
Advertise on podcast: AGTERBLAD
This podcast has
29 episodes
Language
EnglishExplicit
No
Date created
2021/09/05
Latest episode
2022/03/29
Average duration
62 min.
Release period
10 days
Description
Die Kuber-Kletskanaal waar elke Drie, Doel, Grenshou en Gru-ongeluk bespreek word. Die nommer 1 potgooi vir sport in Afrikaans.
Unlock AGTERBLAD podcast Email contact info,
Listeners & Audience details
Email contact information
Direct podcast contact details

Listeners
Audience numbers & engagement insights

Audience details
Podcast Insights

Podcast episodes
Check latest episodes from AGTERBLAD podcast
Ep. 24 - Super Max skitterend in Saoedi-Arabië!
2022/03/29
Vir beide Francois en Hendré was die Saudi-Arabië Grand Prix 'n bittersoet affêre - hoewel dit vir baie verskillende redes was. Luister gerus hoe Francois sy trane probeer inhou na 'n skokkende 16de plek kwalifisering en P10 wedren vir Lewis Hamilton, en Hendrê se angs soos hy besef dat sy droom van 'n perfekte begin na die seisoen vir Charles Leclerc gefnuik is deur super Max se skitterende vertoning.
Noudat ons twee wedrenne diep in die seisoen is, is een ding verseker - ons het geen idee hoe hierdie seisoen gaan uitdraai nie. Gaan Mercedes enigsins kan terugkom van hul enjin-kwale af? Is die Red Bull karre regtig so vinnig soos die rooi gevaar van Ferrari? Gaan die Australiaanse staat die aaklige Alpine-livery se terugkoms verban as gevolg van gevaar dat kykers verblind gaan word?
Dit alles en meer op Agterblad.
Ep. 23 - Fantastiese Ferrari blitsig in Bahrein en Mercedes vind geluk in Red Bull se pyn!
2022/03/23
Daar is nie 'n ander manier om dit te sê nie - na die afloop van die naweek se Grand Prix kan ons nie vir Hendré stil kry nie. 'n Ferrari 1-2 einde, gepaard met sy liefste Mick Schumacher bitter naby aan 'n top 10 einde het die man skoon liries.
Luister gerus na Hendré en Francois se ontleding van die eerste wedren van die 2022 seisoen. Ons bespreek alles, van die eerste indrukke van die verskillende spanne, tot die grootste verassings, teleurstellings en frustrasies. Ons waag selfs 'n paar blikke in na die toekoms.
Het Ferrari nog teruggehou met hulle vuurpyl van 'n enjin? Is Mercedes se doppie vir hierdie seisoen geklink? Gaan Red Bull hierdie jaar enigsins 'n wedren klaarmaak? En hoe op aarde is Kevin Magnussen so vinnig?
Ep. 22 - 2022 F1-SEISOEN: VOORSKOU EN VOORSPELLINGS!
2022/03/17
Met die Bahrain-naweek wat op ons wag is die F1-seisoen uiteindelik op die punt om weer af te skop, en Agterblad se manne staan al amper op kwyl soos die afwagting opbou. Met elke byte se data en elke kamera se raam ten volle ontleed het ons uiteindelik die kans gewaag om ons voorspellings vir die nuwe seisoen te maak - wetende dat alles waarskynlik in elk geval verkeerd gaan wees.
Luister gerus na Francois en Hendré se beste pogings om te probeer voorspel wat hierdie nuwe era vir ons gaan inhou. Daar is 'n paar gedagtes wat sinmaak (in ons oë ten minste), sowel as 'n paar wilde voorspellings wat daar buite gegooi is wat elke bookie 'n behoorlike hoofpyn sou gee.
Praat met ons! Ons wil hoor wat ons luisteraars te sê het. Gaan Lewis die kampioenskap hierdie jaar terugwen? Gaan Red Bull weer die span wees om te klop? Gaan hierdie die seisoen wees waar Hendré uiteindelik sy Ferrari merch vir eens en altyd ophang? En wat op aarde het 'n porpoise (die minder geliefde neef van 'n dolfyn) te doen met 'n F1-kar?
EP. 21 - F1-Ontwerpe oordeel, Proteas kolf Kiwi's plat en Hane hou bo!
2022/03/03
