1605992889
Naweek Aktueel

Advertise on podcast: Naweek Aktueel

This podcast has
150 episodes
Explicit
No
Date created
2022/01/19
Latest episode
2026/09/26
Average duration
47 min.
Release period
7 days

Description

Naweek Aktueel is ‘n program op Radiokansel wat luisteraars toerus om hul reis saam met Christus te verstaan.

Podcast episodes

Check latest episodes from Naweek Aktueel podcast


Stap vir Marlo Buys
2026/09/26
Jannie Pelser gesels vandag met Angelique Buys oor haar seuntjie Marlo se siekte en Michael Wynne wat deur afstande te stap om geld in te samel vir sy behandeling www.radiokansel.co.za
Hoopstad: baken van geloof, hoop en liefde
2026/09/19
Jannie Pelser en gaste, Di. Victor Cloete, Desire Meyer en Frans du Toit gesels vandag oor die tema: Plattelandse gemeentes vind dit soms vanwee verskeie redes moeilik om optimal te funksioneer, maar dit is anders vir die NG Gemeente Hoopstad. Een honderd en vyftig jaar na die gemeente beslag gekry het vertoon die gemeente energiek, hoopvol en dankbaar. www.radiokansel.co.za
Goudini-belewenis: Hoop en Vernuwing
2026/09/12
700+ Predikante van regoor SA het bymekaar gekom by Goudini om saam te bid, te kuier, te vier en te groei. Jannie Pelser gesels met drie predikante, Hendrien van Vliet, Yugi Barnhard en Rikus Hattingh, oor hul ervaring en indrukke van hierdie besondere predikante-saamkoms www.radiokansel.co.za
Dissipline op skool - is daar 'n krisis?
2026/09/05
Dissipline in ons skole is ’n onderwerp waaroor daar sterk menings bestaan. Vir sommige mense het die pendulum te ver weggeswaai – onderwysers sukkel om gesag te handhaaf, klastyd gaan verlore en leerders wat graag wil leer, word deur ontwrigting benadeel. Vir ander is die antwoord nie om bloot strenger te straf nie, maar om weer te vra wat ons eintlik met dissipline wil bereik. Jannie Pelser en gaste, Dems Nel, Dr. Juane van der Merwe en Daan Potgieter gesels oor hierdie onderwerp www.radiokansel.co.za
Is die Bybel nog relevant in ons tyd?
2026/08/31
Jannie Pelser en gaste, Prof. Pieter Verster, Prof Hennie Stander en Dr Andre van Niekerk, gesels vandag oor die tema: Is die Bybel nog relevant in ons tyd? www.radiokansel.co.za
Kerkspieel 2026 - `n blik op die NGK
2026/08/22
Die jongste Kerkspieël-navorsing oor die welstand van gemeentes in die NG Kerk skets ’n interessante prentjie. Daar is tekens van druk: gemeentes vergrys, baie word kleiner en ’n beduidende aantal beskik nie meer oor ’n voltydse predikant nie. Daar is ook ’n neiging om na binne te fokus. Maar dit is nie die hele verhaal nie. Meer gemeentes beskryf hulleself as groeiend, finansies het verbeter en erediensbywoning lyk gesonder. Die vraag is dus: Wat maak ’n gemeente werklik gesond? Is dit getalle, geboue en geld? Of moet ons dalk anders begin meet – aan gemeenskapsbetrokkenheid, gestuurdheid, diensbaarheid en die manier waarop die kerk die wêreld rondom hom dien? Jannie Pelser en gaste, Gawie Gouws, Johan Botes en Janke Hurter gesels oor hierdie interessante tema. www.radiokansel.co.za
Skoolsport in die branding
2026/08/15
Jannie Pelser en gaste, Maretha Claasen en Stephan du Preez bespreek vandag die tema: Skoolsport in die branding. Skoolsport is veel meer as net die wen of verloor van ’n wedstryd. Vir duisende jongmense is dit ’n plek waar hulle leer om saam te werk, dissipline te beoefen, teleurstelling te hanteer, verantwoordelikheid te aanvaar en respek vir ander te ontwikkel. www.radiokansel.co.za
Ook in swaarkry is God daar
2026/08/08
Jannie Pelser gesels met Dr. Frikkie Coetzee oor die tema: Ook in swaarkry is God daar www.radiokansel.co.za
God en ons stukkende wêreld
2026/08/01
Jannie Pelser gesels vandag met Jan Botha en Andre van Niekerk oor die tema: God en ons stukkende wêreld www.radiokansel.co.za
Living Ball & die Evangelie
2026/07/25
Jannie Pelser gesels vandag met Franna Cillie en Manie du Toit van Living Ball en hoe hierdie organises die Evangelie bring www.radiokansel.co.za
"My walk with soul" Projek
2026/07/18
Jannie Pelser gesels met Ds Delanie Bezuidenhout oor die "My walk with soul" projek www.radiokansel.co.za
Plaasmoord - dis my mense
2026/07/11
Wond: Plaasmoord – dis my mense (Litera, 2025) is ds. Gerhard Pietersen se eerlike en diep persoonlike verhaal van verlies, geloof en hoop. Nadat sy skoonouers, Tewie en Eurika Human, in 2016 op hul kleinhoewe buite Groot-Brakrivier vermoor is, het die hele familie 'n pad van intense trauma en rou gestap. In die boek vertel Gerhard nie net die verhaal van 'n plaasmoord nie, maar ook van 'n mens se worsteling met God te midde van geweld, en van die lang, onvoltooide reis na genesing. www.radiokansel.co.za
Vreemdelinge op aarde
2026/07/04
Op die 30ste Junie, het ons gesien hoe weke se opgeboude sosiale spanning ’n kookpunt bereik het met nasionale optogte teen ongedokumenteerde immigrante. Terwyl die politieke en sekuriteitsanaliseerders die gebeure vanuit ’n wetlike en ekonomiese lens ontleed, worstel ons met n ander realiteit. Volgens sensusdata identifiseer die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners hulself as Christene. Ons is ’n samelewing wat grootgeword het met die Bybel op die bedkassie. Jannie Pelser en gaste, Dr Braam Hanekom en Dr Andre van Niekerk het hierdie tema bespreek www.radiokansel.co.za
30 Junie en die nasionale veiligheidsvraagstuk: Is die kruitvat besig om te ontbrand?
2026/06/27
Jannie Pelser en gaste Roland Henwood, Hermann Pretorius en Nico Stofberg gesels oor hierdie brandpunte www.radiokansel.co.za
Dr Jan Botha - leraar & gemeenskapswerker
2026/06/20
Jannie Pelser gesels met Dr Jan Botha oor sy pastorale spreekkamer, pligte as leraar en lofwaardige Gemeenskapswerk www.radiokansel.co.za

Podcast reviews

Read Naweek Aktueel podcast reviews


0 out of 5
0 reviews

Podcast sponsorship advertising

Start advertising on Naweek Aktueel relevant audience podcasts


What do you want to promote?

You may also like to advertise on these Podcasts