1535097095
AfriPod

Advertise on podcast: AfriPod

Rating
★★★★★
5
from
1 reviews
This podcast has
61 episodes
Language
English
Explicit
No
Date created
2020/10/08
Latest episode
2026/05/28
Average duration
17 min.
Release period
39 days

Description

AfriPod is ’n weeklikse aflewering van belangrike nuus en inligting wat jou raak. Elke week gesels ons aanbieders met kenners sodat jy toegerus kan wees met inligting en goeie raad. Jy kan uitsien na onderwerpe soos grondgrype en wat jou te doen staan, onteiening sonder vergoeding, hoe om jouself binne die raamwerk van die wet te beskerm en nog baie meer. Vrae en voorstelle kan gestuur word na [email protected].

Unlock AfriPod podcast Email contact info,
Listeners & Audience details

Email contact information

Direct podcast contact details

Listeners

Audience numbers & engagement insights

Audience details

Podcast Insights

Podcast episodes

Check latest episodes from AfriPod podcast


AfriForum veg vir privaat vuurwapenbesit
2026/05/28
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se jaarverslae toon sedert 2020-2021 ’n skerp toename in die aantal vuurwapenlisensie-aansoeke. Jacques Broodryk, AfriForum se hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, verduidelikin hierdie episode van AfriPod wat moontlike redes hiervoor is en hoe AfriForum privaat vuurwapenbesit beskerm.
NWU weier om die sing van “Kill the Boer” te veroordeel
2025/10/30
Die dreunsang “Kill the Boer” is op 22 September 2025 tydens ’n EFF Student Command-protesaksie by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus gesing. AfriForum het die NWU gevra om die sing van dié dreunsang te veroordeel, maar hulle het geweier om dit te doen. In hierdie episode van AfriPod gesels Louis Boshoff, woordvoerder vir AfriForum Jeug, oor volgende stappe wat gedoen gaan word.
Tshwane kry weer bloedneus in die hof oor stadsreinigingsheffing
2025/08/27
Die Tshwane-metro het Maandag vir ’n tweede keer bloedneus in die hof gekry oor die omstrede stadsreinigingsheffing wat op omtrent 250 000 munisipale rekeninge aangebring is. Dit volg nadat die metro se aansoek om verlof tot appèl, in die saak wat AfriForum vroeër gewen het, van die hand gewys is. Die Tshwane-metro wou dié heffing, ten bedrae van nagenoeg R220 per maand, instel op huishoudings wat nie van die metro se vullisverwyderingsdiens gebruik maak nie. Die hof het egter in AfriForum se guns beslis en bevind dat dié heffing onwettig is.
Ultimate Marksmanship Championship kom op AfriForumTV
2025/08/15
Suid-Afrika se beste skuts word gesoek vir die Ultimate Marksmanship Championship wat vir ’n TV-reeks op AfriForumTV opgeneem sal word. Groot prysgeld is in dieonderskeie afdelings op die spel met soveel as R100 000 wat aan kategoriewenners toegeken sal word. Klik ⁠hier⁠ om meer oor die kompetisie uit te vind.
AfriForum soek swaarder strawwe vir kabeldiewe
2025/06/25
Koperkabeldiefstal veroorsaak elke jaar miljarde rande se skade en ongerief. Eskom en Transnet loop die ergste deur en die belastingbetaler moet boonop vir die skade opdok.AfriForum doen daarom ’n beroep op die instelling van swaarder strawwe vir kriminele wat hulself aan hierdie misdaad skuldig maak.
Wanneer mag jy skiet? (Deel 2)
2025/06/06
In hierdie episode van AfriPod word die gesprek met Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, voortgesit oor wanneer ’n vuurwapen vir selfverdediging binne die raamwerk van die wet gebruik mag word.
Wanneer mag jy skiet? (Deel 1)
2025/06/06
