1639839461
True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

Advertise on podcast: True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

Rating
★★★★★
5
from
1 reviews
Categories
Country
United States
This podcast has
34 episodes
Language
English
Publisher
JacPod
Explicit
No
Date created
2022/08/15
Latest episode
2026/05/05
Average duration
39 min.
Release period
29 days

Description

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware intrigues agter van Suid-Afrika se mees berugte en skokkende misdade ooit. In dié veel bekroonde potgooi, vertel Jacaranda FM se Gerda de Sousa die stories agter ware misdaad verhale wat strek van die Wes-Kaap in die suide tot bo in Limpopo in die noorde van die land. Seisoen 3 skop af met die bekende Afrikaanse sanger, Jo Black, wat sy stem leen om die storie te help vertel oor die Stander Bende. True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is nagevors, geskryf en vervaardig deur Nicole Engelbrecht vir haar gewilde True Crime South Africa reeks. Toekennings vir True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: * Top 5 Episodes op Spotify in 2024 * Silver toekenning in die Misdaad Kategorie by die 2024 South African * Podcasters Guild Toekennings * Goue toekenning by die 2023 New Generation Awards * Brons toekenning by die 2023 Bookmark Awards * Top 5 potgooi reekse op Spotify 2022 Meer oor True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware verhale van opgeloste en onopgeloste misdade. Dis een van die enigste misdaad potgooi reekse wat nie net fokus op die misdaad self nie, maar spesifiek ook op die slagoffers. Van die episodes strek meer as ’n eeu terug, terwyl daar in ander geluister kan word oor ’n meer onlangse verhaal wat Suid-Afrika tot stilstand geruk het. Luister by jacarandafm.com of op Spotify en Apple Podcasts!

Unlock True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe podcast Email contact info,
Listeners & Audience details

Email contact information

Direct podcast contact details

Listeners

Audience numbers & engagement insights

Audience details

Podcast Insights

Podcast episodes

Check latest episodes from True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe podcast


