1763672990
Storiebeer Stories

Advertise on podcast: Storiebeer Stories

Rating
★★★★★
5
from
2 reviews
This podcast has
204 episodes
Language
English
Publisher
Storiebeer
Explicit
No
Date created
2024/08/19
Latest episode
2026/08/16
Average duration
6 min.
Release period
6 days

Description

1, 2, 3, ruuustig... Welkom by Storiebeer Stories, die Afrikaanse podcast wat jou kind elke aand met 'n nuwe, opwindende storie sal vermaak. Ideaal vir ouers wat op soek is na 'n warm en koesterende manier om hul kinders voor slaaptyd te kalmeer. Ons vertel kinderstories op 'n verstaanbare en liefdevolle manier. Van tradisionele Afrikaanse stories tot nuwe avonture, elke episode is perfek om 'n bondel vreugde, liefde en verbeelding in jou huis te bring. Luister lekker saam. Voorstelle vir stories kan gestuur word na [email protected]

Unlock Storiebeer Stories podcast Email contact info,
Listeners & Audience details

Email contact information

Direct podcast contact details

Listeners

Audience numbers & engagement insights

Audience details

Podcast Insights

Podcast episodes

Check latest episodes from Storiebeer Stories podcast


Rut - Die meisie wat alles gelos het vir liefde - Afrikaanse Bybelstories
2026/08/16
Kom luister na "Die meisie wat alles gelos het vir liefde". ’n aangrypende Afrikaanse Bybelstorie oor Rut, ’n jong vrou wat uit liefde en lojaliteit besluit het om nie haar skoonma, Naomi, alleen te los nie. Al kon Rut na haar eie mense teruggaan, kies sy om saam met Naomi na ’n onbekende land te reis en ’n nuwe lewe te begin. Hierdie pragtige storie leer kleuters en hul ouers oor liefde, lojaliteit, omgee vir familie en om by iemand te bly wanneer die lewe moeilik raak. Rut se verhaal wys hoe ’n klein daad van getrouheid deel kan word van God se groot plan. Perfek vir gesinsluistertyd, slaaptyd en betekenisvolle gesprekke tussen ouers en kinders. Die episode sluit ook ’n spesiale Ouer-oomblik in. Luister nou op die Storiebeer YouTube-kanaal en Podcast-kanaal. Teken in (subscribe) vir nog Afrikaanse Bybelstories vol geloof, liefde, hoop en kosbare lewenslesse vir die hele gesin! #storiebeer #afrikaansebybelstories #rut #AfrikaanseStories #KindersStories #RutSeStorie #RutEnNaomi #BybelStoriesVirKinders #Storiebeer #AfrikaanseYouTubeKanaal #AfrikaansePodcast #KleuterStories #GesinsTyd #LiefdeEnLojaliteit #Getrouheid #Bybelverhale #AfrikaanseKinderstories #SlaaptydStories
Heksie en Blommie sing in die straat - Lekker Liewe Heksie Stories
2026/08/14
Heksie en Blommie sing in die straat In vandag se episode leer ons dat selfs 'n "reënboog-heksie" groot planne kan beraam! Wanneer Koning Rosekrans vra vir hulp om 'n hospitaal vir Blommeland te bou, besluit Liewe Heksie en Blommie Kabouter om hul talent (of dalk net hul passie!) vir sing te gebruik. Vanaf kasterolie-flaters tot sypaadjie-konserte in die stad, hierdie storie is propvol humor en hartlikheid. Dit is gebaseer op die klassieke verhale van Verna Vels en is spesiaal verwerk vir klein oortjies en groot harte. Sluit aan by Storiebeer:Geniet julle ons stories? Onthou om op "Follow" te klik op hierdie platform sodat julle elke nuwe episode dadelik kry. Deel ook die podcast met vriende en familie wat lief is vir Afrikaanse stories! Video en Meer:Wil julle die prentjies sien? Besoek ons YouTube-kanaal, Storiebeer, vir meer pret: https://www.youtube.com/@Storiebeer Teken ook graag in vir ons nuusbrief by https://storiebeer.co.za/ Fluit fluit, ons storie is uit! Kry gerus die boek by TakeAlot: https://www.takealot.com/lekker-liewe-heksie-stories/PLID92679332#storiebeer #slaaptydstories #afrikaansekinderstories #lieweheksie #vernavels #kinderstories
Die Drie Spinvrouens - 'n Storie van die Broers Grimm
