1553911655
JanOosthuizen

Advertise on podcast: JanOosthuizen

This podcast has
358 episodes
Language
English
Explicit
No
Date created
2021/02/16
Latest episode
2026/09/13
Average duration
41 min.
Release period
11 days

Description

Om tot eer van Sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid aan God te bring. (Rom 1:6)

Unlock JanOosthuizen podcast Email contact info,
Listeners & Audience details

Email contact information

Direct podcast contact details

Listeners

Audience numbers & engagement insights

Audience details

Podcast Insights

Podcast episodes

Check latest episodes from JanOosthuizen podcast


Die Gevaar van die Enkel Storie Beeld
2026/09/13
Ons het almal al die pyn beleef wanneer iemand ons van iets beskuldig wat ons eerlikwaar nie gedoen het nie! Of wanneer ons 'n skinderstorie hoor wat heeltemal van die waarheid ontbloot is! Dit maak seer.Omdat ons almal deesdae op een of ander manier swaarkry, raak ons maklik selfgefokus. Voeg daarby die ure wat ons op skerms deurbring en na mekaar se stories kyk sonder om werklik kontak te maak – en dit lei daartoe dat ons al hoe meer ENKEL-STORIE-BEELDE van mekaar vorm.Leer in hierdie boodskap om met nuwe oë na God, jouself en jou medemens te kyk, en dalk vir die eerste keer regtig die mens agter die prentjie raak te sien!www.harvestercederberg.co.za/die-gevaar-van-die-enkel-storiebeeld/
#3 Watter Geestelike Beginsels Kan Ons Leer van die ATLEET
2026/09/06
Die “atleet” taal en metavoor word dikwels gebruik in die NT, met goeie rede. DIe atleet is die beste voorbeeld van die beginsel van ONTHOUING, weerhouing, terughou, opoffering en dissipline wat die verg om ’n olimpiese medalje te verower. “Onthou hom van alles” vertaal die Grieks enkrateuetai, van enkrateia — selfbeheersing. Dit is nie ’n toevallige eienskap wat sommige mense het en ander nie besit nie; dit staan later in Galasiërs 5:22-23 as vrug van die Gees, langs liefde en vreugde en vrede. “Ek kasty” is hupopiazo — bokstaal, letterlik om iemand ’n blouoog te gee. Paulus verklaar nie oorlog teen sy liggaam as vyand nie; hy plaas dit onder bevel as rekruut en dissipel. Dit moet leer volg, nie lei nie.Ons het almal nodig om geestelik FIKS en STERK te wees in hierdie tye wat ons leef! Leer in hierdie preek hoe om dit reg te kry! Preeknotas: www.harvestercederberg.co.za/watter-geestelike-beginsels-kan-ons-leer-van-die-atleet/
#2 Watter Geestelike Beginsels leer ons van die SOLDAAT?
2026/08/30
#2 Watter Geestelike Beginsels leer ons van die SOLDAAT? 'n Soldaat gee sy lewe weg lank voor hy ooit 'n vyand sien. Die oomblik wat hy die eed aflê, hou hy op om aan homself te behoort.Paulus gebruik presies daardie beeld vir jou: "Ly saam met my as 'n goeie soldaat van Christus Jesus" (2 Tim 2:3)."Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my." — Galasiërs 2:20Ons kyk hierdie Sondag na een van die kwaaiste vormingsprosesse waaraan mense hulleself onderwerp, die opleiding van 'n Amerikaanse Navy SEAL — en wat dit ons leer oor wat dit werklik beteken om Christus te volg. Preeknotaswww.harvestercederberg.co.za/wat-se-geestelike-beginsels-kan-ons-leer-van-die-soldaat/
#1 Watter geestelike beginsels kan ons leer van Boer?
2026/08/23
