Unlock Spektrum podcast Email contact info,
Listeners & Audience details
Email contact information
Direct podcast contact details

Listeners
Audience numbers & engagement insights

Audience details
Podcast Insights

Podcast episodes
Check latest episodes from Spektrum podcast
Spektrum: MK-party skop sekretaris-generaal uit
2026/10/23
23 Oktober 2026: Die MK-party skop sy sekretaris-generaal uit. Die Openbare Beskermer las 'n ondersoek na die Bronkhorstspruit-waterkrisis. Die polisie in Durban verskerp sy sigbaarheid nadat 'n groep mense 'n buitelandse burger doodslaan.
Spektrum: Ongeloof oor onderwysdepartement se R630 miljoen onderspandering
2026/10/22
22 Oktober 2026: Ongeloof dat die nasionale onderwysdepartement R630 miljoen onderspandeer het. Ons praat met 'n ekonoom oor hoe November se brandstofpryse behoort te lyk ná gister se verligting. Die Suid-Afrikaanse regering maak groot vordering in die hantering van sy skuldlas.
Spektrum: Oortree Gayton McKenzie verkiesingsgedragskode?
2026/10/21
21 Oktober 2026: Oortree die PA se Gayton McKenzie die verkiesingsgedragskode? Motoriste hoop dat vanmiddag se minibegroting verligting by die brandstofpomp sal gee. Haai-aanvalle in die kollig ná gister se noodlottige voorval.
Spektrum: Ondersoek na beweerde versuim deur Tshwane-amptenare om chloor in drinkwater te gooi
2026/10/20
20 Oktober 2026: 'n Ondersoek begin na die beweerde versuim deur Tshwane-amptenare om chloor in die drinkwater te gooi. Sowat 400 mense in Bronkhorstspruit het maagdermontsteking ontwikkel. 'n Polisie-generaal verskyn in die hof op aanklagte van die onwettige besit van ammunisie. Moontlike verligting vir motoriste oor die hoë brandstofprys in môre se mini-begroting.
Spektrum: Vier nuwe gevalle van a-pokke in SA
2026/10/19
19 Oktober 2026: Oudpresident Thabo Mbeki beskryf die ooreenkomste wat tussen die ANC en die apartheidsregering bereik is as 'n legkaart. Die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, is terug op kantoor. Vier nuwe a-pokke-gevalle word in Suid-Afrika bevestig, wat die totaal sedert Januarie vanjaar op 26 te staan bring.
Spektrum: Kommer oor ernstige kinderwanvoeding in Oos-Kaap
2026/10/16
16 Oktober 2026: Kommer oor ernstige voedselonsekerheid en wanvoeding onder kinders in die Oos-Kaap. 'n Waarskuwing dat Suid-Afrikaners aansienlik meer kan opdok vir hoender wat van Europa ingevoer word. Die Inkomstediens reageer op klagtes dat terugbetalings vanjaar langer as gewoonlik neem.
Spektrum: Verkiesingsdebat - Mangaung
2026/10/15
15 Oktober 2026: Die Mangaung-metro in Bloemfontein in die Vrystaat is in die nuus oor die ANC se kanidaatslyste wat nie betyds ingedien is voor die OVK se spertyd nie. Die Konstitusionele hof het pas uitspraak gelewer in die ANC se aansoek dat 181 van sy kandidate se name wél op die kieserslys vir die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November kan verskyn. Die hof het beslis dat die ANC dié kandidate op die party se kieserslys mag hê. Daar was trane van blydskap van die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula. Hy het ná die uitspraak gesê hy het gewonder of hy uit sy posisie moet tree. Terwyl Mbalula die konferensie teogespreek het, het hy inmekaar gesak. Die Mangaung-metro word direk hierdeur geraak, want die ANC se proporsionele kandidate sou uitgesluit gewees het as die hof anders besluit het. Die helfte van die setels in die Mangaung-raad is proporsioneel, en al agt ANC-burgemeesterskandidate is op die party se proporsionele lys. Die Mangaung-metro sluit Bloemfontein in, en die dorpe Botshabelo, Thaba Nchu, Dewetsdorp, Soutpan, Van Stadensrus en Wepener. Die gaste is Werner Pretorius (DA-burgemeesterskandidaat), Logan Kruger (ANC-raadslid), Sophia Swartz (Patriotic Alliance se burgemeesterskandidaat) en professor Elizabeth Snyman-Van Deventer (Vryheidsfront Plus se koukusleier en burgemeesterskandidaat).