2026/08/12
Die Drie Spinvrouens – ’n Humoristiese Afrikaanse luisterstorie deur Storiebeer Het julle al gehoor van die drie vreemde vrouens wat so vinnig kan spin dat die gare soos balle uit die lug val? In vandag se episode luister ons na Die Drie Spinvrouens, ’n klassieke maar minder bekende sprokie van die Broers Grimm. Dit is die ideale storie vir ouers en kleuters om saam te geniet. Dit is vol snaakse karakters en ’n slim plan wat die "lui" meisie help om haar koninklike troue te kry sonder om ooit weer aan ’n spinnewiel te raak! Of julle nou in die motor sit of regmaak vir droomland, hierdie rustige storie in Afrikaans sal die verbeelding vasvang. Volg die Storiebeer-podcast op julle gunsteling platform om nooit ’n storie te mis nie. Onthou om in te teken en die pret met vriende te deel! Teken ook gerus in vir ons nuusbrief by www.storiebeer.co.za #Storiebeer #DieDrieSpinvrouens #AfrikaansePodcasts #Kinderstories #AfrikaanseSprokies #LuisterAvontuur #KleuterStories #Slaaptyd #GrimmSprokies #AfrikaanseKultuur #StoriesVirDieHeleGesin #AfrikaansVirKinders
Debora - Nege honderd strydwaens teen een dapper vrou - Afrikaanse Bybelstories
2026/08/09
Kom luister na Nege honderd strydwaens teen een dapper vrou – ’n spannende Afrikaanse Bybelstorie oor Debora, die wyse profetes en rigter van Israel. Terwyl ’n gevaarlike leër met nege honderd ysterstrydwaens die volk bang maak, staan Debora kalm en dapper op om God se plan te volg. Saam met Barak en die moedige Jael ontdek ons dat ’n mens nie die grootste of sterkste hoef te wees om ’n verskil te maak nie. Hierdie inspirerende storie leer kleuters en hul ouers van moed, wysheid, vertroue in God en om rustig te bly wanneer dinge om jou moeilik voel. Ideaal vir gesinsluistertyd, slaaptyd en betekenisvolle gesprekke met kinders. Sluit ook ’n spesiale Ouer-oomblik in om saam oor dapperheid en kalmte te gesels. Luister nou op die Storiebeer YouTube-kanaal en Podcast-kanaal. Teken in (subscribe) vir nog Afrikaanse stories vol geloof, avontuur en kosbare lewenslesse vir die hele gesin! #Storiebeer #AfrikaanseBybelstories #Bybelstories #Slaaptydstories #AfrikaanseStories #KindersStories #Debora #BybelStoriesVirKinders #Storiebeer #DapperVrou #GeloofEnMoed #AfrikaanseYouTubeKanaal #AfrikaansePodcast #KleuterStories #GesinsTyd #LewenslesseVirKinders #OuersEnKinders #AfrikaanseKinderstories
Liewe Heksie kry 'n Verjaarsdag - Lekker Liewe Heksie Stories
2026/08/07
Liewe Heksie se Spesiale Verjaarsdag-verrassing Het hekse verjaarsdae? Liewe Heksie is nie so seker nie, maar met die hulp van Blommie Kabouter en Karel Kat, kry sy uiteindelik haar eie spesiale dag! Luister saam hoe Heksie voorberei vir haar groot partytjie, haar pragtige nuwe vlegstrikkies wys en leer dat geskenke nie die enigste rede is waarom vriende bymekaar kom nie. Hierdie episode is gebaseer op die geliefde "Lekker Liewe Heksie stories" deur Verna Vels. Dit is 'n rustige voorlesing wat ideaal is vir kleuters voor slaptyd of as vermaak tydens 'n lang rit. Sluit aan by die Storiebeer-familie:As jy en jou kind(ers) hierdie storie geniet het, deel dit asseblief met ander mammas en pappas! Onthou ook om op ons podcast-kanaal in te teken ("Follow") sodat julle nooit 'n storie mis nie. Kyk die video-weergawe:Gaan loer gerus op ons YouTube-kanaal, Storiebeer, vir die volledige visuele ervaring: https://www.youtube.com/@Storiebeer Kry gerus die boek by TakeAlot: https://www.takealot.com/all?_sb=1&_r=1&qsearch=lekker%20liewe%20heksie%20stories&via=suggestions&_si=f79a76fb9f6c50d3e8b62c2211effb79#storiebeer #slaaptydstories #lieweheksie #vernavels #kinderstories #AfrikaanseStories #KleuterVermaak #Slaaptydstories #AfrikaansVirKinders #Blommeland #Luisterstories #SuidAfrikaans #AfrikaansePodcast #YouTubeKidsAfrikaans