Hoewel die Agterblad span hul brood en botter in hul indiepte sportkennis rakend al die grootste sportsoorte, beteken dit nie dat ons tog die caviar van die lewe kan waardeer en geniet nie. In hierdie week se episode verruil ons die scrumpette vir ‘n glasie vonkelywyn en ‘n paar haute couture skoene: Ons kyk kuns.
Luister gerus na die menings van drie pseudo kunsgeleerdes soos ons die 2022 groep van F1-motors se fynere ontwerpspunte noukeurig ontleed en bepunt uit 10. Daar is kontroversie, spanning, geluk, vreugde en teleurstelling (die Louvre se kunsmeesters sou trots wees).
In verdere nuus bespreek ons ook die mees onlangse krieketverwikkelinge in Nieu-Sealand waar die Proteas terug gebons het om hul toetsreeks gelykop te speel, sowel as verlede naweek se ontleding van die 6 Nations rugby-kampioenskap, en ons plaaslike- spanne se vertoning in die URC.
EP. 20 - PROTEAS PENARIE, MASI GEPOS EN PREMIERLIGA TITELRESIES ONTPLOF
2022/02/22
Die Agterblad span kom die week byeen om te probeer sin maak van wat hulle aanskou het tydens die Proteas se eerste toets teen Nieu-Seeland.
Die futlose kolfvertoning word oor die kole gehaal, met die veranderinge in die toporde wat nie die gewensde effek gehad het nie. Verder word die boulers se duur lopietempo ook betreur en voorstelle oor wat moet verander in die oploop na die tweede Toets word gegee.
Die nuus dat FIA as’t ware ‘n kabinetskommelling gehad het met nou voormalige resiesbestuurder Michael Masi wat uit sy pos onthef is, word ook gedek. Dié skrif was natuurlik lankreeds aan die muur na die laaste rondte van die 2021-seisoen. Daar word gekyk na die voorgestelde veranderinge aan die resiesbestuur, sowel as die nuwe reëls wat intree in 2022. Die span gee dan hul menings oor wie tot dusver die beste motor bekend gestel het.
Laastens word die Premierliga se skokkende naweek geanaliseer, met 'n titelresies nou weer op die kaarte na Spurs se oorwinning teen voorlopers Man City.
Dit en nog vele meer op die week se episode van Agterblad!
EP. 19 - Stormers stormloop oor SA-spanne en flambojante Frankryk intimideer Iere
2022/02/14
Agterblad se (verminderde)span kom byeen om te gesels oor 'n Stormersspan wat aanhou beindruk. Hul resultaat teen die Leeus word veral gevier as gevolg van hul besluit om Agterblad se advies te volg om Damien Willemse en Warrick Gelant saam te ontplooi in die agterlyn. Die dinamiese spel van die Kaapse-manne laat die span droom van Europese rugby volgende seisoen en dalk 'n verlengde spel in die uitdun rondtes die jaar.
Verder word die Haaie se terugbons wen teen die Bulle bespreek, veral die rooi kaart van Morné Steyn wat die wedstryd geswaai het. Die Haaie se spel word verder onder die kollig geplaas, en of die resultaat 'n katalisator is vir vorm vind.
Die IPL-Auction word onderlig en 'n voorskou word gegee vir die Proteas se twee-toetsreeks teen Nieeu Sealand.
Baie om te bespreek in 'n gepakte episode van Agterblad!
EP. 18 - WIE IS NOMMER EEN IN DIE NOORDE EN STORMERS STAP NADER AAN KAMPIOENEBEKER KWALIFIKASIE!
2022/02/06
Die manne kom byeen om oor alles Rugby te gesels in 'n propvol episode.
Eerste word die Ses-Nasies se openingsnaweek onder die kollig geplaas, met Skotland se oorwinning oor die Engelse die uitblink-oomblik van die naweek. Daar word verder gekyk na die Bokke se 2023-Wêreldbeker-groepsmaat Ierland se vertoning teen 'n verpletterde Walliese-span. Frankryk se stadig begin teen Italië word uitgelig, met verdere debat rondom of hul uiteindelik kan oplewe na hul hoë verwagtinge.