Hierdie is nogal regtigwaar 'n boodskap wat elke landbou produsent moet hoor of lees... om hulle moed in te praat oor hulle GELOOF wat hulle beter verstaan as die meeste mense!6Hardwerkende boere is die eerste wat die vrug van hulle arbeid geniet. 7Dink na oor wat ek sê. Die Here sal jou help om al hierdie dinge beter te begryp. 2 Tim 2:6 Boerdery is GELOOF in AKSIE. Kom ons leer van die BOER die geestelike beginsels en lesse wat ons nodig het om in hierdie lewe te oorwin! Lees gerus die Preek Notas:www.harvestercederberg.co.za/wat-leer-die-boer-ons-oor-die-geestelike-lewe/
Goed Toegerus vir elke Goeie Werk
2026/08/16
'n Besinning oor 2 Petrus 1:3-8Toe jy in 'n oomblik wederbaar is as kind van God, is jy bestem om 'n heerser te wees. Nie oor 'n paleis nie – oor 'n domein, invloedssfeer, 'n “metron” en area, of gebied waaroor jy outoriteit het. Jou eerste heerskappy is oor jou eie hart en verstand. Daarvandaan brei dit uit: jou liggaam, jou huwelik, jou gesin, jou besigheid, die kringe waarin jy invloed dra. Elkeen van hierdie areas wag vir 'n regeerder. Die vraag is nooit óf jy sal regeer nie – die vraag is met watter gehalte heers jy in daardie gebied. Elkeen van hierdie "domeins" sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is. (Rom 8:19) En hier's die goeie nuus, jy is alreeds Goed Toegerus vir elke Goeie Werk. www.harvestercederberg.co.za/goed-toegerus-vir-elke-goeie-werk/
Hoe die Kerk 'n teenmiddel vir Chaos en anargie kan wees.
2026/07/26
HOE DIE KERK 'N TEENMIDDEL VIR CHAOS EN ANARGIE KAN WEESHoekom voel dit asof die wêreld uitmekaar val?Skakel die nuus aan, blaai vyf minute op jou foon, en jy sal dit oral vind — leiers wat nie vertrou kan word nie, stelsels wat nie werk nie, en 'n stygende vloed mense wat eenvoudig opgehou het om te glo dat enigiets reggemaak kan word. Ons het 'n woord hiervoor in Grieks. Dit is anomie — "sonder wet." Dit is presies die woord wat Paulus gebruik wanneer hy praat van "die misterie van wetteloosheid" wat reeds in die wêreld aan die werk is (2 Tessalonisense 2:7). Maar hier is die vraag waarmee ek vanoggend worstel: as wetteloosheid die huidige realiteit is, is die kerk bloot bedoel om dit te oorleef — of kan ons iets daaromtrent doen? www.harvestercederberg.co.za/hoe-die-kerk-n-teenmiddel-vir-chaos-en-anargie-kan-wees/
Die Ware Betekenis van Sout wat Laf geword het
2026/07/05
Wanneer laas het iets presies reg gelyk – en toe nie die funksie verrig waarvoor dit vervaardig is nie?Dink aan 'n brandblusser wat, op die oomblik toe jy dit tydens 'n vuur moes gebruik, tot jou skok niks by die spuit uitkom nie.  Of die selfoon se ekstra battery wat jy gedink het nog vol gelaai is, maar wat morsdood is wanneer jy dit wil gebruik. Of die noodnommer wat teen die yskas geskryf staan, maar wat, toe jy dit tydens 'n krisis bel, nie meer bestaan nie.  Dit is teen hierdie agtergrond dat Jesus hierdie vreemde enkel sinnetjie aankondig.  Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word? Dit is nie bruikbaar vir die grond of vir die ashoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor. Lukas 14:34-35Preek Notas www.harvestercederberg.co.za/die-ware-betekenis-van-sout-wat-laf-geword-het/
JEREMIA die onversetlike, volhardende, en onwrikbare PROFEET
2026/06/28
