
Advertise on podcast: Wat Gaan Aan?
This podcast has
12 episodes
Language
EnglishPublisher
The CasteryExplicit
Yes
Date created
2021/08/24
Latest episode
2021/07/25
Average duration
58 min.
Release period
0 days
Description
Het jy al ooit jouself afgevra: Wat gaan aan? Dalk het jy dit net in jou kop geverbaliseer. Of saggies vir jouself in die stort gefluister. Of dalk hardop van ’n baie hoë krans geskree? Of dit net bloot aan jou twee katte gestel terwyl hulle diep in jou oë kyk. Die wêreld is mal en ek love dit. Meestal... Everything is a choice, en mense maak besluite om betekenis en waarde aan hulle lewe te heg. Partykeer maak dit sin. Partykeer nie. Wie gee om? Right? Join my, Wilhelm van der Walt, waar ek met die einstes praat wat probeer sin gee aan die lewe. Theme music: Charl-Johan Lingenfelder Poster design: Hanco Kamper
Unlock Wat Gaan Aan? podcast Email contact info,
Listeners & Audience details
Email contact information
Direct podcast contact details

Listeners
Audience numbers & engagement insights

Audience details
Podcast Insights

Social media
Check Wat Gaan Aan? social media presence
Podcast episodes
Check latest episodes from Wat Gaan Aan? podcast
#1 Die Spookjagters
2021/07/25
Die Paranormal het my nog altyd 'n bietjie uitgefreak. Ek was van kleins af maar soos meeste kinders, moer bang vir die donker. Ek gaan jok as ek sê ek was nie bang toe ek met die Cape Town Paranormal Investigators gepraat het nie. Die vrae wat ek altyd as kind gehad het kon uiteindelik beantwoord word. Luister saam. Besluit self.
#2 Die Satanis
2021/08/01
In hierdie episode praat ek met Tristán Kapp. Multi-taalkundige, geregistreerde welstandsberader, kritiese akademikus, straat-epistemoloog en satanis. Met ‘n CV soos daai, hoe kan jy nie luister nie? Hy het ‘n sagte plek, en is ‘n kampvegter vir mense wat “anders” is. Ons praat oor verskeie dinge, maar ons almal weet wat jy rêrig wil hoor, né.
#3 Die Sekswerker
2021/08/06
In hierdie episode praat ek met Lisa (skuilnaam). Lisa is 'n sekswerker van die Kaap. Sy was baie gewillig om te praat en haar storie te vertel. Sy’t wel gevra dat ons haar stem vermom. Heeltemal te verstane. Veral na jy die episode geluister het. Ons praat oor haar lewe, die seksbedryf, vreemde kliënte en vele meer.
#4 Die Mormoon
2021/08/16
Ek het heerlik gesels met Oom Paul Kruger. Hy is die Ringpresident van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste dae. Ook bekend as die Mormoonse Kerk. Ek het baie vrae gehad oor die spesifieke gemeenskap en die geskiedenis daarvan. Hoe jy 'n sendeling word en natuurlik: The Book of Mormon. Daar word ook gepraat oor die miskonsepsies van die kerk en hoe dit hanteer word deur hulle. As jy meer wil weet oor hierdie geloof is jy by die regte plek.
#5 Magic Mushrooms
2021/08/22
Ek het vir Anton van Rensburg by ’n “Magic Mushroom”-seremonie in 2018 ontmoet waar hy die fasiliteerder was, en daarna weer by die “Sacred Mushroom”-tent by AfrikaBurn in 2019. Daar het hy daaglikse gesprekke gelei oor die waarde en positiewe effek van hierdie magiese plant wat onder meer gebruik word as medisyne vir die aansienlike en volhoubare verbetering in angs, depressie en PTSD. Baie mense rapporteer ook dat dit hulle geestelike welstand en lewensgehalte verhoog. Dis ’n mondvol, I know...Maar kom luister saam waar ons gesels oor ’n vrou met die naam Monica Cromhout; die seremonies self; die rol van ’n “watcher”; set en setting; en die belangrikste – die moets en moenies.
Volksvreemd? You betcha!
#6 Die Flat Earther
2021/08/29
Sami Liversage glo die aarde is plat.
Of kom ek sê Sami WEET die aarde is plat. Dit is 'n knowing volgens hom...
Luister saam waar ek Sami se brein pick oor sy bevindinge. Daar is heelwat...
#7 Die Feminis
2021/09/05
Azille Coetzee is ’n postdoktorale navorser in gender en dekolonisasie aan Universiteit Stellenbosch by die Sentrum vir Historiese Trauma en Transformasie. Sy het ’n PhD in filosofie van die Vrije Universiteit van Amsterdam en Universiteit Stellenbosch. Sy is die skrywer van In my vel (Tafelberg), ’n memoir oor witheid en Afrikaans-wees. Haar navorsing is in verskeie internasionale feministiese joernale gepubliseer en sy skryf soms vir plaaslike Afrikaanse publikasies soos Vrye Weekblad, Litnet en Rapport.