Wanneer mag ’n wettige vuurwapeneienaar sy of haarvuurwapen in selfverdediging gebruik? Mag ek skiet wanneer ek in my huis oorval word? Het ek die reg om te skiet wanneer ek gekaap word? Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, beantwoord dié en verskeie ander brandende vrae oor vuurwapengebruik in hierdie en die volgende episode van AfriPod.
AfriForum en Tshwane-metro se samewerking gaan steeds voort
2025/05/29
AfriForum het verlede jaar kort voor die nasionale verkiesing ’n memorandumvan verstandhouding met die Tshwane-metro onderteken. Die koalisieregering onderdie DA is egter intussen uit die kussings gelig. ’n Stap wat dié ooreenkoms ingedrang gebring het. Die nuwe burgemeester het egter sedertdien aan AfriForumdie versekering gegee dat dié samewerking sal voortgaan.
AfriForum teen stadsreinigingsheffing in Tshwane gekant
2025/05/22
Die Tshwane-metro beplan om op 1 Julie 2025 ’n omstrede stadsreinigingsheffing in te stel. Hiervolgens sal inwoners wat nie van die stad se vullisverwyderingsdienste gebruik maak nie, bykans R200 per maand moet opdok om selfs meer tot die metro se begroting by te dra. Arno Roodt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Pretoria-Suid, gesels in hierdie episode van AfriPod oor hierdie heffing en hoe die metro eerder op alternatiewe wyses die begroting kan laat klop.
160 jaar van vriendskap: Afrikaners en die Seleka Barolong
2025/04/10
’n Vriendskap van 160 jaar tussen Afrikaners en die Seleka Barolong van Thaba Nchu is onlangs gevier. Barend Uys, hoof van Interkulturele Verhoudings en Samewerking by AfriForum, gesels in hierdie episode van AfriPod oor dié besonderse verhouding tussen hierdie twee kultuurgemeenskappe.
Vuurwapens: Só werk die aansoekproses
2025/04/03
Die aansoek om ’n vuurwapenlisensie kan ’n gekompliseerder proses word as ’n mens nie weet waarom te begin nie. Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, verduidelik in hierdie episode van AfriPod hoe die aansoekproses werk en gee wenke oor wat ’n mens tydens die aansoekproses moet en liefs nie moet doen nie.
Só gaan die NGV jou raak
2025/03/14
Sedert die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) aangekondig is bly dié stuk wetgewing ’n warmpatat vir die regering. In hierdie episode van AfriPod verduidelik Louis Boshoff, veldtogbeampte by AfriForum, hoe die NGV gewone burgers kan raak.
AfriForum vra minister om in belang van kultuurgemeenskappe op te tree
2025/03/06
AfriForum het kommentaar ingedien op die Wetsontwerp opTradisionele en Khoi-San-leierskap en ’n brief is ook aan die minister van Samewerkende Regering en TradisioneleSake gestuur waarin ’n beroep gedoen word om in belang van kultuurgemeenskappe op te tree. Barend Uys, hoof van Interkulturele Verhoudings en Samewerking by AfriForum, vertel in hierdie episode meer hieroor.
Onteieningswet: Wat jy moet weet
2025/01/31
Daar is nog baie onduidelikheid rakende die nuwe Onteieningswet. Rindt Pretorius, regs- en risikobeampte by AfriForum, verduidelik in hierdie episode van AfriPod hoe dié wetgewing Jan Alleman kan raak.
AfriForumTV
2024/12/10
Die Desember-vakansie is net om die draai en of jy nou weggaan of met Jan Tuisbly se karretjie ry, AfriForumTV het iets vir jou. Shinelle Brewis, koördineerder by AfriForumTV, gesels vandag oor hoe AfriForumTV werk en oor van die programme wat op hierdie platform gekyk kan word. Dis boonop gratis om in te teken!

Podcast reviews

Read AfriPod podcast reviews


5 out of 5
1 reviews
★★★★★
CPTStillman 2020/11/21
Excellent!!
Very well done podcast in a subject that actually matters!
check all reviews on apple podcasts

Podcast sponsorship advertising

Start advertising on AfriPod relevant audience podcasts


What do you want to promote?