1829690108
Kerksondermure (KSM)

Advertise on podcast: Kerksondermure (KSM)

This podcast has
149 episodes
Explicit
No
Date created
2025/07/29
Latest episode
2026/11/09
Average duration
31 min.
Release period
4 days

Description

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure. By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.

Podcast episodes

Check latest episodes from Kerksondermure (KSM) podcast


Gerrit Visser | Die God wat almal verbaas het
2026/11/09
Ons dien ‘n God wat anders is. Hy is die God wat almal verbaas het, en dit steeds doen. Teenoor ons verwagtinge van die lewe en God is daar Sy wil en die manier wat Hy Homself openbaar. Om die Jesuslewe te ontdek en te groei as Sy dissipel is om te verstaan wat agter jou verwagtinge skuil, en hoe groot Sy liefde vir jou is.
Johan Smith | God kies jou ... ten spyte van ...
2026/11/09
Elke mens, ook ek en jy, het nou eenmaal die geneigdheid om ons blind te staar teen die realiteit van ons foute, tekortkominge en verkeerde keuses. Ja, jy maak foute, maar God…….. Hy is jou Vader wat jou steeds kies, wat jou steeds aanvaar, wat jou altyd sal liefhê ten spyte van jouself en al jou tekortkominge en soms dwase besluite en optrede. Kry nuwe hoop! Kry nuwe inspirasie! Ons dien ‘n wonderlike God.
Stephan Joubert | Keer dat jou siel sink
2026/11/09
Wanneer hoop wegloop, is daar moeilikheid. Dit gebeur in Klaagliedere. Almal se hoop het die pad gevat. Maar dan ontdek die skrywer van Klaagliedere 3 dat God nie weg is nie. En dat sy siel nie mag sink nie. Hy leer om God weer raak te sien, die goeie God wat naby en vol ontferming is. Hy leer ook dat daar geen einde aan God se daaglikse trou en ontferming is nie. Dan wen hoop weer veld in sy lewe. Dan wen dit sy hart terug.
Johan Smith | Jesus stuur ons om mooi te maak
2026/11/02
Ja, ons weet teen die tyd: Jesus maak die wêreld ‘n beter en mooier plek. Nou stuur Hy jou en my om dit saam met Hom te doen. Dit het baie praktiese, hande-en-voete implikasies vir jou lewe elke dag. Luister gerus saam na die praktyk van ons wat die wêreld ‘n beter en mooier plek maak saam met Jesus. Dis ‘n uitdaging – kom ons aanvaar dit en gaan leef dit!
Neels Marais | Jesus maak ons saam mooi
2026/10/26
Konflik in gesinne en families is deel van ons lewe. Soms is die bakleiery so erg dat ons op ‘n punt kom waar ons gewoon net sê: “Ek gee nie meer om nie” of “Ek worry nie meer oor daai persoon nie.” Tog kry ons die opdrag dat ons versoening moet najaag. In Jesus se woorde: “Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.” Christus se liefde dring ons, want aan ons is die bediening van versoening opgelê.
Fanie Venter | Jesus maak ons saam mooi
2026/10/26
Die wêreld word mooier wanneer verhoudings mooier word. In hierdie boodskap gaan ons ontdek hoe Jesus wat sy volgelinge se voete was, hierdie stelling waar maak.
Johan Smith | Jesus leer ons mooi sien
2026/10/19
Om te sien wat Jesus sien. Om te kyk soos Jesus kyk. Dis baie mooi gedagtes en absoluut die regte manier van dink en doen, maar dis makliker gesê as gedaan. Kom luister gerus na die Here se Woord oor hoe om die wêreld ‘n mooier en beter plek vir jouself en ander te maak. Kom leer om te sien soos Jesus sien.
Stehan Joubert | Kyk mooier: Kyk lewende water in lewende lywe raak
