie boodskap jou help om opnuut te rus in wie God is, Hom te vertrou met dit wat jou moedeloos maak, en met verwondering na Sy grootheid te kyk. -----------------------------------------------------------------------------------------------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:[email protected] 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za
El Roi – Die God wat jou sien | Name van God – Deel 7
2026/09/13
Het jy al ooit gevoel asof niemand jou werklik raaksien nie? Asof jy tussen mense staan, maar steeds alleen voel?In Deel 7 van ons Name van God-reeks ontdek ons El Roi – die God wat my sien.Deur Hagar se verhaal in Genesis 16 en 21 sien ons hoe God haar in die middel van haar woestyn ontmoet. Waar ander haar miskyk, ken God haar naam. Hy sien haar nood, Hy hoor haar uitroep en Hy tree in.Hierdie boodskap herinner ons dat God ons sien wanneer niemand anders ons raaksien nie – selfs wanneer ons onsself in moeilike omstandighede bevind. Sy genade is groter as die gemors waarin ons soms sit, en Hy sien dikwels dit wat ons self nog nie kan sien nie.Deur Hagar se woestynreis ontdek ons vier kragtige waarhede oor hoe God ons werklik raaksien:-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS0:00 Intro12:46 El Roi sien ons wanneer niemand anders ons raaksien nie21:02 El Roi sien ons binne die gemors wat foute veroorsaak het 28:54 El Roi is nie ‘n toeskouer nie – Hy’s ‘n doener33:54 El Roi word mens in Jesus Christus-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:[email protected] 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za#ElRoi #NameVanGod #GodSienJou #Preek #TygerbergGesinskerk #Genesis #Geloof
El Shaddai: God die Almagtige | Niks is vir God onmoontlik nie | Die Name van God – Deel 6
2026/09/06
Wat is die een ding waarmee jy steeds worstel—angs, vrees, twyfel, onsekerheid of iets wat jou vasgevang laat voel?Om ’n kind van God te wees, beteken nie dat ons nooit sukkel nie. Ons hoef egter nie ons stryd weg te steek of alleen te dra nie. Ons dien El Shaddai—God die Almagtige. Wat vir mense onmoontlik lyk, is vir God moontlik.In hierdie boodskap ontdek ons:• Niks is vir God onmoontlik nie• God kan bonatuurlik vermeerder• Niemand kan God se seën keer nie• Ons kan Hom vertrou wanneer ons dit nie self kan regkry nie• Ware oorwinning word in Christus gevindWat jy ook al vandag in die oop spasie van jou lewe moet invul, onthou: jou God is almagtig. Hy kan jou help—en Hy wil jou help.-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS0:00 Intro11:02 Hy is die God wat die onmoontlike doen15:23 Hy is die God wat bo-natuurlik eskaleer23:15 Hy is die God wie se seën nie gekeer kan word nie32:45 Hy is die God wat sy kinders beskerm-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:[email protected] 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.zaAs hierdie boodskap jou bemoedig het, deel dit met iemand wat dit vandag nodig het. Teken ook in op ons kanaal vir meer boodskappe en eredienste.#ElShaddai #GodDieAlmagtige #NiksIsOnmoontlikNie #Geloof #ChristelikeBoodskap #TygerbergGesinskerk
Adonai: Wanneer God Mý Here Word | Die Name van God – Deel 4
2026/08/30
Adonai beteken “my Here”—maar wat beteken dit werklik om aan God te behoort en Hom as Here van jou lewe te vertrou?In hierdie boodskap kyk ons na mense soos Abraham, Moses, Dawid en Jesaja en ontdek ons hoe hulle Adonai ontmoet het: aan die einde van hulself, te midde van onsekerheid, oorweldig deur God se goedheid en gereed om te sê: “Hier is ek, stuur my.”Die krag lê nie bloot in die gebruik van God se Naam nie, maar in ’n ware verhouding met die Persoon agter die Naam. Of jy voel dat jou probleem te groot is, dat jy nie goed genoeg is nie, of dat jy reeds te veel foute gemaak het—Adonai bly jou Here.Mag hierdie boodskap jou help om God nie net beter te verstaan nie, maar Hom dieper te leer ken, volkome te vertrou en jou lewe opnuut aan Hom oor te gee.-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS0:00 Intro11:37 Abraham – Wanneer ek op die einde van myself is15:44 Moses – Wanneer al wat ek het onvermoë is21:46 Dawid – Wanneer ek oorweldig is met wie God is 30:45 Jesaja – Wanneer God my roep-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------#Adonai #DieNameVanGod #MyHere #Jesus #Preek #Geloof #TygerbergGesinskerk
4 Name van JAHWE en Wat Dit Beteken | Deel 3
2026/08/16
Wat openbaar die verskillende name van JAHWE oor wie God is en wat Hy vir ons doen?In hierdie derde deel van die reeks, Die Name van God, kyk Johan Delport na vier besondere name van JAHWE:--------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS0:00 Intro08:09 Jahwe Tsidkenu – Die Here is ons Geregtigheid16:20 Jahwe Shammah – Die Here is daar22:30 Jahwe Raah – Die Here is my Herder25:43 Jahwe Nissi – Die Here is my Banier en Oorwinning--------------------------------------------------------------------Hierdie name herinner ons dat die Here regmaak wat gebroke is, altyd teenwoordig is, ons versorg en aan ons die oorwinning gee deur Jesus Christus.Teks: Psalm 99Prediker: Johan DelportGemeente: Tygerberg GesinskerkReeks: Die Name van God – Deel 3“Verheerlik die Here, ons God, buig in aanbidding voor sy heilige berg, want heilig is die Here, ons God.” – Psalm 99:9--------------------------------------------------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:[email protected] 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za#DieNameVanGod #JAHWE #JohanDelport #TygerbergGesinskerk
