1520218027
Mannetjiesvrou

Advertise on podcast: Mannetjiesvrou

This podcast has
22 episodes
Language
English
Date created
2020/06/24
Latest episode
2022/06/17
Average duration
51 min.
Release period
52 days

Description

'n Potgooi vir die Afrikaanse lesbiër. Leer jou les.

Unlock Mannetjiesvrou podcast Email contact info,
Listeners & Audience details

Email contact information

Direct podcast contact details

Listeners

Audience numbers & engagement insights

Audience details

Podcast Insights

Podcast episodes

Check latest episodes from Mannetjiesvrou podcast


Episode 1: Hoe gemaak met homofobie?
2022/06/17
Ná maande se stilte herrys Mannetjiesvrou soos Letserus. Luisteraars, ons is terug en ons duik sommer op die daad diep met ’n gesprek oor homofobie. Hoe kan die lesbiër haar staal vir homofobie, hetsy dit mikroaggressies is, of ernstiger homofobiese gedrag? Mannetjiesvrou – leer jou les. Luister na Angie Oeh se debuut-EP, Sex in Afrikaans: https://ffm.to/sexinafrikaansep  Musiek: Scott Holmes – "Hotshot"
Episode 9: Nuwejaarsvoornemens, voëltoere, lesbiese road trips en straatvryery
2022/01/14
Episode 9 bring jou op die hoogte van die mannetjiesvroue in die voorkamer se persoonlike sake. Ons is opgewonde om vir jou insiggewende en vermaaklike inhoud te bring in 2022 – e-pos gerus enige voorstelle vir episodes na [email protected]. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”
Episode 8: Daar onder lê vier pikkewyne – ’n gesprek oor vulvas
2021/11/19
In episode 8 van Mannetjiesvrou kyk ons na die klitoriskappie, die skaamheuwel, die labia majora en minora en al die ander aspekte van ons oogappel, die vulva. Ons praat sonder doekies omdraai oor menstruasie, afskeidings en die skaamte wat baie mense het oor hulle skaamdele. Voor julle nou alles wat ons sê vir soetkoek opeet (want ons is allermins medici), gaan loer ook asseblief hier: Meer oor die bou van die vulva en vagina: https://www.lunette.com/pages/anatomy-101 The Vulva Gallery: https://www.thevulvagallery.com/ Die interne bou van die klitoris: https://www.theguardian.com/commentisfree/2016/sep/15/3d-model-clitoris-sexual-revolution-sex-education-womens-sexuality  Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”
Episode 7: Mishandeling in selfdegeslagverhoudings
2021/09/27
In episode 7 bespreek ons ’n onderwerp waaroor daar gans te min gepraat word. Mishandeling in selfdegeslagverhoudings kom baie meer algemeen voor as wat die meeste mense mag dink – ons kyk onder andere na wat die gevaartekens is en waarom LGBT-mense dikwels huiwerig is om mishandeling aan te meld. As jy met iemand wil praat, kontak gerus die kundige en bekwame organisasies hier onder: Triangle Project Webwerf: https://triangle.org.za/contact/ Hulplyn: 021 712 6699 TEARS Foundation Webwerf: https://www.tears.co.za/get-help-now/ Hulplyn: *134*7355# POWA Webwerf: https://www.powa.co.za/POWA/get-help/ Hulplyn: 076 694  5911 Gender-Based Violence Command Centre Webwerf: https://gbv.org.za/contact-us/ Hulplyn: 0800 428 428 Stop Gender Violence Helpline: 0800 150 150 Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”
Episode 6: Rabbedoe, rabbedoe
2021/08/27
Saartjie Baumann, Kobie van Maasdorp en 7de Laan se Wilmien is almal voorbeelde van wat in die volksmond bekend staan as ’n rabbedoe. Ons betrag dié maltrap vanuit alle hoeke en wonder hoe sy so geliefd geraak het in die Afrikaanse popkultuur. Ons deel ook opwindende nuus oor ’n baanbrekerboek waartoe ons bygedra het. Bestel Skeef – Wat jy van LGBTIQ-wees wil weet deur Renaldo Schwarp hier: https://www.loot.co.za/product/renaldo-schwarp-skeef/kjhj-7418-g520. Skeef is van 1 September op die rakke – moenie vergeet om jou storie oor rabbedoes met ons te deel om in aanmerking te kom om ’n kopie van die boek te wen nie! Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”