2026/10/19
Jesus vat kortpad deur Samaria. Nee Hy moet! Hy het ‘n afspraak met die “verkeerde” persoon - ‘n Samaritaanse vrou by die put van Sigar wat nie juis bekend is vir haar mooi sedelike lewe nie. Jesus sien haar egter in genade raak. Hy wys vir haar sy is in die teenwoordigheid van God Self.  Haar lewe word nuut. Dadelik meld sy aan in God se diens as sy vir almal in haar dorp gaan vertel Wie sy ontmoet het. Die gevolg is dat almal daar ook ontdek Jesus is die Redder van die wêreld.
Colin Smith | Ontdek die Jesus wat mooi maak in die nag
2026/10/12
Hoe donker is donker werklik? Hierdie week gaan loer ons in op ‘n gesprek wat in die nag plaasgevind het en ontdek ons die Jesus wat mooi maak – selfs daar in die NAG van iemand wat verward is, nuuskierig is, aangespreek word en uiteindelik ‘n keuse maak...
Stefan Fourie | Jesus maak ons mooi
2026/10/12
Wie is Jesus – en wat doen Hy met ’n mens se lewe? Jesus is meer as net ’n goeie mens of ’n profeet. Hy is God wat mens geword het – die Lig wat in ons donkerte inkom om ons nuut te maak. Kom ontdek hoe Jesus ons mooi maak.
Stefan Fourie | Nuwe mense, leef nuut.
2026/10/05
Jesus word sigbaar deur die brood wat ons uitdeel – dit is wat Jesus-volgelinge hulle mee besig hou wanneer hulle weet hulle is gered, en hulle is vrygespreek... hulle kies om Jesus sigbaar te maak vir mense rondom hulle. Hoekom? Want die wêreld word ‘n beter plek wanneer mense in Jesus glo.
Gerrit Visser | Word wie jy is – Galasiërs 5 en 6
2026/10/05
Ons leef in ‘n wêreld wat sê jou identiteit het iets ekstra nodig. Wie jy is, + goeie lewe, Wie jy is, + geld? Galasiërs het nuus wat ons vry maak: Jou identiteit is in Christus, en dit help jou nuut dink oor die + in jou lewe.
Neels Marais | Word wie jy is – Galasiërs 4
2026/09/28
Heel dikwels is ons alleen, gedaan en moeg. Soms kry ons seer, ons verkeer in pyn en ander kere weer is ons beangs en benoud. In sulke tye is dit vertroostend en bemoedigend dat ons die Here God as Vader kan aanspreek. Die Gees van Jesus wat in ons harte is, stel ons in staat om na God as Abba, Vader uit te roep. God is ons Hemelse Vader en het ons net so lief soos wat Hy sy Seun het.
Fanie Venter | Word wie jy is – Galasiërs 4
2026/09/28
Die Evangelie (die Goeie nuus oor Jesus) is so mooi! Paulus wys ons in Galasiërs 4 dat hoe dieper mens delf in die Evangelie, hoe mooier word dit. Kom ontdek in hierdie boodskap saam met ons die skoonheid van die Evangelie.
Johan Smith | Word wie jy is – Galasiërs 3
2026/09/21
Paulus is kwaad, ontwrig, teleurgesteld…….ja, jy lees reg, dis Paulus as hy skryf aan die Galasiërs in Galasiërs 3. Dalk is ‘n beter beskrywing: hy spoeg vuur. Mense verdraai die Evangelie. Hulle gaan soek hulle identiteit in werke en die wet. Hy wat Paulus is, het die Evangelie aan hulle “geskilder” en vertel, maar hulle verkies om die wet-pad te loop. Maak seker jy hoor Paulus se hart en waarheid duidelik en verstaanbaar. Dis werklik lewensbelangrik vir jou en my.

Podcast reviews

Read Kerksondermure (KSM) podcast reviews


0 out of 5
0 reviews

Podcast sponsorship advertising

Start advertising on Kerksondermure (KSM) relevant audience podcasts


What do you want to promote?

You may also like to advertise on these Podcasts