
Advertise on podcast: Radioteater
This podcast has
392 episodes
Language
EnglishPublisher
RSGExplicit
No
Date created
2023/12/18
Latest episode
2026/10/22
Average duration
56 min.
Release period
13 days
Description
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
Unlock Radioteater podcast Email contact info,
Listeners & Audience details
Email contact information
Direct podcast contact details

Listeners
Audience numbers & engagement insights

Audience details
Podcast Insights

Podcast episodes
Check latest episodes from Radioteater podcast
Stinkhout deur Philip Rademeyer (Deel 1)
2026/10/22
Wat gebeur wanneer ’n terugkeer huis toe jou weer met die verlede konfronteer? Ná sy broer se dood, keer Louw terug na die kleinhoewe van sy kinderjare, waar hy met sy pa Gert herenig word. Ou wonde word oopgekrap soos hulle die waarheid probeer vermy deur mekaar te toets, te blameer en te beledig. Maar die waarheid bruis binne ‘n enorme witstinkhoutboom, ‘n dekadeslange getuie van alles wat op dié lappie familiegrond gebeur het. Dit is ‘n storie oor ‘n pa en seun wat sukkel om mekaar te vind terwyl hulle bestek opneem van hulle verlede. Die regisseur is Joanie Combrink. Die rolverdeling sluit in Frank Opperman, Wilhelm van der Walt, Conradie van Heerden, De Klerk Oelofse en Lochner de Kock. STINKHOUT is vir die radio verwerk deur Eben Cruywagen. Dit was Cruywagen se laaste verwerking vir RSG, en die produksie word aan hom opgedra.
PIETER SE PA deur Niel Steenkamp
2026/10/15
Herman is in sy skik dat sy dogter met Pieter wil trou. Sy vrou twyfel egter oor Pieter se herkoms. Wanneer sy met foto’s van meisies uit Herman se jong dae te voorskyn kom, moet hy vinnig verduidelik dat al daardie romantiese afsprake op fiasko’s uitgeloop het. Die regisseur is Thomas van Niekerk, en die rolverdeling sluit in Dirk Stolz, Esther van Waltsleben, Mila Guy, Chloe van Rooyen, Ane Fourie, Estelle Grobler en De Klerk Oelofse.
TUIMELDUIF deur Morné Malan
2026/10/08
'n Tweeling broer en suster van Mosselbaai word ná jare herenig om hulle ma se sewentigste verjaardag te vier. Saam word die Van Rensburgs gekonfronteer deur nuwe familie-uitdagings soos progressiewe Alzheimer se siekte, ou verwyte wat weer kop uitsteek en onverwerkte verlies wat hulle dwing om moeilike waarhede in die oë te kyk. Die verhaal is 'n herontdekking van die krag van vergifnis en aanvaarding, en wat dit beteken om mekaar regtig nodig te hê. Die regisseur is Amor Tredoux. Die rolverdeling sluit in Jacques Bessenger, Karli Heine, Johan Nel, Joanie Combrink en Zenobia Kloppers. TUIMELDUIF is ‘n merietepryswenner van die 2025-Radiodramaskryfkompetisie.
JOSHLIN – MEER AS ’N NAAM deur Herschelle Benjamin
2026/10/01
Vir die radio verwerk deur Henriëtta Gryffenberg. ’n Ma word, gekonfronteer met die verdwyning van haar elfjarige seun tydens ‘n hofsaak wat in die kollektiewe gewete aangehoor word. In hierdie vreemde hofsaal van openbare mening en oordeel is daar ’n groep kinders wat soos ’n spookagtige koor uit ’n tussenwêreld die verrigtinge bywoon. Joshlin se opspraakwekkende verhaal dreig egter om die verrigtinge te ontspoor, want almal wil steeds weet wat van Joshlin geword het. Die regisseur is Johan Rademan. Die stemme van Zenobia Kloppers, Kay Smith, Miche van Wyk, Dean Balie en Denver Vraagom kan gehoor word. Nuwe stemme uit die Proscenium dramakompetisie-stal is Adri-Jo Waterboer, Leighmen Marshall, Chriswell Kotze, Bronwynne, Neer en Bronwyn Damon.
LIESBET deur Leon van Nierop
2026/06/25
Liesbet (die naam van ‘n lokomotief waarin Koningin Elizabeth volgens oorlewering ook gery het en die fluit getrek het) word van vergange se dae teruggebring, wanneer ‘n ou stoker, Absolom, deur ‘n hotelgroep aangesê word om ‘n lokomotief te restoureer, en toeriste gereeld na ‘n stasie te vervoer waar ‘n hotel pas gebou is. Hy ontmoet ‘n skoolseun, Gieljan, wat disleksies is, en wat saam met hom gaan ry. Dié twee het ‘n lewensveranderende invloed op mekaar. Die spelers is Deon Lotz, Rico Immelman en Ria Smit. Leon van Nierop het die regie behartig.
DIE POTPLANT deur Karli Heine
2026/06/18
