1748797917
Wêreldwys met Jaco Kleynhans

Advertise on podcast: Wêreldwys met Jaco Kleynhans

This podcast has
102 episodes
Explicit
No
Date created
2024/05/28
Latest episode
2026/09/11
Average duration
31 min.
Release period
11 days

Description

Jaco Kleynhans ontleed weekliks die vernaamste internasionale nuusgebeure, en verduidelik hoe dié gebeure ons in Suid-Afrika raak. "Wêreldwys" word vervaardig deur Maroela Media.

Podcast episodes

Check latest episodes from Wêreldwys met Jaco Kleynhans podcast


Wêreldwys | 'Hitler terug in Duitsland' | Ep. 102
2026/09/11
Wêreldwys | Hitler terug in Duitsland | Ep. 102 In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Nederlandse joernalis Wierd Duk oor Europa se interne stryde, tendense en meesterverhale. Hulle kyk onder meer na die regs populistiese deurbraak wat die AfD onlangs in Duitsland behaal het. Hoewel dié oorwinning duidelik op pad was, het talle linksgesindes en elites hulself hierdie blindgehou. Sodoende is hulle totaal oorbluf toe die oorwinning uiteindelik gebeur met ontsteltenisse soos “Hitler is terug in Duitsland” wat deur sommiges kwytgeraak is.
Wêreldwys | Skaakspel tussen Oos en Wes | Ep. 101
2026/09/04
Wêreldwys | Skaakspel tussen Oos en Wes | Ep. 101 In vandeesweek se Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na die reuse-ooreenkoms tussen die VSA en Venezuela en wat dit vir die wêreld se oliemark en magsbalans kan beteken. Intussen wys China toenemend sy teenwig teen Westerse invloed deur strategiese bondgenootskappe in die Ooste te versterk.
Wêreldwys | Europese eenheid wankel | Ep. 100
2026/08/27
In die 100ste episode van Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na ’n wêreld waarin ou alliansies en politieke eenheid toenemend onder druk kom. Ses maande ná die begin van die Iran-oorlog is daar rede vir versigtige optimisme, terwyl die oorlog in Oekraïne, spanning in Europa, die handelstryd tussen die VSA en Kanada en die voortslepende konflik tussen Israel en die Palestyne steeds groot onsekerheid skep.
Wêreldwys | Magsverskuiwings in Midde-Ooste | Ep. 98
2026/08/21
In vandeesweek se Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na magsverskuiwings in die Midde-Ooste, met die jongste verwikkelinge in die Iran-oorlog en vredesproses in Gaza. Ook onder die loep is die oorlog in Oekraïne en belangrike politieke verwikkelinge in Duitsland en elders in Europa.
Wêreldwys | Republikeine op die agtervoet | Ep. 97
2026/08/15
In vandeesweek se aflewering van Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na die groot internasionale vraagstukke wat die Amerikaanse en Europese politiek tans vorm. Iran se invloed op die komende Amerikaanse middeltermynverkiesing, interne verdeeldheid onder die Demokrate, hibriede oorlogvoering in Europa en belangrike Europese verkiesings word onder die loep geneem.
Wêreldwys | Opgedra aan Charlie Kirk | Ep. 96
2026/08/06
In dié week se episode van Wêreldwys besoek Jaco Kleynhans Turning Point USA se hoofkantoor en staan stil by die nalatenskap van die stigter Charlie Kirk, wat hom vir meer as ’n dekade beywer het om konserwatiewe idees op Amerikaanse universiteitskampusse te bevorder. Hy kyk ook na Phoenix, Arizona, een van Amerika se snelgroeiende stede en ’n toenemend invloedryke politieke spilpunt, en bespreek hoe demografiese en beleidsveranderinge dié staat se rol in die Amerikaanse politiek hervorm
Wêreldwys | Belangrike nuus uit Washington | Ep. 95
2026/07/30
In hierdie week se episode van Wêreldwys bespreek Jaco Kleynhans, vanuit die Amerikaanse hoofstad, onder meer Iran se verrassingsaanval op Jordanië en die toenemende spanning in die Midde-Ooste. Dit alles terwyl verskeie wêreldleiers hierdie week in Washington oor verskeie drukkende globale vraagstukke beraadslaag het.
Wêreldwys | Die wêreld staan nie stil nie | Ep. 94 | Maroela Media
2026/07/24
Ná ’n lang produksiebreek is Wêreldwys vandeesweek weer terug met hierdie jongste episode. Die wêreld staan geensins stil nie. Verskeie van die groot voortslepende konflikte in die wêreld het die afgelope weke deur verskeie ontwikkelingsfases gegaan, maar nie noodwendig nader aan ’n finale fase van vrede beweeg nie.
Wêreldwys | VSA in sterkste posisie hierdie eeu
2026/06/19
Wêreldwys | VSA in sterkste posisie hierdie eeu
Wêreldwys | Woede oor massa-immigrasie bereik kookpunt | Ep. 92
2026/06/12
Wêreldwys | Woede oor massa-immigrasie bereik kookpunt | Ep. 92
Wêreldwys | Wêreld vol oorlog | Ep. 91
2026/06/04
Wêreldwys | Wêreld vol oorlog | Ep. 91
Wêreldwys | Wie gaan eerste ingee? | Ep. 90
2026/05/29
In hierdie week se Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans onder andere na die jongste verwikkelinge in die Midde-Ooste en vra die groot vraag: Wie gaan eerste ingee? Die skietstilstand tussen die VSA en Iran hou nou al lank genoeg aan dat dit al moeiliker word vir albei partye om enigsins hul doelwitte te bereik.
Wêreldwys | Twee konings in die Withuis | Ep. 89
2026/04/30
In hierdie week se episode van Wêreldwys bespreek ons die koninklike besoek aan Washington DC, sowel as die jongste nuus oor die stryd tussen die VSA en Iran, veranderende globale oliemarkte met die Verenigde Arabiese Emirate wat uit OPEC onttrek en belangrike begrotingsverskuiwings in Europa met meer lande wat besef dat hulle welsynstate onvolhoubaar is, terwyl besteding aan verdediging verhoog moet word.
Wêreldwys | Die seestraat-skaakspel | Ep. 88
2026/04/24
Hierdie week se aflewering van Wêreldwys fokus op die voortslepende spanning tussen die VSA en Iran, die binnelandse politieke druk op Donald Trump hieroor en Rusland se verswakkende geopolitieke posisie in die agtergrond.
Wêreldwys | Orban na 16 jaar uitgestem | Ep. 87
2026/04/16
In hierdie week se aflewering van Wêreldwys fokus Jaco Kleynhans op die afgelope verkiesing in Hongarye, opkomende verkiesings in Engeland, Wallis en Skotland, asook die huidige vooruitsigte van die Amerikaanse middeltermynverkiesing in die skadu van die Iran-oorlog.

Podcast reviews

Read Wêreldwys met Jaco Kleynhans podcast reviews


0 out of 5
0 reviews

Podcast sponsorship advertising

Start advertising on Wêreldwys met Jaco Kleynhans relevant audience podcasts


What do you want to promote?

You may also like to advertise on these Podcasts