Dan word daar gesels oor die URC-uitslae van die naweek, waar die Stormers aanhou verbaas met hul oorwinning oor 'n Haaie-span wat sukkel onder die druk van gunstelinge wees. Daar word bespiegel of hierdie Stormers span werklik die mas kan opkom en kwalifiseer vir die Kampioenebeker volgende seisoen, en of die Bulle onderskat word na hul oorwinning teen die Leeus.
Dit, saam met die Telbord en ons Hoek van Helde, maak dit 'n uitstekende episode vir enige rugby fanatikus!
EP. 17 - NADAL SE MELBOURNE-MEESTERSTUK EN STORMERS SE NAELBYT SHARKS-GELUK!
2022/02/02
Die Agterblad-span kom bymekaar om te gesels oor die geskiedenis wat hul sien plaasvind het Sondagmiddag in Melbourne. Rafael Nadal het homself bo-aan die rekordboeke geplaas in Manstennis, toe hy sy 21ste Grand-Slam titel gewen het in 'n titaniese terugvegpoging teen Daniil Medvedev in die finaal van die Australiese Ope. Die manne debatteer waar dit hom plaas in die ranglys van die beste sportsterre van alle tye en of sy wedywering met Djokovic en Federer geklassifiseer kan word as die beste in sport.
Verder word daar gesels oor die terugkeer van die URC, met die Stormers se terugveg-poging teen die Sharks genoeg om vir hulle 'n gelykop-resultaat te kry. Daar word gekyk na watter SA-span die beste kans staan om te kwalifiseer vir volgende jaar se Champions Cup toernooi.
Dit en nog vele meer op die Telbord, ons Hoek van Helde en waarna om uit te sien volgende week!
Beslis nie 'n episode om mis te loop nie!
Episode 16 - Proteas verrassing en Engeland se drome veras in reeks om die As !
2022/01/18
Die Proteas se toetsreeks oorwinning oor die intimiderende Indiese-span bring die Agterblad-groep in 'n gesellige bui byeen.
Die manne kom ooreen oor wat die bepalende faktor in die Proteas se wenresep was, sowel as die impak van Dean Elgar se kapteinskap.
Die twee nuwe name in die span wat die reeks gedomineer het word gevier, sowel as om prys te gee aan die ervare spelers wat met klein bydraes 'n bepalende verskil gemaak het.
Daar word dan verder ondersoek wie die manne is wat moet huiwerig wees vir hul plek verloor, en wie die nuwe name is in die plaaslike reeks wat wag om hul kanse te gryp.
Tyd word ook gegun om te analiseer (en te lag) oor die Engelse-span se power vertoning in Australië en watter impak die twee reekse het op die uitkoms van die wêreldtoetskampioenskap.
'n Episode propvol analise van die blad af oor 'n opwindende somer van krieket!
Die episode word trots aangebied in vennootskap met @oldschool_sa ! Gebruik gerus ons afslagkode 'Agterblad' vir R100 af op ou volgende aankope op hul webtuiste, waar die jy die beste retro-Rugbytruie en somersdrag kan vind!
Episode 15 - 2021 Agterblad 'Bladjies' toekennings!
2022/01/01
2021 was 'n groot jaar vir almal hier by Agterblad. Ons het gegaan van 'n groepie vriende wat veels te veel praat oor sport, tot 'n groepie vriende wat veels te veel praat oor sport - maar die keer neem ons dit op.
Dit was 'n groot jaar vir sport ook, en hoewel Sports Illustrated se Laureus-toekennings dalk 'n algemene idee kan skep oor wie die beste sportspresteerders was, dink ons dat ons beter kan doen. Dus kondig ons vandag die (debateerbare) nommer een sport-toekenning vandag aan: Die Bladjie.
Kyk gerus terug na 'n jaar se opwindende sportsgebeurtenisse soos genomineer deur 'n passievolle Agterblad-paneel, waar die top presteerders soos ons Span, Wedstryd en Sportster van 2021 gekroon sal word. Verder, is daar ook bietjie vertroosting vir dié wat gesukkel het in 2021, met ons 'Fraud' van die jaar aanwysing.