Shaun Oosthuizen se meester misdaadplan teen bejaarde vroue
2026/05/05
Ouetehuise en aftree oorde in Gauteng en Mpumalanga was tussen 2015 en 2018 die teikens van gru moorde. Bejaarde vroue wat alleen gebly het, is aangeval, verwurg en beroof in ’n reeks misdade wat begin het met die geldgierigheid van Shaun Oosthuizen. Die kat-en-muis speletjie wat hy en sy mede-pligtiges met die polisie gespeel het, het gelei tot ’n reuse soektog oor provinsiale grense om die aanvalle te stop voor nog ’n vrou haar deur vir die onheil oopmaak. Webpage · Find more from JacPod
Die Springs haarkapper wat jong meisies na verderf gelok het
2026/04/28
Agtste Straat in Springs aan die Oos-Rand het in 2017 soos baie ander besige strate regoor Suid-Afrika gelyk - met 'n prokureursfirma, 'n skoonmaakbesigheid, snoepies en ook 'n mans haarkapper af in die straat. Agter die helder verf op die haarkapper se muur het 'n donker boosheid egter geskuil, wat in 2017 aan die lig gekom het. Die soektog na 'n vermiste jong meisie en 'n polisieklopjag sou die waarheid oor 'n gruwelike menshandel netwerk oopvlek. Webpage · Find more from JacPod
André Klynsmith se aftreeplanne eindig in sy tragiese moord
2026/04/21
André Klynsmith se hunkering na ’n droom aftrede saam met sy vrou het in sy tragiese moord geëindig, met ’n verstommende kinkel oor die ware moordenaar. Hy het in 2016 afgetree met al sy planne in plek. André het uiteindelik weer liefde gevind en daarna uitgesien om sy aftrede met sy nuwe vrou te deel, saam met haar te reis en rondtes gholf met vriende te geniet. Wat André egter nie geweet het nie, was dat sy hunkering na ’n sorgvrye en liefdevolle aftrede teen hom gebruik sou word en hom sy lewe sou kos. Webpage · Find more from JacPod
Die berugte Station Strangler reeks moordenaar
2026/04/14
Suid-Afrika het in 1994 geleef onder ’n reënboog van vreugde met die aanvang van demokrasie en die gevoel van vryheid. In die Mitchells Plein gebied van die Wes-Kaap was ouers egter vasgekeer in angs nadat die liggame van jong seuns gekry is – almal op diesefde gru wyse vermoor. Inwoners was verder geskok oor die identiteit van die man wat as die Station Strangler aangekla sou word. Maar was hierdie die ware oortreder? Webpage · Find more from JacPod
Die Ponzi-slenter van Craig Warriner
2026/04/07
Die BHI Trust het in 2023 soos ’n huis van kaarte inmekaar getuimel en ’n Ponzi-skema aan die lig gebring waarin meeste van die beleggers alles verloor het. Craig Warriner is eens beskou as ’n gerespekteerde en betroubare belegger wat vir jare lank die geld van miljoenêrs, sowel as gewone Suid-Afrikaners, belê en help groei het. Dit het alles verander een oggend in Oktober 2023 toe die beleggingsballon gebars en die slenter aan die lig gekom het. Derduisende mense se maandelikse dividende het deel geblyk te wees van dié reuse misdaad en hulle lewens en toekoms is vir ewig deur die BHI Trust geraak. Webpage · Find more from JacPod
Die Matjane-gesinsmoorde en die hofsaak oor die impak van alledaagse pynpille
2026/03/31
Dit was 'n middag in April 2015 toe 'n verhaal oor kindermoorde ontvou het, soos wat nog nooit vantevore in Suid-Afrikaanse howe gesien is nie. Rehithile Matjane het aangevoer dat 'n kombinasie van alledaagse pille en medikasie daartoe gelei het dat sy haar twee jong seuns koelbloedig na skool in Hammanskraal dood geskiet het. Van hierdie pille was vir erge kopsere en maagkrampe. Of was haar motief dalk baie meer voor die hand liggend? Webpage · Find more from JacPod
Die Moord op Ria Womarans in Botswana
2026/03/24
Tienie en Ria Wolmarans het in die 1990s besluit om Botswana toe te trek na die Phakalane buurt in die hoofstad Gaberone, wat hulle gehoor het veiliger was as in Suid-Afrika. Daar was goeie skole, werks geleenthede en ’n goed gevestigde Suid-Afrikaanse gemeenskap. Min het Ria egter geweet dat hierdie hervestiging haar lewe sou kos, en ook daartoe lei dat ’n Suid-Afrikaners in Botswana tereg gestel sou word. Webpage · Find more from JacPod
Die moord op Taliep Petersen
2026/03/17
Die eerste episode van Seisoen 4 vertel die storie oor die moord op een van die land se helderste sterre, Taliep Petersen. Taliep Petersen kon gehore betower en saam meesleur met sy lirieke en musiek, maar is op die mees gewelddadige van maniere op Nasionale Dag van Versoening vermoor. Sy moord op 16 Desember 2006 was nie net ’n geweldsmisdaad nie, dit was ’n daad van die hoogsteverraad. Webpage · Find more from JacPod
