Advertise on podcast: Bybelstories in Afrikaans
This podcast has
334 episodes
Publisher
Carin ConradieExplicit
No
Date created
2024/07/31
Latest episode
2026/10/01
Average duration
12 min.
Release period
7 days
Description
Tannie Carin en Tobias, 'n groen "puppet",-seuntjie, vertel Bybelstories in Afrikaans. Ons wil al die stories in die Bybel vertel - so Bybelgetrou as wat dit moontlik is op 'n kind se vlak.Geniet die Woord!
Podcast episodes
Check latest episodes from Bybelstories in Afrikaans podcast
Boeke van die profete 42: Sagaria vertel van die laaste dae
2026/10/01
In hierdie episode gesels ons oor Sagaria 9 tot 14. Hy profeteer oor die eindtye, hoewel daar dinge is wat in Jesus se tyd al waar geword het.
Boodskappe per epos is baie welkom!
Support the show
Boeke van die profete 41: Sagaria se laaste vier nagprentjies
2026/09/24
In Sagaria 4-8 lees ons die volgende vier gesigte wat die profeet Sagaria by die Here gekry het, om vir die J**e te vertel.
Boodskappe per epos is baie welkom!
Support the show
Boeke van die profete 40: Sagaria kry prentjies in die nag
2026/09/17
In Sagaria 1 - 3 lees ons van die profeet wat vir Haggai opgevolg het. God het met hom in nagtelike visoene gepraat. Vandag vertel ons van die eerste vier visioene.
Boodskappe per epos is baie welkom!
Support the show
Boeke van die profete 39: Haggai
2026/09/10
Die kort boekie Haggai, beskryf die boodskappe wat God vir Serubbabel en Jesua gestuur het nadat 50 000 J**e terug is na Jerusalem, maar nie gekom het by die herbou van die tempel nie.
Boodskappe per epos is baie welkom!
Support the show
Boeke van die profete 38: Sefanja
2026/09/03
Die profeet Sefanja het baie vertel van die dag van die Here, wanneer Hy die mense sal oordeel. Daar is tog ook baie van God se liefde in die boek - en dat Hy mense wil red.
Boodskappe per epos is baie welkom!
Support the show
Boeke van die profete 37: Die profeet Habakuk
2026/08/27
Habakuk was die profeet wat die wonderlike "lied" geskryf het: "Al sou die vyeboom nie bot nie" - Al sou die Galdeërs alles kom kaalstroop, het hy besluit om steeds die Here te loof.
Boodskappe per epos is baie welkom!
Support the show
Boeke van die profete 36: Die profeet Nahum
2026/08/20
In die boek Nahum word beskryf hoe God die stad Nineve van die Assiriërs gaan wegvee, omdat hulle God se mense wreed mishandel het.
God straf skuldiges, maar sien om na sy mense.
Boodskappe per epos is baie welkom!
Support the show
Boeke van die profete 35: Die profeet Miga
2026/08/13
In die boek Miga lees ons hoe God vir Miga gebruik het om te profeteer dat Israel en Juda weggevoer gaan word, omdat hulle God vergeet het. Juda het wel vir 'n tyd teruggedraai na God toe. Miga het ook geprofeteer dat Jesus weer gaan kom.
Boodskappe per epos is baie welkom!
Support the show
Boeke van die profete 34: Jona gaan na Nineve
2026/08/06
In hoofstukke 3 en 4 lees ons hoe Jona toe tog in Nineve gaan preek het, maar hy was kwaad oor God se besluit daarna....
Boodskappe per epos is baie welkom!
Support the show
Boeke van die profete 33: Jona kry 'n opdrag by God
2026/07/30
Jona 1 en 2 vertel ons hoe God vir hom 'n opdrag gegee het om na Nineve toe te gaan, maar hy hardloop weg van God af en beland in 'n vis se maag.
Boodskappe per epos is baie welkom!
Support the show
Boeke van die profete 32: Die profeet Obadja
2026/07/23
In Obadja lees ons van die profesie teen Edom, of Esau, die broervolk van Israel.
Boodskappe per epos is baie welkom!
Support the show
Boeke van die profete 31: Die boek Amos
2026/07/16
Amos was 'n skaap- en vyeboer wat God se strawwe vir Israel moes gaan vertel. Sy boodskap eindig met God wat tog 'n deeltjie van sy volk weer sou herstel.
Boodskappe per epos is baie welkom!
Support the show
Boeke van die profete 30: Die profeet Joël
2026/07/09
Joël was 'n profeet in Juda, maar ons is onseker wanneer hy opgetree het. Hy het straf aangekondig, maar ook God se liefde en geduld vir die mense wat na Hom toe kom.
Boodskappe per epos is baie welkom!
Support the show
Boeke van die profete 29: Die profeet Hosea
2026/07/03
Die boek Hosea vertel die storie van hoe God sy profeet se huweliks- en gesinslewe gebruik het om vir Israel te vertel wat Hy vir hulle wil sê.
Boodskappe per epos is baie welkom!
Support the show
Boeke van die profete 28: Daniël kry prentjies van die toekoms
2026/06/25
In Daniël 7 tot 12 lees ons van visioene wat Daniël by God gekry het oor wat in die nabye en verre toekoms gaan gebeur. Vir ons is die belangrik om te weet: God is steeds in beheer!
Boodskappe per epos is baie welkom!
Support the show