JEREMIA die onversetlike, volhardende, en onwrikbare PROFEETDie wêreld het vandag meer Jeremias nodig. In 'n tyd waarin die waarheid relatief geword het tot elke mens se opinie en die gewete 'n opoffering is wat min wil dra, smag ons na stemme wat onwrikbaar die waarheid praat — nêrens meer as hier in Suid-Afrika nie. Ons het manne en vroue van morele oortuiging nodig wat die waarheid sal spreek in elke situasie waarin hulle bevind. Leuens, bedrog, verkeerde gesindheid, verkleinering, groep identiteit rasisme, skinder, en selfgeregtigheid gebeur soms reg voor ons oë, en dan bly ons liewer stil.  www.harvestercederberg.co.za/jeremia-die-onversetlike-volhardende-en-onwrikbare-profeet/
Jy is presies op die regte plek waar God jou geplaas het
2026/06/21
Is Ek Op Die Regte Plek?  Daar's 'n oomblik wat ons amal al op 'n tydstip beleef het: jy staan in die kombuis, of staan in 'n ry by SPAR, of sit agter 'n rekenaar, of in 'n kerk, en 'n stemmetjie vra of jy nie eintlik êrens anders moet wees nie.  Elia voel verlate onder ’n besembos (1 Kon. 19:4).
Moses swerf in die woestyn ver weg van sy mense (Num. 11:15).
Jona vlug van die bose stad Ninevé (Jonah 4:3).
Job sit op die ashoop (Job 3:11).
Jeremia in treur oor die sonde van sy volksgenote wat nie wou luister nie (Jer. 20:14). Paulus onder ondraaglike druk (2 Kor. 1:8). Ons kyk na drie mense wat nooit eers tyd gehad het om die vraag te vra nie – 'n seun met padkos, 'n diensmeisie sonder naam, 'n skinker in 'n vreemde land . Meeste Bybelse karakters het nie geweet hulle gaan geskiedenis maak nie. Hulle was net beskikbaar presies op die plek waar God hulle geplaas het.   https://www.harvestercederberg.co.za/jy-is-presies-op-die-regte-plek-waar-jy-moet-wees/
Lewe vanuit 'n Oop Hemel Belewenis In Christus
2026/06/14
Die wêreld word by die dag meer en meer verdeeld. Die komende lokale verkiesing gaan mense nog meer verdeel in kampe. Verder groei die agterdog, wedywering, self-beskerming en ambisie ten koste van ander by die dag. In Christus is ons op ’n manier verbind aan mekaar, dat ons soms letterlik soos mekaar klink, in harmonie en liefde en omgee vir mekaar, versigtig om mekaar nie te na te kom nie, maar tog eerlik te wees. Die Bybel beskryf in die OT dit as ’n oop hemel ervaring, in die NT word hierdie goddelike openbaring en nabyheid normatief in Christus Jesus ons Here, en later verdiep en geanker deur die uitstorting van die Heilige Gees. Die voorhangsel is geskeur! Kom BELEEF Jesus IN en ONDER ons! https://www.harvestercederberg.co.za/lewe-vanuit-n-oop-hemel-belewenis-in-christus/
Aktiewe Geraasonderdrukking
2026/06/14
Aktiewe Geraasonderdrukking om die Heilige Gees te kan hoor. Hoe Jesus die stilte gevind het — en hoe ons dit ook kan vindDaar is 'n nuwe merkwaardige tegnologiese wonder - Apple AirPods Pro. Aktiewe geraasonderdrukking. Die mikrofone luister vir die geraas wat om jou gebeur — die motors, die mense, die lawaai van die alledaagse — en skep 'n teenklank. Geraas plus teenklank is gelyk aan stilte. Die fisiese wet van destruktiewe inmenging in diens van geestelike ruimte van STILTE.Maar hier is die ironie wat ons oor moet dink: ons het 'n instrument uitgevind wat geraas kanselleer — en dan vul ons die stilte wat dit skep met nog meer geraas. Podcasts. Musiek. Nuus. Inhoud. Ons is so gewoond aan die lawaai dat ons nie meer weet wat om met die stilte te doen nie.→ Wanneer laas het jy doelbewus in stilte gesit — nie om iets te doen nie, behalwe om te luister? Na die Here se stem in jou hart? www.harvestercederberg.co.za/aktiewe-geestelike-geraasonderdrukking/
