
Advertise on podcast: Naguil
This podcast has
4 episodes
Language
EnglishPublisher
Nova MentisExplicit
No
Date created
2021/05/05
Latest episode
2022/06/13
Average duration
44 min.
Release period
136 days
Description
Naguil bied vir jong Afrikaanse luisteraars samesprekings oor relevante kwessies en gesprekspunte rakende kultuur, loopbaan, outonomie, en toekomsplanne. Soms vertel gaste ook net interessante stories oor hul ervaring in hierdie deurmekaar wêreld. Nova Mentis is 'n nie-winsgewende organisasie wat jongmense saamtrek om optimale ekonomiese, opvoedkundige, kulturele, tegnologiese en ander oplossings vir Suid-Afrika uit te dink.
Unlock Naguil podcast Email contact info,
Listeners & Audience details
Email contact information
Direct podcast contact details

Listeners
Audience numbers & engagement insights

Audience details
Podcast Insights

Podcast episodes
Check latest episodes from Naguil podcast
#5: Dr Ricardo Virgill Smart - Teruggee is in my bloed
2022/06/13
Kristan gesels met Dr Ricardo Virgill Smart oor sy ellelange lys van prestasies en die langer lys van gemeenskapsprojekte en -inisiatiewe. Coloured South Africa het reeds in 2018 ‘n onderhoud met Dr Smart gehad, toe hy nog besig was met sy PhD, maar sedert 2018 het sy liefde vir mense net aanhou groei. In hierdie segment gesels Kristan en Dr Smart oor sy PhD, sy uitmuntende betrokkenheid by Golden Key, sy projek met die Universiteit Stellenbosch, Toasties for Tummies, en sy gratis tutordiens in sy gemeenskap tydens sy studente dae. Dit was ‘n absolute voorreg om hom in die ateljee te kon hê.
Skakel in om te luister na die gesprek
Coloured South Africa brei meer uit oor Dr Smart se smart prestasies
https://www.colouredsa.co.za/profiles/a-short-profile-of-phd-student-ricardo-virgill-smart
Golden Key International Honour Society werk wel op ‘n uitnodigingsbasis maar ons wil ons lede graag aanmoedig om die skakel te gebruik om te sien of hulle kwalifiseer om deel te word van hierdie netwerk studente en gradueerdes.
https://goldenkey.org/golden-key-eligibility/
#4: Die dice kan gerus reg val.
2022/02/07
Kristan Kraak van StudentePlein gesels met doktor Willa Boezak en dokterandus Hendrik Theys oor die politieke misverstand en die verontagsaming van Afrikaans by tersiêre instellings.
#3: Entstowwe: Hoekom speel die Minister huisdokter vir ons almal?
2021/05/02
Tian Alberts gesels met Daniël du Plessis oor Covid-19 entstowwe, en spesifiek die manier waarop dit uitgerol word. Die vraag oor of 'n mens ingeënt behoort te word of nie, is warm op almal se lippe. Waaroor daar egter nie gereeld gepraat word nie, is waarom regerings 'n monopolie op die uitrol daarvan het. Regerings soos Suid-Afrika s'n het keer op keer hul onbevoegdheid in verskeie industrieë ten toon gestel. Waarom hulle vertrou om gesondheidsbesluite namens ons te neem? Tian vra ook vir Daniël uit oor die veronderstelde "ry" waarin die wêreld staan en wag vir die entstof. Is daar werklik net een "ry", of moet vryemarkbeginsels eerder aanwending vind? Landsburgers het tog nie hul bevoegdheid om besluite oor gesondheid te maak, aan die Minster gedelegeer nie? En is die manier waarop die regering hierdie proses monopoliseer nie juis tekenend van die wyse waarop hulle beoog om gesondheidsorg in die algemeen te nasionaliseer nie?
#2: Boerdery, tegnologiese oplossings en die waarde van 'n "gap"-jaar
2021/05/02
Jacques Burger gesels met Tohann Basson oor wat dit regtig behels om te boer, moontlike oplossings vir Eskom en tegnologiese oplossings wat op plase aangewend kan word. Dit is 'n lighartige gesprek, met staaltjies uit Uganda van die tyd toe Tohann daar op 'n plaas gaan werk het. Tohann beveel sterk aan dat almal wat skool klaarmaak eers 'n "gap"-jaar neem om regtig hul belangstellings te gaan toets, eerder as om eenvoudig een van die hoofstroomkurususse op universiteit te gaan studeer sonder dat daar noodwendig 'n belangstelling daarvoor gekoester word.
Podcast reviews
Read Naguil podcast reviews
Podcast sponsorship advertising
Start advertising on Naguil relevant audience podcasts
You may also like to advertise on these Podcasts

4.61269300
The Mindvalley Podcast
Mindvalley

51252
Dead Men Talking
Rob Mulholland and Freddy Quinne

4.784240
Movie Reviews in 20 Q’s
MRITQ’s

4.788135
Dirty Air F1
Dirty Air F1

4.2821129
The Essay
BBC Radio 3

4.318049
Devil in the Desert
ABC News

4.1236101
Mike Missanelli - 97.5 The Fanatic
Beasley Media Group

4.8579280
Your Enneagram Coach, the Podcast
Beth and Jeff McCord

4.949395
The 4:8 Men Podcast
Christian Huff

4.8423184
Bit Season
Audacy