#8 Die Bordeeleienaar
2021/09/12
Ek praat in hierdie episode met Michael ( Skuilnaam). Michael is 'n bestuurder. 'n Bestuurder van vroue. Sekswerkers. Michael vertel van die uitdagings in die seksbedryf, om vir die vrouens in hierdie industrie 'n veilige hawe te bied. Die netwerk van mense wat saam met hom werk en sy sekuriteit, vorm almal deel van hierdie wêreld waarin hy homself bevind. 'n Wêreld waarvan hy maar eers onlangs deel is. Ons praat ook oor sy lewe voor dit. Die bordeeleienaar industrie klink besig. Baie besig..
#9 Die Paramedic
2021/09/20
Debbie Mathys werk nou al die afgelope 13 jaar by Metro EMS. Sy het in 2008 begin as 'n basiese ambulans assistent en assistent vir intermediêre lewensondersteuning. Daarna kwalifiseer sy die Nasionale diploma, Advanced life support Paramedic in 2020.
Sy spesialiseer as 'n gevorderde paramedikus, hoofsaaklik in ICU, naamlik pasiënte wat uit een ICU -hospitaal vervoer word na 'n ander ICU -hospitaal op 'n ventilator, vitale monitor en die toerusting wat gebruik word om medisyne aan die pasiënt toe te dien.Haar ander oproepe is veelvuldige ongevalle op 'n ongelukstoneel.Pasiënte wat vasgekeer was in motorongelukke of ander ongelukke op 'n werksplek of konstruksieplek, of net kritieke pasiënte oor die algemeen. Ek hoop jy geniet dit net so baie soos ek!
#10 Die UFO Chaser
2021/09/26
Tydens 'n baie donker en moeilike tyd in sy lewe, het Dirk van Tonder afgekom op materiaal en inligting oor ET's ( Extra Terrestrial beings) en VVV's ( Vreemde Vlieënde Voorwerpe). Vir 5 jaar lank het hy dieper en dieper begin ondersoek instel oor hierdie vreemde verskynsels wat, volgens hom, orals is en vir almal sigbaar is. In 2019 het hy sy eerste 'Orb' ( 'n figuur in die lug)gewaar en die res is geskiedenis. Hierdie episode is out of this world!
#11 Addiction
2021/10/04
In hierdie episode praat ek met Freddie van Rensburg. Hy's 'n addiction/verslawingsberader, geregistreer by die Raad van Verslawingskonsultante en die Vereniging vir Ondersteunende Beraders en Holistiese Praktyke.
Hy het 'n Honneurs in Sosiologie, wat spesialiseer in Gesinsosiologie, Groepsdinamika en Bedryfsosiologie. Hy het daarna sy beradingskwalifikasie deur UNISA gedoen. Sy fokus is op verslawing en verslawende gedrag in al sy vorme en manifestasies (van alkohol en dwelms tot kos, seks, liefde en enige vorme wat verslawing kan aanneem) Hy het ook 'n spesiale liefde en band vir die 12-step Program.
Sy Podcast getiteld: Meet me in the Field is op alle podcast platforms beskikbaar en hy is ook die skrywer van die boek Life Anon: A 12 step guide to life for non-addicts.
...hier begin dit nou.
2021/08/05
Het jy al ooit jouself afgevra: Wat gaan aan?
Dalk het jy dit net in jou kop geverbaliseer. Of saggies vir jouself in die stort gefluister. Of dalk hardop van ’n baie hoë krans geskree? Of dit net bloot aan jou twee katte gestel terwyl hulle diep in jou oë kyk.
Die wêreld is mal en ek love dit. Meestal...
Everything is a choice, en mense maak besluite om betekenis en waarde aan hulle lewe te heg. Partykeer maak dit sin. Partykeer nie. Wie gee om? Right?
Join my, Wilhelm van der Walt, waar ek met die einstes praat wat probeer sin gee aan die lewe.
Theme music: Charl-Johan Lingenfelder
Poster design: Hanco Kamper
Podcast reviews
Read Wat Gaan Aan? podcast reviews
Podcast sponsorship advertising
Start advertising on Wat Gaan Aan? relevant audience podcasts
You may also like to advertise on these Podcasts

524407
Brandfetti
Anita Siek

4.871246
The Adventure Podcast
Coldhouse Collective

4.9105125
Woman On The Rise®
Christie Ressel: Image & Identity Coach for Ambitious, Rising Women

4.8206403
Fantasy Flex
iHeartPodcasts

4.6427442
KunstlerCast - Conversations: Converging Catastrophes of the 21st Century
James Howard Kunstler

4.4203334
Hypnotize Me
Dr. Liz Bonet

59218
Mum's The Word! With Georgia Jones & Kelsey Parker
Create

4.19381
Wichita State Sports
Audacy

4.69742
Don Sowa's MoneyTalk
Cumulus Providence

4.9135277
The Incomparable Game Show
The Incomparable