'n Algehele nuwe ORIËNTASIE vanuit die KONINGKRYK
2026/06/14
'n Algehele nuwe ORIËNTASIE vanuit die KONINGKRYK van GOD se PERSPEKTIEF - Soms benodig ons 'n heeltemal gans anderse perspektief op die realiteit van die Lewe! Preek Notas: www.harvestercederberg.co.za/n-algehele-nuwe-orientasie-vanuit-die-koningkryk-van-god-se-perspektief/
Konsentrasie en Fokus Jou Spesiale Gawe Van God #2
2026/06/14
#2 Konsentrasie en Fokus Jou Spesiale Gawe Van God ’n Studie het ondersoek hoe gereeld ’n gemiddelde Amerikaanse universiteitstudent werklik aandag gee aan enigiets. Die wetenskaplikes betrokke het dophousoftware op hul rekenaars geplaas en gemonitor wat hulle gedurende ’n tipiese dag doen. Hulle het ontdek dat ’n student gemiddeld elke vyf-en-sestig sekondes van take verwissel. Die mediaan tyd wat hulle op enige een ding gefokus het, was slegs negentien sekondes.Met meer mense wat al hoe meer tyd op skerms spandeer, raak ons behoefte vir ware KONNEKSIE meer akuut! Ware konneksie verg AANDAG GEE, ’n fyn aanvoeling vir mekaar ontwikkel, teenwoordig wees! Mag die Here ons help om in hierdie tegnologiese gerigte wêreld, relevant te bly sonder om ons siel te verkoop. Ons gesels vandag oor Bybelse maniere om jou AANDAG weer te leer fokus.
Konsentrasie en Fokus Jou Gawe van God #1
2026/06/14
“You will keep him in perfect peace,Whose mind is stayed on You,Because he trusts in You.Trust in the LORD forever, — Isaiah 26:3Die onlangse vloede en oorstromings wat ons hier in die Cederberg en Matzikama beleef het, riviere wat vir jare droog was, het oornag water monsters geword. Paaie en verskeie brue is weggespoel. Plaashuise en gemeenskappe is geïsoleer. En in daardie oomblik — het almal stilgestaan.Nie omdat hulle wou nie. Maar omdat die natuur ’n vraag gevra het wat nie geïgnoreer kon word nie. Dieselfde vraag wat God in die tuin gevra het toe alles verkeerd gegaan het:Genesis 3:9  “Adam Waar is jy?” Soos Adam word ons nog steeds gevang met die slapriem van die slang… “dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken” ons jaag kennis na… op google en AI, ons eet van die boom van kennis van goed en kwaad… Ons is só besig, ons aandag vasgevang op verskeie skerms… ons is gevolglik meer ANGSTIG, ALLEEN en ONVERGENOEGD!! ons het lanklaas net STIL GEWORD… alles afgesit en geluister! Nou is die TYD!! FOKUS!!
Hoe sy LIEFDE jou beskerm teen WETTELOOSHEID
2026/04/19
Hoe sy LIEFDE jou beskerm teen WETTELOOSHEIDJesus het eenmaal gesê dat in die laaste dae "die liefde van baie sal verkoel omdat die wetteloosheid vermeerder" (Matt. 24:12). Let op die volgorde — eers verkoel die liefde, dán neem wetteloosheid oor.Die antwoord op anargie is dus nie strenger reëls nie. Dit is 'n hart wat totaal gerig is op die Here! Hom liefhê met ons hele hart, siel, krag en verstand! Chantál Oosthuizen deel hoe ons daardie vlam weer aanblaas — deur die Gees, die Woord, en die gemeenskap van gelowiges.Hoe lyk jóú vlam vandag?

Podcast reviews

Read JanOosthuizen podcast reviews


0 out of 5
0 reviews

Podcast sponsorship advertising

Start advertising on JanOosthuizen relevant audience podcasts


What do you want to promote?