Spektrum: Zuma laat vaar appèl in korrupsiesaak
2026/10/14
14 Oktober 2026: Oudpresident Jacob Zuma laat vaar sy appèl in sy korrupsiesaak. Die jongste Suid-Afrikaanse Voedselsekerheidsindeks wys dat al hoe minder families voedsame voedsel kan bekostig. Agri SA hou sy jaarlikse kongres midde 'n moeilike jaar vir boere.
Spektrum: Shadrack Sibiya se borgtogaansoek in verkragtingsaak uitgestel
2026/10/13
13 Oktober 2026: Regstreeks vanaf die Suider-Afrika Telekommunikasie Netwerke en Toepassingskonferensie in die Darkensberg. Ons kyk na Die toekoms van digitale kommunikasie en die rol van kunsmatige intelligensie. Die voormalige adjunkpolisiehoof Shadrack Sibiya se borgtogaansoek in sy verkragtingsaak tot môre uitgestel. Meer as 960 000 matrikulante begin landwyd met hulle eindeksamen.
Spektrum: ANC in Konstitusionele Hof om 181 raadslede op stembrief te kry
2026/10/12
12 Oktober 2026: Die ANC wend hom tot die Konstitusionele Hof in 'n poging om 181 raadslede op die stembrief te kry. Ons praat met 'n politieke kenner oor wie die MK-leisels sal vashou terwyl Jacob Zuma siek is. Die Aussies het die hef in die hand teen die Proteas in Durban.
Spektrum: Kan ’n vierdag-werkweek tot gesonder personeel lei?
2026/10/09
9 Oktober 2026: Die departement van binnelandse sake trek sy direktief oor die aanvaarding van asielaansoeke terug. Kan ’n vierdag-werkweek tot gesonder personeel lei? Bendegeweld op die Kaapse Vlakte is onder die vegrootglas. Wat is die ware braaibroodjie?
Spektrum: Ontvanger wil belasting op die taxibedryf hef.
2026/10/08
8 Oktober 2026: Die Inkomstediens wil belasting op die taxibedryf hef. Oud-weermaglede is onseker of hulle private mediese dekking van November af sal hê. Kan voorgeskrewe brande gemeenskappe teen veldbrande beskerm? Springbok kry sy eie boeremark.
Spektrum: Verkiesingsdebat - Stellenbosch
2026/10/07
Regstreekse uitsending van die RSG Nuus en Aktualiteits-verkiesingsdebat vir die Stellenbosch-munisipaliteit. Die ANC (Jerimia Thuynsma), DA (Jeremy Frasser), Good ( Marius van Stade), VF+ (JC Macfarlane) en die EFF (Carl Niehaus) sal Suzanne Paxton te woord staan oor verkiesingsbrandpunte.
Spektrum: Hoekom vaar sommige munisipaliteite beter as ander?
2026/10/06
6 Oktober 2026: Hoekom vaar sommige munisipaliteite beter as ander? Ons stel dié vraag aan 'n regeerkundige. Ons fokus op die val van Steinhoff. Dr. Allan Boesak se nalatenskap word in 'n nuwe boek vervat. Wyntoerisme se bydrae tot die ekonomie is onder die vergrootglas.
Spektrum: Duisende in Tshwane steeds kragloos
2026/10/05
5 Oktober 2026: Duisende inwoners in die Tshwane-metro is steeds sonder krag. Miljoene onderwysers wêreldwyd teen 2030 benodig. Het die verbod op selfone in die klaskamer 'n positiewe uitwerking op leerlinge se akademiese prestasie? Die Stellenbosch Wynroete vier sy 55ste bestaansjaar.
Podcast sponsorship advertising
Start advertising on Spektrum relevant audience podcasts
You may also like to advertise on these Podcasts

4.828046452
Huberman Lab
Scicomm Media

4.240683
To Be The Man
Podcast Heat | Cumulus Podcast Network

4.41511432000
The Ben Shapiro Show
The Daily Wire

4.2155648
TENNIS.com Podcast
TENNIS.com Podcast/Tennis Channel Podcast Network

4.510851772
The Joe Budden Podcast
The Joe Budden Network

4.611642506
The Bulwark Podcast
The Bulwark

4.711485390
Matt and Shane's Secret Podcast
Matt McCusker & Shane Gillis

4.82525179
Smosh Reads Reddit Stories
Smosh

4.975193749
Small Town Murder
James Pietragallo, Jimmie Whisman

4.71292595
Bulwark Takes
The Bulwark