Raponsie - 'n Storie van die Broers Grimm
2026/08/05
Raponsie | ’n Klassieke Afrikaanse sprokie vir kleuters en hul ouersKom luister saam na die betowerende verhaal van Raponsie, die meisie met die lang, goue hare wat hoog in ’n geheimsinnige toring woon. Wanneer ’n prins haar pragtige sang hoor, begin ’n avontuur vol magie, moed, hoop en liefde. Hierdie Afrikaanse sprokie is ideaal vir kleuters, jong kinders en ouers wat graag saam na rustige kinderstories, slaaptydstories en klassieke sprokies luister. Maak jouself gemaklik en geniet hierdie tydlose verhaal uit die Grimm-broers se sprokies. Onthou om op Storiebeer in te teken vir nog Afrikaanse sprokies, kinderstories, luisterstories en prettige avonture vir die hele gesin. Skakel kennisgewings aan sodat julle nie ’n nuwe storie misloop nie. Hou van die video en deel dit met ander ouers en kinders wat van stories hou! www.storiebeer.co.za #Storiebeer #Slaaptydstories #AfrikaanseKinderstories #Kinderstories #Afrikaans #Raponsie #AfrikaanseSprokies #StoriesVirKinders #KleuterStories #GrimmSprokies #LuisterStories #StoriesVirDieHeleGesin #KinderVermaak
Ester - Kan een meisie ñ hele volk red?
2026/08/02
Kom luister na Kan een meisie 'n hele volk red? – ’n kragtige en dapper Afrikaanse storie oor Koningin Ester. Ester was ’n gewone weeskind wat onverwagags koningin geword het, maar sy moes ’n groot geheim bewaar. Toe haar volk in gevaar was, moes sy kies: Bly sy veilig en stil, of staan sy op met moed? Hierdie hartroerende Bybelstorie leer kleuters en ouers dat ware dapperheid nie gaan oor veg met swaarde nie, maar om jou stem te gebruik wanneer dit regtig saak maak. Dit is ’n storie van geloof, wysheid en die krag van een persoon om ’n verskil te maak. Perfek vir gesinsluistertyd en sluit af met ’n spesiale "Ouer-oomblik" om gesprekke tussen ouers en kinders aan te moedig. Luister nou op die Storiebeer YouTube-kanaal en Podcast-kanaal. Onthou om in te teken (subscribe) vir nog inspirerende Afrikaanse stories vol dapperheid en kosbare lewenslesse vir die hele gesin! #Storiebeer #AfrikaanseKinderstories #Slaaptydstories #AfrikaanseStories #KindersStories #KoninginEster #BybelStoriesVirKinders #DapperMeisie #AfrikaanseYouTubeKanaal #AfrikaansePodcast #KleuterStories #GesinsTyd #GeloofEnMoed #Lewenslesse #EsterSeStorie
'n Muis Gemors - 'n Storiemuis Storie
2026/07/31
'n Muisgemors | 'n Snaakse Afrikaanse Kinderstorie oor Verantwoordelikheid Wanneer Pappa en Mamma Muis uitgaan om 'n appel vir 'n tert te gaan soek, en so kry Boetie en Sussie die belangrike taak om na die kleintjies te kyk. Maar in plaas daarvan om hulle op te pas, gaan speel hul buite en los vir Liefie alleen! Wat volg, is 'n katastrofiese muisgemors vol geknaagde boeke, gebreekte bekers en kos wat oral rondlê. Hierdie prettige oudio-avontuur "'n Muisgemors" leer kinders op 'n humoristiese manier oor die gevolge van hul besluite en die belangrikheid van verantwoordelikheid. Teken in vir meer stories:As jy as ma of pa op soek is na kwaliteit Afrikaanse oudio-oppassers vir jou kleingoed, teken asseblief aan (Subscribe) op ons kanaal en druk die klokkie-ikoon vir gereelde nuwe stories! Vraag aan die ouers: Wat se prettige (of chaos!) dinge het julle kleintjies al aangevang wanneer julle vir 'n sekonde weggekyk het? Deel julle stories in die kommentaar! #Storiebeer #Slaaptydstories #Afrikaans #Kinderstories #NMuisgemors #AfrikaansVirKinders #Ouerskap #MammaBlog #Oudioboek #Verantwoordelikheid #KleuterPret #RustigeStories #Skermvry
Otto ruim op - Otto se Storieboek
2026/07/29