Kom vind ook uit hoekom 'n wasmasjien dalk net die beste maatstaf vir enige sport-prestasie mag wees.
Dankie vir almal se ondersteuning. Ons sien uit vir 2022!
Die toekennings en episode is trots aangebied deur Old School SA! Gebruik die afslagkode 'Agterblad' vir R100 af op jou volgende aankope op hul webtuiste, waar jy die beste retro-Rugbytruie en somersdrag kan vind!
AGTERBLAD EXTRA EXTRA! - Somer van Krieket voorskou: saam met Louis Wilkinson
2021/12/19
In Agterblad se eerste krieket spesialiseringsepisode sluit voormalige eersterangse speler en huidige SuperSport kommentator Louis Wilkinson by ons aan om sy insigte rondom die Suid-Afrika-Indië Toetsreeks te deel.
In hierdie episode kan luisteraars uitsien na ‘n bespreking van Suid-Afrika se 21-man groep: watter insluitings en weglatings laat die wenkbroue lig? (2:00-10:30) Dan word daar ook gespekuleer oor hoe die Suid-Afrika (10:50-21:23) en Indië (21:30-36:00) se eerstekeuse elftalle vir die reeks sal lyk. Die kiestoffies wat beide stelle keurders sal moet kou word ook bespreek.
Laastens, word daar bespreek of hierdie Indiese span, met sy befaamde snelkwintet, die beste Indiese span nog is om sy verskyning op Suid-Afrikaanse bodem te maak en die manne se voorspelling van hoe die toetsreeks gaan afloop (36:20-46:08).
In ‘n vakansie waar krieketpraatjies so sinoniem met braaivleisvure soos ‘n tjoppie en ‘n doppie is, is hierdie ‘n gesprek wat jy nie kan bekostig om mis te loop nie!
Hierdie episode is trots aangebied deur Old School SA! Onthou dat jy die kode 'Agterblad' kan gebruik op hul webtuiste vir R100 af met jou volgende aankope!
Episode 14 - Lewis mik vir 8, maar dit is Max (en Masi) wat laaste lag!
2021/12/13
In 'n manier, was dit die gepaste einde aan F1 se beste seisoen nóg: aksie tot en met die laaste draai van die laaste rondte, alles onder die wolk van drama veroorsaak deur FIA-besluitneming.
Die span kom bymekaar kort na die einde van dié fantastiese finale om hulle gedagtes te deel oor Max Verstappen wat die maksimum geneem het van die wedren en die kampioenskap, nadat hy met sy eerste drywerskampioenskap gekroon is Sondagaand in Abu-Dhabi.
Daar is groot debat oor wedrenbestuurder Michael Masi wat vir die tweede agtereenvolgende rondte 'n bepalende rol gespeel het in die wenner van die wedren, na sy flik-flak oor hoe die veiligheidsmotor en sloervervoer bestuur sou word.
Dit het gelei na een van die mees ikoniese oomblikke in F1-geskiedenis, met Max Verstappen wat Lewis Hamilton vir een laaste keer verby gesteek het en saam met dit met die kampioenskap weg gejaag het. Ons span reflekteer (en in sommige gevalle treur) oor dié oomblik en die seisoen wat was, en of dit dien as die verdiende einde aan 'n onvergeetlike kampioenskapstryd.
Dit en nog vele meer gedagtes, menings en debat op die week se episode van Agterblad!
Podcast reviews
Read AGTERBLAD podcast reviews
Podcast sponsorship advertising
Start advertising on AGTERBLAD relevant audience podcasts
You may also like to advertise on these Podcasts

4.7202100
History of Africa
The History of Africa Podcast

4.9116119
slow inside
daphne cohn

554201
The Waffle Shop
Taylor James

4.8271473
Focused Compounding
Andrew Kuhn and Geoff Gannon

4.982464
University of Adversity
Lance W Essihos

4.514579
The Columbo Confab Podcast
Steve and Sean

53954
Ring The Belle
Ring The Belle, DS Shin

5168
Meditation zum Einschlafen
Ralf Lederer & Chutikarn Lederer

4.8189440
The Anna Rova Show
Anna Rova

4.7134106
A LA LATINA
Sonoro | Claudia & Cynthia