‘n Klompie verwaarloosde plante in ’n kantoor is ongelukkig met hulle omstandighede. Hulle besef hulle kom al hoe nader daaraan om te vrek, en probeer onmiddellik planne beraam om te oorleef. Met ’n paar verwikkelinge en struikelblokke, soos Ontvangs se haarsproei, wonder hulle oor ’n paar goed: Wie is nou eintlik die vyand - Vismot, die grommige-gogga wat aan alles knaag, óf die ledematiges wat in die kantoor werk en klaarblyklik nie na hulle omsien nie. En die belangrikste - Is die gras werklik groener aan die ander kant? Die spelers is Joanie Combrink, Karli Heine, Lochner de Kock, Marion Holm en Esther von Waltsleben. Musiek deur Grethe van der Merwe. Frieda van den Heever is die regisseur.
AMADEUS deur sir Peter Shaffer (Vertaal en verwerk deur Nerina Ferreira)
2026/06/11
Antonio Salieri is die afgetrede hofkomponis van die keiser Josef II, maar nou sit hy in sy blyplek in Wene en besluit om iets te bely... Hy vertel van sy eerste ontmoeting met 'n ander komponis, Wolfgang Amadeus Mozart. Mozart was 'n wonderkind en van jongs in aanvraag regoor Europa. Salierie, daarenteen, was 'n bra gemiddelde komponis en die tweestryd tussen hom en Mozart is iets wat nou nog by hom spook. Net voor sy finale belydenis speel die werklikheid hier reg voor hom af... André Rossouw vertolk Salieri, en die gevierde verhoogregisseur, Marthinus Basson, Mozart. Ander spelers is Shirley Ellis, Dawid Minnaar, Herman Pretorius, Paul Malherbe, Pieter Cilliers, Dawie Ackerman, Johan Rademan, Jan Lombard en Pieter Bredenkamp. Margot Luyt het die regie behartig.
FRANK & GLADYS deur Tom Stoppard (vertaal deur Roy Niemann)
2026/06/11
Frank skakel die telefoondiens wat die korrekte tyd aandui, maar herken dadelik die vrouestem aan die ander kant van die lyn. Dis sy oorlede vrou, Gladys! Hy besluit om die gebou wat hierdie diens lewer, binne te vaar, en te eis dat die owerhede sy vrou vrylaat. Die spelers is Lourens Cillié, Leona Rich, Dawie Ackerman, Trudie du Plessis, Louw Verwey, Kitty Albertyn, Amanda Muller, Paul Malherbe, Limpie Basson, Christine Liebenberg, Johan Rademan en Roy Niemann. Margot Luyt het die regie behartig.
EEN, TWEE, DRIE, BLOK MYSELF deur Karen Wessels
2026/06/04
Wanneer ’n aantreklike vreemdeling, Walter, opdaag en haar wêreld stadig begin ontwrig, word dit duidelik dat alles nie pluis is nie. Soos Monika se werklikheid begin verbrokkel, word die jy meegesleur in ’n spanningsvolle onthulling van verborge geheime, skuldgevoel, en ’n verlede wat weier om begrawe te bly. Die drama word gedra deur intense dialoog, atmosferiese klankontwerp en musiek wat as emosionele leitmotief dien. Die rolverdeling sluit sterk karakteruitbeeldings in deur Amanda Strydom, Pierre Breytenbach, Natasja Jacobs, Pietie Beyers, Zane Meas en Jakkie Groenewald. Elke karakter is ’n draer van hulle eie pyn, geheime en morele grys areas. Dis ’n rou en eerlike drama wat vrae stel oor identiteit, herinneringe en of ’n mens werklik van jouself kan wegkruip. Karen Wessels het die regie behartig.
HARTSAKE deur Joe Kleinhans
2026/05/28
In die wêreld van sepies en skyn, is daar soms net een storie wat te na aan die hart lê. Wanneer ’n akteur, wat ’n dokter in ’n sepie speel, in die hospitaal beland, vervaag die grense tussen fiksie en werklikheid. HARTSAKE is ’n moderne tragedie wat diep delf in die psige van liefde, verlies en die stille brutaliteit van alledaagse verhoudings. Met Robbie Wessels, Renske Jacobs, Kaz McFadden, Imarie Oberholzer, Antowan Nothling en Elzabé Zietsman. Luan Jacobs is die regisseur.
SLANG IN DIE GRAS deur Chris Madjiet
2026/05/21
Slang en sy groepie helpers tel kosbaarhede by die asgate op om te verkoop. Hulle stel veral belang in koper en aluminium. Hulle was almal in die tronk, en lede van die tronkbendes. Die hiërargie op die asgate is duidelik: Slang sê… en die res moet luister. En daar is min genade vir dislojaliteit. Die spelers is Chris Madjiedt, Charlton George, Marlo Minnaar, Rayston Stoffels en André Samuels.
GROETE VAN TANT MARTJIE deur Paula Hartzenberg
2026/05/14