Otto ruim op | 'n Oulike Afrikaanse Slaaptydstorie oor Opruim Na 'n lang dag van heerlik speel saam met sy maatjie Japie die apie, is Otto se kamer vol met speelgoed! Maar wanneer dit tyd word om op te ruim en te gaan slaap, kom Otto agter dat sy geliefde Teddie spoorloos verdwyn het. Sluit aan by hierdie vermaaklike en rustige oudio-avontuur "Otto ruim op", waar kinders op 'n natuurlike manier leer oor die belangrikheid van netheid, samewerking en die oulike roetine van slaaptyd. Teken in vir meer stories:As jy as ma of pa op soek is na kwaliteit Afrikaanse oudio-inhoud vir jou kinders, teken asseblief aan (Subscribe) op ons kanaal en druk die klokkie-ikoon sodat julle nooit 'n nuwe storie misloop nie!Vraag aan die ouers: Hoe maak julle opruimtyd pret vir julle kleintjies voor slaaptyd? Deel julle beste wenke in die kommentaar hieronder! #Storiebeer #Slaaptydstorie #Afrikaans #Kinderstories #OttoRuimOp #AfrikaansVirKinders #Ouerskap #MammaBlog #Oudioboek #OpruimTyd #KleuterPret #RustigeStories #Skermvry
Paulus en Silas in die Tronk - Afrikaanse Bybelstories
2026/06/14
Kom luister na Paulus en Silas in die Tronk – ’n inspirerende Afrikaanse Bybelstorie vir kinders oor geloof, lofprysing en wonderwerke. Selfs in die donkerste tye, soos wanneer Paulus en Silas in die tronk was, het hulle gesing en God geprys. En toe gebeur daar iets ongeloofliks: ’n aardbewing maak die tronkdeure oop en bevry hulle! Hierdie storie help kleuters en ouers verstaan dat ons altyd op God kan vertrou, selfs wanneer dinge moeilik is. Dit is die ideale storie vir gesinsluistertyd en as ’n bemoedigende slaaptydstorie om kinders te herinner dat God altyd by ons is. Luister nou op die Storiebeer YouTube-kanaal en Podcast-kanaal. Onthou om in te teken (subscribe) vir nog pragtige Afrikaanse stories vol geloof, hoop en waardevolle lewenslesse vir die hele gesin! #storiebeer #bybelstories #afrikaansebybelstories #slaaptydstories #AfrikaanseStories #KindersStories #PaulusEnSilas #TronkStorie #BybelStoriesVirKinders #Storiebeer #AfrikaanseYouTubeKanaal #AfrikaansePodcast #KleuterStories #GesinsTyd #GeloofEnLofprysing #Wonderwerke #AfrikaanseKinderstories
Otto speel in die sneeu - Otto se Storieboek
2026/06/03
Otto speel in die Sneeu | 'n Vrolike Afrikaanse Kinderstorie vir die Winter. Wanneer Otto een oggend wakker word, wag daar 'n groot, wit verrassing buite op hom – alles lê toe onder die sneeu! Sluit aan by hierdie heerlike oudio-avontuur waar Otto sy sleis uithaal, nuwe maats op die ys ontmoet, en selfs leer waarom 'n mens maar weerskant 'n warm mus en serp moet dra. Dit is 'n speelse en vrolike storie in suiwer Afrikaans, gevul met die opwinding van sneeuballe en die bou van 'n eie sneeuman! As jy as ma of pa op soek is na kwaliteit Afrikaanse oudio-inhoud, teken asseblief aan (Subscribe) op ons kanaal en druk die klokkie-ikoon sodat julle nooit 'n nuwe avontuur misloop nie! #Storiebeer #Kinderstories #Slaaptydstories #Afrikaans #Otto #OttoSpeelInDieSneeu #AfrikaansVirKinders #Ouerskap #MammaBlog #Oudioboek #WinterStories #KleuterPret #SneeuAvonture #Skermvry
Saulus word Paulus - Afrikaanse Bybelstories
2026/05/31
Kom luister na Saulus Word Paulus: Die Man Wat Verander Het – ’n inspirerende Afrikaanse Bybelstorie vir kinders oor hoe Jesus mense se harte kan verander. Saulus, wat eers Jesus se volgelinge vervolg het, ontmoet Jesus op die pad na Damaskus en sy lewe verander heeltemal. Hy word Paulus, ’n groot verkondiger van Jesus se liefde en genade. Hierdie storie help kleuters en ouers verstaan dat niemand te ver is vir Jesus se liefde nie, en dat Hy ons harte kan verander om vriendelik en liefdevol te wees. Perfek vir gesinsluistertyd en as ’n bemoedigende slaaptydstorie. Luister nou op die Storiebeer YouTube-kanaal en Podcast-kanaal. Onthou om in te teken (subscribe) vir nog pragtige Afrikaanse stories vol geloof, hoop en waardevolle lewenslesse vir die hele gesin! #Storiebeer #Slaaptydstories #BybelStories #BybelStoriesVirKinders #KindersStories #SaulusWordPaulus #Verandering #BybelStoriesVirKinders #Storiebeer #AfrikaanseYouTubeKanaal #AfrikaansePodcast #KleuterStories #GesinsTyd #GeloofEnGenade #JesusSeLiefde #AfrikaanseKinderstories