Seisoen 4 vertel misdaad verhale waarvan jy moontlik nog nooit gehoor het nie
2026/03/10
Die nuwe seisoen van dié bekroonde potgooi is terug met agt weeklikse episodes oor van Suid-Afirka se mees berugte misdaad intriges. Seisoen 4 strek van Botswana, met ’n moord in ’n buurt vol Suid-Afrikaners, deur Mpumalanga, Gauteng en tot in die Wes-Kaap. Luister weekliks van 17 Maart 2026! Volg die potgooi of teken in sodat jy nie nuwe episodes mis nie! Webpage · Find more from JacPod
Die Kroonstad Spoor Ramp
2025/04/29
Suid-Afrika is in Januarie 2018 geskud deur ’n gru spoor ramp toe ’n Shosholoza Meyl passasiers trein en ’n trok buite Kroonstad gebots het. Chaos het op die toneel uitgebreek sowat 10 minute na die ongeluk toe passasiers besef het hulle is vas gekeer in van die brandende waens – waarvan die deure geseël was. Die passasiers trein was besig om vakansie gangers terug te ry huis toe na die Desember vakansie en die ongeluk het opslae gemaak regoor die wêreld. Hierdie is die laaste episode van die huidige seisoen. Webpage · Find more from JacPod
Die reeks moordenaar, Sipho Thwala
2025/04/22
Sipho Thwala het op ’n heuwel gesit en uitkyk oor die suiker riet plantasies, en probeer onthou waar die liggame is van die vroue wat hy reeds vermoor het. Thwala het een van Suid-Afrika se mees berugte reeks moordenaars geword en KwaZoeloe-Natal se lowerige groen suiker riet plantasies in 1996 en 1997 gebruik as sy eie slagveld. Hy het die polisie laat kopkrap, totdat dit aan die lig gekom het dat een vrou uit sy kloue ontsnap het en Thwala kon uitken ….. Webpage · Find more from JacPod
Die moord op Gabriela Kabrins Alban
2025/04/15
Die poskaart mooi Kampsbaai in Kaapstad was in 2015 in die wêreld se soeklig toe ’n Amerikaanse toeris gru vermoor gekry is in een van die kamers van ’n luukse hotel. Gabriela Kabrins Alban en haar kêrel van Guatamala was in Suid-Afrika, waar hy behandeling gekry het vir sy dwelm verslawing. Die polisie ondersoek sou in eienaardige rigtings gaan van alternatiewe medisyne, hallusinerings en die moontlike betrokkenheid van ’n berugte internasionale bende. Dit als gemeng met miljarde rande se familie trust fondse ……. Webpage · Find more from JacPod
Die moord op Isaac Miggels
2025/04/08
Die 8-jarige Isaac Miggels het uitgesien na ’n sorglose Desember vakansie op ’n plaas in die Wes-Kaap, maar min het hy sy ouers geweet watter dodelike gevaar vir hom wag. Miggels se ouers het hom plaas toe gestuur om by sy twee ouma’s te gaan kuier, juis omdat hulle nie wou hê hy die hele skool vakansie en Fees Seisoen in die gevaarlike strate van hulle buurt op die Kaapse vlakte moes spandeer nie. ’n Stryery met drie ander jong seuns op die plaas het egter gelei tot ‘n tragedie wat die familie se vakansie planne in ’n dodelik nagmerrie laat ontaard het... Webpage · Find more from JacPod
Die Modimolle Monster
2025/04/01
Ina Bonnette het 2012 ingegaan met die hoop dat sy finaal van haar vervreemde man, Johan Kotzé, sou kon skei. Maar Kotze het ’n ander plan in sy kop gehad – hy wou Ina ’n les leer en seker maak haar grootste nagmerrie word bewaarheid. Wat Kotze daardie dag in Januarie in ’n Limpopose dorp aan Ina gedoen het, sou hom ontmasker as die Modimolle Monster. *Hierdie episode het ‘n addisionele waarskuwing vir luisteraars wat sensitief is vir inhoud oor geslags geweld en uiterste geweld teenoor vroue.* Webpage · Find more from JacPod
Die moord op Lucky Dube
2025/03/25
Lucky Dube was een van Suid-Afrika se mees gewilde en geliefde sangers toe hy in 2007 dood geskiet is bloot omdat hy in die verkeerde kar gery het op die verkeerde tyd en in die verkeerde Johannesburgse straat. Die 43-jarige Dube het gedoen wat ouers met tieners elke naweek doen – rondry om sy kinders te gaan op- en aflaai. Sy sinnelose moord het die land geskok en die wêreld se fokus geplaas op die verhoor van die bende motor kapers ..... Webpage · Find more from JacPod

Podcast reviews

Read True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe podcast reviews


5 out of 5
1 reviews

Podcast sponsorship advertising

Start advertising on True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe relevant audience podcasts


What do you want to promote?