Martjie en Bruwer Groenewald (Rika Sennett en Anton Dekker) het nie 'n maklike lewe agter die rug nie. Daar is 'n leemte in Martjie se bestaan, wat sy hoop om uiteindelik te kan vul. Sy weet egter dit sal nie maklik wees nie. Haar man doen alles in sy vermoë om die hartseer wat sy nog altyd in haar ronddra, uiteindelik te verlig. Dit sluit in om Thomas Smit (Sean Brebnor) om te haal om haar op hulle plaas te besoek - oënskynlik om geldelike hulp by haar te kry. Thomas het 'n bevoorregte lewe gely. Hy is geheg aan sy ma (Bertha le Roux-Wahl), maar sekere feite wat ná sy pa se dood aan die lig kom, verwar hom. Ná sy besoek aan Martjie kry hy uiteindelik antwoorde. Ander spelers is Louise Eksteen as Kadija, 'n eertydse verpleegster wat Martjie jare gelede bygestaan het, en nuweling Mada Oosthuizen as Lianie Landman, die jong vrou wat deels verantwoordelik is vir Thomas se geldelike probleme. Die drama is in Johannesburg opgevoer deur Mari Snyman.
‘N ONVERWAGSE KRISMISBOKS deur Christo Davids
2026/05/07
Margie, ’n toegewyde verpleegster by Tygerberg Hospital, werk lang en uitputtende skofte om haar twee kinders, Zelda en Zak, te onderhou nadat haar man, Henry, haar jare tevore verlaat het. Zelda raak swanger ná ’n verhouding met George, ’n getroude man, wat druk op haar plaas. Zak word gearresteer vir die aanranding van ’n vrou aan wie hy dwelms verkoop het. In ’n ironiese wending word Henry, Zak se afwesige pa, sy prokureur wat intussen deur sy tweede huwelik is, en nou alleen is. Hierdie omstandighede dwing die gesin om weer bymekaar te kom oor Kersfees, waar ou wonde, skuld en moontlike versoening na vore kom. Die spelers is Ivan Abrahams, Theresa Cloete, Dean Balie, Kim Cloete, Hein Poole, Sue Pyler-Slabbert, Johan Stassen en Deirdre Wolhuter. Margot Luyt het die regie behartig. Die drama is in 2013 die eerste keer uitgesaai as deel van RSG se eerste kunstefees.
BLOED VAN MY deur JJ Roberts
2026/04/30
Meyer is Simeon se ouer broer. 18 Maande tevore is hulle ouers in ’n motorongeluk dood, en Meyer moes sy studies staak en as Simeon se voog optree terwyl hy sy laaste twee jaar op skool voltooi. Simeon worstel met ’n skuldgevoel omdat hy ná ’n partytjie gearresteer is en sy ouers hom by die polisiestasie moes gaan haal, maar onderweg daarheen het hulle verongeluk. Dit lei tot allerlei probleme tussen die twee broers, totdat hulle openlik oor hulle ouers se dood praat en hulle verhouding herstel word. Die spelers is Casper Lourens, Wiandré du Plessis, Claudia Jones, Rico Immelman en Blyde Schoeman. Eddie de Jager is die regisseur. JJ Roberts het die prys vir Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) gewen in die 2025 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.
KALAHARI STERRE deur Adam Willemse
2026/04/23
Drie vriende en hulle jong bestuurder vertrek op ‘n reis na die dorpie Askam. Dit blyk nie net ‘n gewone reis te wees nie, maar ook ‘n ontdekkingsreis, ‘n reis na self, na identiteit en aanvaarding. Boeta, Benji, Lulu en Paul bied ʼn vertoning aan, wat dit waag om die ander sy van menswees uit te beeld vir ʼn konserwatiewe landelike gehoor. Ten spyte van veral Boeta en Paul se kommer, is die vertoning ʼn reuse sukses, en is daar ook sprake van vergifnis en herstel van ʼn onseker verhouding tussen Boeta en sy weerbarstige pa, Ruben. Die spelers is Dean Balie, André Samuels, Wessel Pretorius, Eben Genis, Susanne Beyers en Royston Stoffels. Joanie Combrink het die regie behartig. Die drama is as die algehele wenner aangewys in die 2025 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.
Podcast reviews
Read Radioteater podcast reviews
Podcast sponsorship advertising
Start advertising on Radioteater relevant audience podcasts
You may also like to advertise on these Podcasts

4.847092000
Pat Gray Unleashed
Blaze Podcast Network

4.889061599
Order of Man
Ryan Michler

4.7292702000
The Michael Knowles Show
The Daily Wire

4.897061440
The Graham Allen Show
Graham Allen

4.831571359
The Late-Round Fantasy Football Podcast
iHeartPodcasts

4.6652422197
The Charlie Kirk Show
Charlie Kirk

4.824771877
Deck The Hallmark
Bramble Jam Podcast Network

4.819462000
Football Ramble
Stak

4.732691962
The President's Daily Brief
The First TV

4.6221692000
Mark Levin Podcast
Cumulus Podcast Network