Die muise verhuis - ñ Storiemuis Storie
2026/05/29
Die Muise Verhuis | Rustige Afrikaanse Luisterstorie vir KindersIs dit tyd vir 'n skermvrye breek of 'n rustige slaaptydstorie? Sluit aan by die muisefamilie in die storie "Die Muise verhuis". Wanneer hul ou blyplek té nat word, pak hulle al hul goedjies op 'n groot varingblaar en vertrek op 'n opwindende verhuising na 'n droë nuwe tuiste onder die wortels van 'n denneboom! 'n Wonderlike, kalmerende storie vol ryk Afrikaanse woordeskat wat ideaal is om besige gedagtes rustig te kry.Teken in vir meer stories:As jy as ouer hou van kwaliteit Afrikaanse stories vir jou gesin, teken asseblief aan (Subscribe) op ons kanaal en druk die klokkie-ikoon vir gereelde nuwe stories!#Storiebeer #Kinderstories #Slaaptydstories #Afrikaans #DieMuiseVerhuis #AfrikaansVirKinders #Ouerskap #MammaBlog #Oudioboek #KleuterPret #RustigeStories #Skermvry #LuisterStorie
Otto se winderige dag - Otto se Storieboek
2026/05/27
Otto se Winderige Dag | 'n Pragtige Afrikaanse Kinderstorie oor Vriendskap en Hulpvaardigheid Is dit tyd vir 'n rustige breek of 'n lekker slaaptydstorie? Sluit aan by ons oulike maatjie in die oudioverhaal "Otto se winderige dag". Hierdie is 'n hartroerende en speelse vertelling in suiwer Afrikaanse wat die verbeelding van kleuters en laerskoolkinders sal aangryp! In hierdie episode ontdek ons wat gebeur wanneer die wind 'n bietjie té hard waai. Otto verlang om met sy vlieër te gaan speel, maar die wind het ander planne en waai sy vlieër hoog op tot vas in 'n boom! Gelukkig is hy nie alleen nie. Deur 'n onverwagse en snaakse sameloop van omstandighede ontmoet hy vir Meneer Kangaroe, wat gereed staan om te help. Bly deel van ons storie-familie:Ons streef daarna om topgehalte Afrikaanse oudio-inhoud te skep wat ouers ondersteun en kinders inspireer. Teken asseblief aan (Subscribe) op ons kanaal en druk die klokkie-ikoon sodat jy en jou kleingoed nooit 'n nuwe avontuur misloop nie! #Storiebeer #Otto #Afrikaans #Kinderstories #OttoSeWinderigeDag #AfrikaansVirKinders #SlaaptydStories #Ouerskap #MammaBlog #Oudioboek #KinderVermaak #KleuterPret #VlieërSpeel
Petrus en Johannes genees die verlamde man - Afrikaanse Bybelstories
2026/05/24
Is julle reg vir 'n groot, dapper avontuur uit die Bybel? Sluit aan by ons vir die vrolike en kragtige storie van "Die Man wat begin hop het soos 'n Springbok!". Hierdie storie bring die opwindende gebeure uit Handelinge lewendig vir klein oortjies en wys vir kinders dat God se krag en moed vandag nog vir elkeen van ons beskikbaar is. In hierdie episode ontmoet ons 'n oom wat sy hele lewe lank glad nie kon loop nie, totdat Jesus se beste maats, Petrus en Johannes, daar verby stap. Sonder enige goud of silwer, maar met die groot Naam van Jesus, gebeur die onmoontlike! As jy as ma of pa daarvan hou om jou kinders met positiewe, Afrikaanse Bybelstories groot te maak, teken asseblief aan (Subscribe) en druk die klokkie-ikoon. Jou ondersteuning help ons om voort te gaan om kosbare koninkryks-waardes in kinderharte te saai! #storiebeer #afrikaansebybelstorie #afrikaansekinderstories #bybelstories #bybelstoriesvirkinders

Podcast reviews

Read Storiebeer Stories podcast reviews


5 out of 5
2 reviews

Podcast sponsorship advertising

Start advertising on Storiebeer Stories relevant audience podcasts


What do you want to promote?