Episode 5: Hooftrekke uit die voorkamer
2021/08/08
Ná ’n lang tydperk van stilswye, bied ons ’n blik op die afgelope paar weke. In geen chronologiese volgorde nie, hoor jy onder andere van okkultiese koekdriehoeke, die pes, palliatiewe sorg met behulp van vibrators, spieratrofie, die Satisfyer Pro 2 en A Little Life (deur Hanya Yanagihara). Maak ’n teetjie en kom sit. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”
Episode 4: My Sarie Marais is so ver van my hart
2021/05/01
In episode 4 van Mannetjiesvrou bespreek ons die lank en die kort van langafstandverhoudings. Hoe laat die lesbiërs in langafstandverhoudings dit werk? Hannelie Otto en Janita Botha deel hul ervaring. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”
Episode 3: Die lesbiër en geestesgesondheid
2021/04/10
In hierdie episode van Mannetjiesvrou praat ons oor hoe geestesgesondheid en veral depressie en angs die lesbiër se lewe kan beïnvloed. Indien jy met iemand wil gesels oor jou eie geestesgesondheid, kontak gerus die organisasies hier onder. Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep (SADAG) https://www.sadag.org/ 0800 456 789 / 0800 567 567 Sien ook ’n lys van organisasies in jou provinsie hier.  Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”
Episode 2 – Ware lewensdrama: Hetero-Hannelie maak haar hart oop
2021/03/19
EKSKLUSIEF: Al ooit gewonder oor die geheime weë van die heteroseksuele vrou? Hetero-Hannelie antwoord openhartig en sonder skroom of doekies omdraai al die vrae wat jy sku is om te vra. Mannetjiesvrou – leer jou les (en alles tussenin) Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”
Episode 1: Queer wees by die werk
2021/03/05
Welkom terug in die voorkamer van die lesbiër! In episode 1 van die tweede reeks van Mannetjiesvrou praat ons oor uit wees by die werk. Is dit nodig dat jou kollegas moet weet van jou seksuele oriëntasie – en is daar 'n spesifieke manier waarop queer mense moet uitkom in 'n professionele omgewing?  Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”
Episode 12: Wederom, 2020!
2020/12/26
In episode 12 van Mannetjiesvrou bring ons vir jou 'n laat Krismisdoos, tesame met nog 'n aflewering uit die Woldriehoek se wêreld. Ons wens al ons luisteraars 'n baie goeie feesseisoen en 'n wonderlike 2021 toe – ons is opgewonde om weer volgende jaar die voorkamer se deure wyd oop te gooi! Lees gerus hier en hier oor 2020-flieks met LGBTQ-inhoud. Kyk mooi na jouself! Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”, Lobo Loco – “Brain Instrumental”. 
Episode 11: Bi, bi, bi
2020/11/23
In episode 11 van Mannetjiesvrou is die voorkamer bedrywig! Ons gaste, Mathilda Smit en Juani Smith, deel hulle gedagtes oor biseksualiteit en werp so 'n bietjie meer lig op wat dit beteken om in die jaar 2020 as biseksueel te identifiseer. BONUS: Luister ook aan die einde van hierdie episode na 'n gesprek oor die jongste uitgawe van Stilet, waarin die skrywer en resensent Joan Hambidge gehuldig word. Lees die joernaal op stilet.digital en volg Stilet se Facebookblad om op die hoogte te bly van nuwe artikels en uitgawes. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – "Hotshot"

Podcast reviews

Read Mannetjiesvrou podcast reviews


0 out of 5
0 reviews

Podcast sponsorship advertising

Start advertising on Mannetjiesvrou relevant audience podcasts


What do you want to promote?