Wanneer Jy Vrede, Voorsiening of Genesing Nodig Het | Jahwe - Deel 2
2026/08/09
Wie is Jahwe, en wat beteken dié Naam van God vir jou lewe vandag?In hierdie verkorte boodskap ontdek ons Jahwe as die God wat heers, vrede bring, voorsien en genees. Ons kyk na vier betekenisvolle Name waardeur God Homself aan ons openbaar:------------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS0:00 Intro13:41 Jahwe-Sabaot – die Here wat oor alle magte heers19:12 Jahwe-Shalom – die Here wat vrede gee24:21 Jahwe-Jireh – die Here wat voorsien30:06 Jahwe-Rapha – die Here wat genees en herstel------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat jy ook al vandag in die gesig staar, God se Naam herinner jou aan wie Hy is—en dat jy Hom kan vertrou.Hierdie boodskap vorm deel van ons reeks: Die Name van God.Teken in op ons kanaal vir meer preke en geloofsbemoediging, en deel gerus hierdie boodskap met iemand wat dit vandag nodig het.#Jahwe #DieNameVanGod #AfrikaansePreek #Geloof #TygerbergGesinskerk
God se Eerste Naam in die Bybel Beteken Méér as Wat Jy Dink | Elohim - Deel 1
2026/08/04
Wat beteken die Naam Elohim—die heel eerste Naam wat in die Bybel vir God gebruik word?In hierdie boodskap ontdek ons wat Elohim oor God se karakter openbaar: Hy is die Drie-Enige God, die enigste ware God, die Skepper van alles en ’n God wat ’n persoonlike verhouding met ons begeer.📖 Skrifgedeelte: Genesis 1:1–7 en 26–27------------------------------------------------------------------------------------------------------------------4 Belangrike opmerkings oor Elohim:TIMESTAMPS0:00 Intro11:34 Elohim - Hy is Drie in Een | Punt 116:54 Elohim - Hy is die Enigste God | Punt 222:29 Elohim - Hy is die Ware God | Punt 326:57 Elohim - Hy is `n Verhoudings God | Punt 4------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Mag hierdie boodskap jou help om God nie net beter te verstaan nie, maar Hom ook dieper te leer ken.As die boodskap vir jou waardevol was, deel dit gerus met iemand anders en teken in op ons kanaal vir meer preke en geloofsinhoud.------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:[email protected] 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za#Elohim #DieNameVanGod #TygerbergGesinskerk
Ná 51 Jaar Weet Ek Dít: Dit Was Nog Altyd Jesus | Chris Heunis
2026/07/28
Ná 51 jaar in die bediening kyk Chris Heunis met dankbaarheid terug op ’n leeftyd van God se genade, getrouheid en voorsiening.In hierdie besondere aftreeboodskap vertel hy van sy bekering, sy roeping en die mense wat God oor die jare op sy pad gestuur het. Hy deel ook die kosbare lesse wat hy geleer het: dat Jesus Christus steeds die middelpunt bly, dat God selfs in moeilike en onseker tye in beheer is, en dat ons geroep word om Sy liefde tasbaar aan ander te maak.“Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde.” – 1 Korintiërs 2:2Mag hierdie boodskap jou bemoedig om God met jou lewe te vertrou, jou geloof prakties uit te leef en Jesus se hande en voete te wees vir mense wat seerkry.-------------------------TIMESTAMPS:0:00 Intro14:00 Dit was en is nog altyd Jesus | Punt 117:26 God was en is altyd in beheer | Punt2-------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:[email protected] 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za#ChrisHeunis #TygerbergGesinskerk #JesusChristus #Geloof #Genade
Wanneer God Stil Voel… Het Hy Jou Vergeet? | Hoop het ’n Naam
2026/07/19
Het jy al gebid, gewag en gewonder of God jou nog sien?Wanneer ’n antwoord uitbly, kan hoop begin voel soos ’n tou wat al stywer getrek word. Jy het dalk nie opgehou glo nie—jy is net moeg van lank wag. Maar God se stilte beteken nie dat Hy afwesig is nie.In hierdie boodskap uit 1 Petrus 1:3–9 en Spreuke 13:12 ontdek ons drie belangrike waarhede:-------------------------TIMESTAMPS:0:00 Intro14:00 Ons hoop het ’n Naam | Waarheid 124:40 Ons hoop het ’n volmaakte tyd | Waarheid 233:34 Ons Hoop kom weer | Waarheid 3-------------------------Christelike hoop is nie bloot optimisme dat môre beter sal wees nie. Dit is vertroue in Jesus vandag. Ons omstandighede kan verander, maar Jesus verander nooit.Skakel saam met ons in by Tygerberg Gesinskerk en deel hierdie boodskap met iemand wat moed verloor het of lank vir ’n antwoord wag.-------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:[email protected] 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za#HoopHetNNaam #GodSeTyd #JesusOnsHoop #TygerbergGesinskerk #Sondagdiens

Podcast reviews

Read Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas podcast reviews


0 out of 5
0 reviews

Podcast sponsorship advertising

Start advertising on Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas relevant audience podcasts


What do you want to promote?